Hier op die onderste punt van Afrika is lig! Vir ons wat hier woon, ‘n wonderlike gerusstelling om saans sy lig so te sien flits oor die see. Kyk gerus hoe mooi Toortsie oor hom skryf.
Behalwe dat sy liggie deel van my kinderjare vakansie was , en dus deel van my lewe, stel die liggie ons ook gerus, omdat hy so amper-amper vir goed verdwyn het! Maar dis ‘n hele storie op sy eie. Dalk wil Toortsie self hierdie seestorie vertel?
Ek wil egter hier ‘n paar brag-fototjies opsit- miskien geen fotografiese suksesse nie, maar wel ‘n sukses mbt “timing”! Om die liggie af te neem net as hy flits, is nogal fyn timing nodig- tel die sekondes af en nes jy DINK hy gaan nou flits, druk jy gou jou kamera VOOR hy flits en MOG HET TROFFE, as jy gelukkig is, kliek die kamera net op die regte oomblik.
Ja, dis hy hierdie, die Kaap Agulhas Vuurtoring. Toortsie kon nie ‘n beter liggie gekies het nie.



Og! Awesome!! Ai, ek wens… 🙄 …is wens en begeer dieselle?? en wanneer issit sonde? 😉
LikeLike
Goeiemore BB! Ag, wens is so lekker, ek glo nie dit kan sonde wees nie!
LikeLike
og og dis SO mooi!!! Ek is SOOOOOO jaloers!!! Sal jy maar die storie vertel asb? Ek is nie altyd so op datum met die presiese feite nie. en jy vertel dit SO mooi!! Dankie!!!
LikeLike
Wil net bevestig: BEEEEEAAAAAUUUUUUTTTTTIIIIIIFUL!!!!! 🙂
LikeLike
Jy is welkom om een te gebruik as jy wil, Toortsie!
LikeLike
jy maak my skaam….
LikeLike
Jy mag maar brag! Die foto’s is awesome!
LikeLike
Dankie sonlig!
LikeLike
Terug pieng: voor in die wapad brand ‘n lig | Seegogga se Bloggie
Gaan jy baie omgee as ek een van jou “liggies” leen vir my gravatar?
LikeLike
WAAT????? Ek sal so ge-eerd( waaars al daardie squiggletjies wat deeltekens gee?) voel!!!
LikeLike
Regtig??? baaaie dankie! Ek was nog altyd te skaam om te vra, maar noudat Xena so aanhou kerm, kan ek nie anders nie! Baie dankie, ek steel dit sommer NOU!
LikeLike
Wow! Hoe het jy dit reggekry? Eendag moet jy my vertel. Ek voel baie trots dat iemand dink dis die moeite werd om om een van my foto’s te gaps!
LikeLike
Terug pieng: die Toorts se liggie « Toortsie en Kameel