Daar is baie lande in die wereld, met verskillende mate van bekoring, maar daar is net twee lande wat jou rillings langs jou ruggraat afgee, as jy hulle name hoor.
Die eerste is Rusland: Gevaarlik! Geheim!Sneeu Rooi plein! Siberië. count pushkin vodka!
Die ander is ‘n groot kontinent en ek kan nie dink dat enigeen die woord kan sê en nie aangeraak word deur die grootsheid, die misterie, die betowering, die ontsag daarvan nie: AFRIKA!
Afrika! ‘n Magiese woord. Groots, ru, ongerep, soos geen ander vasteland in die wêreld nie. En ons woon in hom! Ek is ‘n kind van Afrika. En ek is mal daaroor.
Ek was bevoorreg om ‘n pa te hê wat ‘n natuurkind was en my geleer het om vreemde goed te eet, nie te veel om te gee wat mense van my dink nie en die avontuur van die natuur te omhels. Tog, het ek volgens my heeltemal te mak grootgeword.
Nou het ek ‘n dogtertjie raakgeloop. Eers het ek ‘n boek met foto’s van haar gesien. Ek het dit nie heeltemal geglo nie en gedink daar word oordryf, maar nou het ek haar gegoogle en sjoe! As daar nou ‘n kind van Afrika is, is dit sy, al is sy eintlik Frans.
Of ek my kinders die vryheid sou gee om so groot te word, weet ek nie, wat ek wel weet, is dat ek BAIE graag so sou wou grootword soos sy!
Haar naam is Tippie, en sy is nou ‘n tiener, maar sy het met die Afrika olifante rondgeloop toe sy nog doek gedra het – o ja en sommer die luiperds en jagluiperds ook. Hier is ‘n video, geneem toe sy seker so tussen 3 en 7 jaar oud was.
Miskien is daar van julle wat dit sal geniet. Ek dink nogal Slakkelak is ook so ‘n natuurkind. En dan dink ek, ons die kinders van Afrika, ons heeltemal te beskaafd! Ek wens ons kon almal so grootword!
Geniet dit. ( dis Frans, maar ‘n mens hoef nie teverstaan wat hulle sê nie).
Ek sien myself as ‘n kind uit die natuur, ja Seegogga en is bly as iemand dit raaksien. Net vandag het ek lekker gelag.. My dogter het 3 universiteitsmaats huistoe gebring die naweek en een skud toe ‘n droeë marakka wat op die kas lê en maak ‘n opmerking dat dit klink soos musiekinstrument. Ja së ek, toe die kinders klein was en iets moes skooltoe vat vir musiek, het ek altyd groot peule en sade gestuur. ‘En die ander het altyd gedink on is weird’ sé my dogter. Ek het maar hulle net probeer leer dat mense uniek is en nie agter die trop hoef aan te loop nie!
Jy hjet goed geleer! hierdie film vat ‘n rukkie om af te laai, maar jy sal dit geniet om te sien hoe hierdie dogtertjie die luiperds, olifante kameelperde bobbejane ens as haar vriende beskou. My hart sou gaan staan het as my kinders gedoen het wat sy doen, en tog……
Ek het al voorheen van haar in tydskrifte gelees. Ek kan nader as enige ander van my gesin aan die kameelperde kom.
dis omdat jy die aanvoeling het.
so tydjie terug vra my baas vir my hoe kom ek aan my skuilnaam en epos naam kindvanafrika, ek was dan nog omtrent nerens in Afrika nie, wel ek het so rukkie daaroor gedink toe sê ek vir hom jy hoef nie iewers heen te gaan om te weet waar jy vandaan kom nie, dit is in jou dit is deel van jou en dit is wie jy is…….
ek is trots om te kan sê ek is ‘n kind van hierdie harde soms wrede kontinetn, ek is waarlik ‘n kind van afrika, nie oor my velkleur of my regte nie, maar oor my hart antwoord op elke roepstem daar buite, ek is in voelling met my medemens en ek is en sal en WIL altyd deel wees van AFRIKA, dit is ‘n voorreg………………………… ek is skuitbang mens maar ek kan draf en stap en dartel saam met daardie mensie in my gees!!
Hallo Kindjie, welkom. Ek het so lanklaas van jou gehoor! Ja, ek stem saam met jou, Dalk sou ek as klein kind ook nie die moed gehad het nie, ek weet ek het dit nie nou nie, maar ek voel net so deel van Afrika as jy. Aan die ander kant, kinders glo en vertrou en het selfvertroue…..Maar ai, om so op die olifante te ry em met hulle te speel. Ek dit darem geniet het! Ek is mal oor olifante.
hi seegogga, ek is ‘n follower van jou hoor……. want as ek by jou following wil clikc dan sê dit unfollow, en dit wil ek mosi doeni
oe ek gaan volgende donderdag na mannas toe, daar in Kimberley, en ek bid die uurtjies en daggies om
Afrika kruip DIEP in ‘n mens se hart in….
Ja. en daardie Tippie kind het my sommer jaloers oor haar wonderlike ervarings.
dis waar, Toortsie, dis waar! Dier woord AFRIKA, vul my altyd met ontsag en verwondering En trots!