Iets opwindends nr 1: joolblad eskapades

Ek dag ek is klaar vir die jaar, maar Maankind en Xena het my aan die dink gesit.

As ek so na my pa se interessante stories gesit en luister het, het ek altyd gedink dat my lewe maar vervelig is en dat ek niks stories gaan hê om eendag vir my eie kinders te vertel nie. Tog, met die jare, en agv die vinnig ontwikkelende tegnologie, is daar tog ‘n paar stories. Gaan lees maar my krater stories ,veral die treinstorie.

Vandag vertel ek  van my prille jeug toe ek as student ook saam met die polisie gery het  nes Xena daar in Pretoria se strate. Ons was eerstejaars en is elkeen uitgedeel met 50 joolblaaie wat ons moes verkoop, of so-nie self aankoop.

Die seniors het lekker met ‘n bustoer na ‘n ander dorp gegaan, maar die inks moes Pretoria patroleer. Onthou tog dat daar in daardie dae streng inkomtye en uitgaantye in die koshuis was. Die seniors sou al 4vm vertrek, en die inks 8vm. Dit was te laat vir ons. Ons was baie bang ons kry nie ons joolblaaie verkoop nie!

Ek en my 5 maats besluit toe om ook 4 vm uit te glip. Dit het geïmpliseer dat ons die oggend met joolhempies aan en al toe maak of ons seniors is, en met volle vertroue  so vinnig moontlik by Klaradyn se deur uitstap en die  “HAAI, WAARHEEN DINK JULLE GAAN JULLE!’ ignoreer asof niemand met ons gepraat het nie.

Gou is ons weg in die skadu’s en op pad bushalte toe by die Hatfield Galleries.

Ag, nee! Dis piknagdonker! En daar is geen busse daardie tyd van die oggend nie! Dan maar stap. Ons stap in die verlate strate, geen motor in sig nie, en besef dat ons dalk so effe oorywerig was.

Na ‘n rukkie kom daar ‘n mini-stasiewaentjie van die stad se kant af aangery.  Dit is ‘n paar polisiemanne wat die strate patroleer. Ons spring in die straat rond en waai met die arms en dwing hulle as’t ware om te stop.

Met ons mooiste en oortuigendste charm ooreed ons toe die polisie om terug te draai stad toe, met ons agter in die klein stasiewa gedeelte ingebondel.  Hulle het ons afgelaai net daar waar ons wou wees, maar daar by die robot het ons toe gesit tot so 5vm voormiddag. Om ons was ‘n paar winkels en groot woonstelblokke, alles in donkerte gehul.

Ons was  al mooi sat gewag en yskoud en toe die eerste woonstelliggie aangaan, kry ons die idee om die mense in die woonstelblokke op te klop om ons joolblaaie te verkoop.

Stel jou voor iemand kom hamer om 5vm die oggend aan jou deur. Jy strompel vaak- vaak deur toe, maak oop, en daar word ‘n joolblad onder jou neus gedruk. “Wil u nie asseblief ‘n joolblad koop nie? Dit gaan vir ‘n baie goeie doel!”

Wel, ons het dit gedoen en hier en daar het dit selfs gewerk.

Die oggendskemer het begin en die stad het ook begin om stadig wakker te word en geleidelik het daar hier en daar ‘n motor by die robot gestop. Hulle kon nie wegry sonder ‘n joolblad nie, want ons het die motors behoorlik bespring.

Voor 8vm daardie oggend was ons laaste joolblad verkoop en kon ons lekker ontspan en lag vir die ander eerstejaars wat by die robotte staan en swoeg het met pakke en pakke joolblaaie.

Nou wil ek ook somme ‘n gedagte vir die dag gee: “THE EARLY BIRD CATCHES THE WORM!”

O Ja! En dan was daar die dag toe ons die bottel wyn gesteel het.….. maar dis iets opwindens nr 2. Hou die blog dop!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

6 Responses to Iets opwindends nr 1: joolblad eskapades

  1. MaanKind sê:

    Hierdie kon ‘n storie oor spreekwoorde ook gewees het!

  2. Olga sê:

    😆 Gelukkig het julle nie aan my deur kom klop nie, ek is nie ‘n oggend mens nie.

  3. Toortsie sê:

    Ek is ook nie ‘n oggendmens nie, en sou seker die boek gekoop het omdat ek te deurmekaar was om te dink!
    Nou wonder ek…. is DIT waar jou salesmantricks vandaan kom???

  4. Oe!!!

    Jy moenie praat van joolblaaie nie!! Ek het n streepsak vol stories daaroor.

  5. seegogga sê:

    glo dit of nie, ek is oook nie ‘n oggendmens nie – behalwe soms. Ons soek daardie streepsak vol stories, Xena!

  6. Kameel sê:

    Kom nou eers weer by stories (blogs) uit….. hier geld agteros kom ook in die kraal. Eerste keer dat ek vanaf die ywerige joolblad-verkoopstertjies se kant na dit kyk. Altyd gelyk asof hulle dit ten volle geniet om so om die karre saam te drom, en met hulle vriendelike glimlaggies die omies om hulle vingers te draai. 😆

Laat 'n boodskap na seegogga Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s