Poedel

Jarre en jarre gelede, so 1972, het ek en ‘n vriendin op ‘n toer oorsee gegaan. en toe ons in Frankryk land, het die lugredery my tas verloor. Ek het  ‘n maand lank net die klere aan my lyf gehad. Die enigste onderkleertjies moes ek saans uitwas en oor die central heating gooi om droog te word. Dus moes ek saans, soos Eva in die paradys slaap: poedelkaal!

Vannaand is ek onverwags vasgekeer op Struisbaai deur ‘n groot veldbrand. Die pad Bredasdorp toe is gesluit. en dis dus weer sulke tyd- ek moet weer so slaap – poedel!

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in kraters en ander skandes (humor), Los opdrifsels and tagged , . Bookmark the permalink.

7 Responses to Poedel

  1. Gelukkig het jy destyds goeie oefening gekry 😘

    Like

  2. woordnoot's avatar woordnoot sê:

    Oe nee!!!

    Like

  3. Haha, die lewensreis van ons is onverstaanbaar maar nooit vervelig

    Like

  4. Una se gedagtes's avatar Una se gedagtes sê:

    Heerlik! Vryheid!👏😉

    Liked by 1 person

  5. VirgoC's avatar VirgoC sê:

    Enigste manier om te slaap😉

    Like

  6. Dink na die tyd het jy daai klere weg gegooi

    Like

Lewer kommentaar op VirgoC Kanselleer antwoord