Brooklyn bubblegum

Jare gelede is hierdie advertensie op Bredasdorp geskiet.

My man het op die sypaadjie gestap met 2 dogtertjies: my jongste, die een met die blou rokkie, was toe in Gr2. Die ander enetjie is haar maatjie. Later hardloop hulle vreesbevange weg vir die lorrie.

Op die balkonnetjie van n groen huisie, het my middeldogtertjie gestaan. Sy was toe in graad 4.

Die verwer met die wit klere was ons buurman. Die hoofakteur is ingevoer uit Engeland en my kinders was mal oor hom. Die “stuntman” is ook van elders ingevoer.

Vir ‘n week lank was ons dorpie opgemaak, vol opgewondenheid en ons almal betrokke by die advertensie het 3 heerlike etes ‘n dag gekry, die  akteurs het skool en werk gemis, ‘n  geldjie ontvang en almal het bokse vol bubblegum gekry.

Lekker!

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels, Ma se seksboek and tagged , . Bookmark the permalink.

1 Response to Brooklyn bubblegum

Lewer kommentaar op Tannie Frannie Kanselleer antwoord