en ja, die liefdestaal

 WEEKLAAG

Was ek maar ‘n Breyten ( hoe sweet die arme ysterkoei  nie)

of Eugene Marais (were you but here, were you but here)

of Antjie Krog ( en het jy my toegelaat om met my skurwe hakskene op jou knie te sit, in jou hart te kruip)

dan kon ek met slim, mooi woorde jou alles vertel.

Maar nou is ek ek

met die knop in my keel

met my stomme oe

en goedkoop sentiment

en my dom, dom woorde:

Ek het jou lief, ek het jou lief , ek het jou lief, ek het jou lief, ek het jou lief, ek…

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in die tale wat ons praat, gedigte en rympies (seestrome van verlange). Bookmark the permalink.

4 Responses to en ja, die liefdestaal

  1. seegogga's avatar seegogga sê:

    Baie dankie, Leon.

    Like

  2. Olga's avatar Olga sê:

    Inderdaad pragtig.

    Like

  3. seegogga's avatar seegogga sê:

    Baie dankie Olga, julle is goed vir die moraal.

    Like

Lewer kommentaar op seegogga Kanselleer antwoord