Pro’st
Daar’s baie te sê vir gedigte en wyn-
So na aan ons vreugde so digby ons pyn.
En om saam te drink en saam te lees
vergroot die genot, verminder die vrees.
Ja, daar’s baie te sê vir gedigte en wyn –
Hoe soet is ons vreugde en hoe diep is ons pyn.
( geskryf Junie 1979 na 6 mnde op Stellenbosch waar my nefies my die wynkultuur geleer het)


Mooi gedig! Ek het ook een oor wyn gepleeg. Ek plak dit hieronder: net vier reels. Nogal daarvoor ‘n kas wyn van Boschendal gekry. Die gedagte met die kompetisie was dat dit op die etiket van ‘n bottel gedruk sou word. Die naaste wat ek aan publikasie sou kom.
Wynkwatryn
die vlek van rooi
langes my glas
sal weer môre gebleik word
weer later gewas
Seespinnekop
LikeLiked by 1 person
Mooi Andre! Lyk my Struisbaai se seespinnekoppe en seegoggas het dalk meer te se as wat mens sou vermoed!
LikeLike
Ek hou hiervan
LikeLike
Dankie Toortsie,
LikeLike
Terug pieng: Resepteboek vir Banting Boerekos | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie
Pragtige woorde.
LikeLiked by 1 person
Dankie Nimf
LikeLiked by 1 person
Dan is dit nog ware woorde ook.
LikeLiked by 1 person
Terug pieng: Die dinge begin gebeur met die Banting Boerekosboek | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie
xx
LikeLike
Seegogga, kyk na storiewerf.co.za. Dis ‘n webblad so in jou kraal. Jy moet van jou kinderstories daar vertel.
LikeLiked by 1 person
Dankie Andre!
LikeLike