Dis Kersfees, dis Kersfees

Kersfees 2012 001Skielik het die jaar onder my uitgehardloop. dit was die laaste rush van rame, onverwagte kanselasie by die huisies en sommer net besig besig.

Omdat ek nie huurders vir  ou Rus ‘n Bietjie kon kry vir die afgelope week nie, het ons toe self ‘n bietjie see toe gegaan. Warm, warm HEERLIK! Ons het selfs een aand op die stoep geslaap, kompleet met dubbelbed en al. Salig.

Nou is ek vandag weer terug, en tussen die berge wasgoed deur, is dit skielik Kerfeestyd.

Dus, liewe vriende en almal wat het lees, mag hierdie Kersfeestyd vir julle besonder geseënd wees. Mag u vervul word met Goddelike liefde en ‘n Vrede wat alle verstand te bowe gaan. Mag Sy Lig deur u skyn sodat ander dit ook kan sien en vrede vind. Geseende Kersfees. En as julle tyd het, Gaan lees Rolbos se storie oor Stille Nag.

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Kersfees, Los opdrifsels and tagged , , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Dis Kersfees, dis Kersfees

  1. Terug pieng: Elke hond kry sy dag | Briewe Uit Die Vreemde

  2. Toortsie's avatar Toortsie sê:

    LLEN!!! Dis al weer amper kersfees en hier lees ek nou eers jou blog. Met al die vakansiegangers was die internet net heeltemal te stadig en dit was ‘n kopseer om enigsins iets te probeer lees.
    Ek is so nuuskierig. Het jy toe al vir LIG of Finesse of wie ook al gekontak oor jou prentjie? Dis ‘n PRAGTIGE een wat jy by hierdie post ook het. Ekskuus, ek ken nie die regte terme nie.

    Like

  3. Kameel's avatar Kameel sê:

    Ek is laat seegogga met al my wense, maar ‘n geseënde 2013 vir jou en jou geliefdes. Dan wonder ek sommer so oor ‘n sekere man met ‘n sekere baadjie? Ek wag…..

    Like

  4. seegogga's avatar seegogga sê:

    O Kameel, baie dankie die goeie wense. Baie seen ook vir jou en Toorts. Wag, asseblief, dat ek net eers in blogland komj.

    Like

Lewer kommentaar