Back to reality

Drie en ‘n halwe weke in Holland tussen die tulpe en die babatjies, ‘n week van voorbereidings en ‘n naweek van troue hou. Seegogga het alles baie geniet, maar ly nog so ‘n bietjie aan naskok.

Seegogga tik-tik op die swart perriwinkleskulpies, maar maak die een fout op die ander.

“Miskien moet ek sommer eers net gaan slaap”, dink sy terwyl sy lang gape gee. “More, net more, gaan ek verder tik” . Dis nie altyd so maklik om weer aan te gaan met die gewone lewe as jou kop nog  vol drome is nie.

Toe maak sy haar swart skulpies toe en gaan le heerlik in haar warmwaterpoeletjie voor sy onder haar seegraskombersie gaan inkruip.

 

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

4 Responses to Back to reality

  1. Welkom terug.

    😉 Ek hoop jy het al ‘n liedjie vir jou storie gekies.

    Like

  2. Toortsie's avatar Toortsie sê:

    Welkom! Ek is tog so nuuskierig of al die verrassings gewerk het!!

    Like

  3. seegogga's avatar seegogga sê:

    Dit HET! Sal nog foto’s opsit.

    Like

Lewer kommentaar op seegogga Kanselleer antwoord