Mymeringe op Paas Vrydag.

Dis Paasnaweek. Seegogga en mnr Krap is vandag 44 jaar lank getroud! Dis sowaar ‘n wonderwerk. En ‘n seën . En genade.

Maar nou sit sy en mnr Krap alleen en baie rustig in hulle seehuis. Dis stil. Net die geruis van die see is hoorbaar.Die kinders en kleinkinders is see toe, dis ‘n lieflike dag. En die oumense rus.

Seegogga lees rond op haar selfoon en sien weer haar hoofstuk waar die Goue Vroue in die kerkhof rondsit daar in 1652. Sy grinnik. Sy het dit sooo geniet om dit weer te lees.

Onder die hoofstuk gee wordpress nog opsies vir lees: That’s Amore Europa hier kom ons.  Knope en moord in die Overberg, Mars hier  kom ons.”. ens. Watter wonderlike avonture het sy nie beleef nie! Sy voel baie dankbaar. Die Goue Vroue se manewales het vir ‘n rykdom van wedervaringe gesorg, meer as waarvan sy ooit kon droom. Sommer netso, sonder dat sy ooit gednk het sy sou ooit met Maria van Riebeeck kon skouers skuur of buitenste ruimte toe gaan of onder die watermassa in die diepsee vaar of met ‘n vlieënde tent om die aarde vlieg of…. Wat het sy nie alles al gedoen nie? En sonder om ‘n sent uit te gee! 

Dis ‘n leeftyd se avonture, groter as wat sy ooit verwag het. “When I am old and am sitting in die sun on the stoep of the old age home, I want to have memories,” het ‘n vriend en avonturier eendag, lank gelede vir haar gesê. Seegogga het altyd gehoop dat sy genoeg sal kan reis vir baie memories. Nooit het sy gedink dat sy so baie memories sal maak, sommer hier voor haar periwinkle boksie  nie. Maar sy en die Goue Vroue het! En dis wonderlik!

Seegogga sug tevrede. Sy hoop haar Goue Vroue vriende het ‘n wonderlike Paastyd, vol Goddelike vrede en mooi gedagtes. Soos haar Una vriendin altyd sê: “It is well with my soul!”

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

8 Responses to Mymeringe op Paas Vrydag.

  1. woordnoot's avatar woordnoot sê:

    Ai Seegogga, dit was groot tye! Baie geluk met die herdenking. Dis ook n grote!! Jou skets is baie mooi. My oog val op my Blommertjie skets wat jy n paar jaar gelede vir die Goues gestuur het saam met die Goue Vroue beffies. Dit was ook n grote!!😍😍😍

    Like

  2. Una se gedagtes's avatar Una se gedagtes sê:

    Man, ek hou so van jou skets, Seegogga. Baie geluk met jul huweliksherdenking, 44 jaar is groot! En ja, ons groep vrouens het wonderlike tye en plekke saam beleef.🤗

    Like

  3. Veels geluk, Seegogga en mnr. Krap, dit wil gedoen word!

    Like

  4. Nikita's avatar Nikita sê:

    Baie geluk! Dis sowaar iets om op trots te wees. Jou skets is mooi en ek kry die idee dat jy baie kunstig is!

    Like

Lewer kommentaar