(Hierdie is die eerste deel van ‘n Nuwe avontuur vir die Goue Vroue. Daar is n moord gepleeg. Daar is n pragtige meisie. Daar is…. Om hierdie vervolgverhaal te volg, klik hier.
https://fresh.inlinkz.com/p/54c7705c5c9f46fa95a041857eac2e89
Seegogga klim met moeite in haar hangmat. Sy weet sy moet die Goue Vroue om verskoning vra. Hulle sit oorgehaal vir haar en wag. Wag vir ‘n Nuwe Avontuur. Nuwe Lewe, Nuwe Storie. En dis sy wat dit voorgestel het, maar hier lê sy nou leë hande, leë kop, leë blog.

“Nou wat is dan die probleem, Seegogga,” vra Una simpatiek. “Die meisie was hier in my gastehuis in Mosambiek– alléén! En ons weet nie wat gebeur het nie! Want hulle het vir twéé bespreek!”
“Knope”, sê Seegogga en sug.
‘Knope?” Frannie frons.
“Duisende en duisende knope!” sug Seegogga.
Die Goue Vroue kyk bekommerd na Seegogga.
“Is sy besig om haar varkies te verloor?” vra Woordnoot saggies vir Toortsie.
Toorts, Trommeltjies en Aalsie begin lag. “ek het hulle gesien,” sê Trommels. “Duisende!”
“Nee, sy was maar altyd so ‘n bietjie…, maar hierdie keer is dit die VLV wat haar op kommandeer het!” lag Toortsie
‘Ek moet ‘n prent met knope maak!” blaker Seegogga dit uit. “Het julle al so-iets laf gehoor? En dis nie al nie. Ek moet die ander Vlv mense leer om dit te doen, en ek het dit self nog nooit gedoen nie. EN DIS NIE AL NIE! Ek moet op die inligtingsdag vir die hele Overberg knoopbehebtes gaan staan en inligting gee en tegnieke en moets en moenies oor knope kuns – oor iets wat ek self nog nooit gedoen het nie. En om knope te kan plak moet jy knope hê – duisende en duisende…en
“ Hulle moet uitgesorteer word volgens kleur, “ las Trommels.
“Want ons weet Seegogga kan dit doen” sê Aalsie vrolik en sonder enige skuldgevoel. Sy is mos op die VLV bestuur en hulle het so onder mekaar besluit om Seegogga in die werk te steek.
“Nou weet julle” sug Seegogga. “ Maar wag, iets anders: het Frannie nie Amerikaanse Burger geword nie?”
Die towerinne lag en gesels en wens vir Frannie geluk. Nou woon twee Goue Vroue in Amerika, een in die Ooste, een in Nieu Zeeland, een in Mosambiek en die ander in Suid Afrika. Frannie haal haar vrugtekoek uit. Una skink vir elkeen ’n wyntjie.
“Gelukkige nuwe jaar! “ Toortsie lig haar glasie.
“Lank lewe die Goue Vroue!”
Seegogga se selfoon se liggie flikker. Sy kyk na die skermpie en frons. “Julle, ons het ‘n probleem. Daar is ‘n lyk ontdek! In ‘n gastehuis in die Overberg. En hy is vermoor. En sy verloofde het verdwyn”
“Ag nee”, sê Aalsie. ”Daar gebeur mos nie sulke goed in die Overberg nie!”
Una word bleek. “ Die meisie wat alleen na ons toe gekom het… sy was verloof. Dink julle….”
“Ek dink ons moet ondersoek instel. Ek sal solank ‘n inlinks skep. Seegogga, vind asseblief uit wat gebeur het. Una, vind bietjie meer uit oor die meisie.” Toortsie is dadelik saaklik.
Die Goue vroue vergeet om hulle wyn te drink. Elkeen is besig met haar eie gedagtes. Volgende week gaan almal saam met Seegogga, Toorts, Trommels, Aalsie en Appeltjie Overberg toe. Die moord moet opgelos word sodat die Overbergers weer kan onspan.
Seegogga dink aan haar knope. Sy sal dubbelspoed moet werk, want as die Goue vroue eers hier is….

