Jarre en jarre gelede, so 1972, het ek en ‘n vriendin op ‘n toer oorsee gegaan. en toe ons in Frankryk land, het die lugredery my tas verloor. Ek het ‘n maand lank net die klere aan my lyf gehad. Die enigste onderkleertjies moes ek saans uitwas en oor die central heating gooi om droog te word. Dus moes ek saans, soos Eva in die paradys slaap: poedelkaal!
Vannaand is ek onverwags vasgekeer op Struisbaai deur ‘n groot veldbrand. Die pad Bredasdorp toe is gesluit. en dis dus weer sulke tyd- ek moet weer so slaap – poedel!

Gelukkig het jy destyds goeie oefening gekry 😘
LikeLike
Oe nee!!!
LikeLike
Haha, die lewensreis van ons is onverstaanbaar maar nooit vervelig
LikeLike
Heerlik! Vryheid!👏😉
LikeLiked by 1 person
Enigste manier om te slaap😉
LikeLike
Dink na die tyd het jy daai klere weg gegooi
LikeLike
ek het erens n foto van darie klere want hulle vertel n storie, kompleet met Madrid badge wat oor die gat in my broekspyp gewerk was.
LikeLike