Dis laatnag. Die stormwind loei om die hoeke van die huis. Dis koud en ek sit so na as moontlik aan die kaggelvuurtjie met sy laaste stompie op. Dis winter soos dit net in die Kaap winter kan wees in Septembermaand.
Toe ontdek ek die goue see wat ek afgeneem het, April vanjaar. Soms as die wind woed, en die grys kombers die aarde toemaak, is dit goed om te sien hoe kosbaar ons seeskatte is.
Goue see foto’s is goud werd! Andre.
Dankie Andre.
Ag hoe mooi is die see tog!!
Amper het ons in die koue in die Kaap gesit. Ons het planne gemaak om by ons seun in Natal te gaan kuier, en daarna Kaap toe te gaan. Ek kry toe so ‘n eienaardige gevoel toe ons Kaapse planne begin maak. Ons besluit toe teen die Kaap, en gaan net Natal toe. Ek is baie dankbaar vir die waarskuwing….. wil nie nou daar wees nie.
Die Kaap ( wes-kaap) is nou op sy mooiste, maar jy weet nooit watter weer jy gaan kry nie. Somer , winter herfs en lente dikwels sommer op dieselfde dag. Gister was nog winter, vuur in die kaggel. Vandag heerlik warm lentedag. More?
My Kaapse seun het my gewaarsku dat dit nou, en veral in Oktober wind, wind, wind is. Nou beplan ons maar om DV Februariemaand te gaan.
Kameel, Februarie is ‘n goeie tyd! Onthou egter altyd wat my pa gese het: 4 Seasons in a day. ‘n Mens moet altyd voorsiening maak vir al 4 seisoene as jy see toe kom. Verder kan jy onthou wat my Ma altyd gese het: ‘n Mens moet vrede maak met die wind. As die wind hier waai, neem dit reen binneland toe. Sy het ook gese dat die beste tyd van die dag so van 6vm af tot half 10 is, want half 10 begin die wind waai. Ek hoop julle kom geniet die Kaap sommer baie!
Pragtige foto’s!
Baie dankie Katrina en baie welkom hier!