Bwahaha … “knoopbeheptes” … Volgende week is ons almal moordbeheptes! Mooi so, Seegogga!
LikeLiked by 1 person
ha ha, Frannie! Ja! Ons sal hom moet oplos, darie moord. Iets sê my dis nie die verloofde nie. Of is dit?
LikeLike
Moordbeheptes! Ek hopie sonie! Ons moet dit oplos, nie moord pleeg nie, né.
LikeLiked by 1 person
Gits my kop bly dwaal by al jou mooi knope en nou moet ons ń moordsaak ontknoop. Mooi Seegogga, ons is uit die wegspring blokke
LikeLiked by 1 person
ontknoop! Slim kind, en het nooit eers so daaraan gedink nie, maar jy’s reg! Daars knope wat ontknoop moet word!
LikeLiked by 1 person
Of vaster knoop
LikeLiked by 1 person
Ek het by Trommeltjies gehoor van jou en die knope, Seegogga. Waar kry jy als? Bestel julle dit?
Oeee, ons nuwe storie is in wording!💃
LikeLiked by 1 person
hierdie 4000+ knope het ek by die dowes gekoop- en hulle is te min…
LikeLike
En weet julle wat staan hieronder aan elke blog van my? Customise buttons. Ek moes geweet het dit voorspel moeilikheid!
LikeLiked by 1 person
Bwahahaaa…
LikeLiked by 1 person
Wag, wag, wag … Toortsie het niks met daai knope besluit te doen nie! 🥱
LikeLiked by 1 person
ag askies Toorts! So jy pleit onskuldig? Jy is darem nog altyd in my absolute gunsteling boekies!
LikeLiked by 1 person
Onskuldig, maar jy is vergewe van blokkie een af. 😀 Hoe moes jy ook weet, né?
LikeLiked by 1 person
Maar ek stem saam: jy sal dit uitstekend doen. Ek sal help soek vir knope. Jy sê jy kort groen en blou?
LikeLiked by 1 person
Ek wonder so by myselwers … het die dooie een nie per ongeluk ‘n knoop ingesluk nie???
Maar ek stem saam met die VLV tannues: As daar een is wat dit kan doen, is dit Seegogga! 😀❤️❤️❤️❤️🎈🎈🎈🎈🥂⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️💃
LikeLiked by 1 person
Well done Seegogga! Well done!
LikeLiked by 1 person
Nee Toorts, dit was Moord. En die polisie vra almal om tw help mer inligting en so-aan. En hulle verdink die verloofde…
LikeLiked by 1 person
Nou moet ‘n moord ontknoop word…..
LikeLiked by 2 people
Moord? En knope? Eish, hier kom alweer n ding!
LikeLiked by 4 people
Interessant, en jy kry dit reg sonder om te knoop.
LikeLiked by 3 people
ha ha, Christa! Siwaar! Toe ek hierdue geskryf het het ek nooit eers besef dat knope soveel knope kan maak nie!
LikeLiked by 1 person
Dit is interessant.
LikeLiked by 1 person
Hier gaan ons….knope en moord en al,🙈
LikeLiked by 1 person
netso! En lyk my ons is klaar buitekant die landsgrense ook
LikeLiked by 1 person
Haha, hier gaan ‘n paar knope bars as hul nie oppas nie. Baie mooi inleiding. Op ‘n ander vlak en knope betreffende: Ek het ‘n paar weke terug ‘n boek oor knope gewen. All buttons great and small. A compelling history of the button, from the stone age to today by Lucy Godoroja. Dis die interessantste boek oor knope.
LikeLiked by 1 person
dit klink baie interessant. Wwns jy was nader!
LikeLike
Ek wens ook dat ek in jul omgewing kon kom kuier en kennis maak.
LikeLiked by 1 person
Nou toe! Skraap die sente bymekaar. Jy kan verniet by ons in die Overberg kom bly En alles sal baie goedkoop vir jou wees in SA. Dan is daar ‘n hele paar Goue Vroue in Pretoria en Una in Mosambiek. Jy gaan heerlik kuier!
LikeLike