KRATER 7: Ander kraters wat ek ken……

Ag, wat sal ek nou se? Lag ek vir die kraters wat ek teekom?? Ja natuurlik! Sien ek dus neer op hulle? Nee, glad nie! Maar die lewe is so ernstig en so ‘n kratertjie of twee kikker mos mens se dag op! En hulle kan mos maar vir my ook lag, wat,  ek gee glad nie om nie!

S0 het ek ‘n vriendin, destyds joolprinses, pragtig en fyn. Toe sy en my ander ‘Varsity vriende kom kuier, is Elize in die proses om ‘n inplantaat te kry. Sy moet tydelik een valstandjie dra, maar die ding pla, en soms word hy uitgehaal. Na ‘n heerlike kuiertjie in ‘n “coffeeshop” is Elise skielik ontsteld- haar tandjie is weg! Ons is terug koffiewinkel toe soek soek hoog en laag. Naderhand word die kelnerin bygesleep, en Elize verduidelik met erns:'” Het jy nie dalk so ‘n pienk ding gesien nie? So ‘n snaakse pienk ding met een tand in?”

Die kelner se gesig het boekdele gespreek, en ons ander het gerol van die lag tot by die motor, waar ons Elise se tand gekry het, netjies op die agterste sitplek.

By Jack’s ons nightspot, sien ons ook hier en daar eienaardige goeters. So kom ek en my man een aand net na toemaaktyd daar. Die ligte brand nog en die kroegman is seker besig om te sluit, want sy bakkie staan daar buite en ‘idle.’ Ons wag dat die alarm se blou liggie moet aangaan en hy uitkom, maar niks gebeur nie. Naderhand besluit ons om in te gaan en kyk wat van hom geword het. Daar sit hy heerlik en kuier met ‘n vriendinnetjie oor ‘n glasie sjerrie. “Maar jou bakkie staan dan en idle hier buite!”

“Dis nie my bakkie nie” se hy verbaas.

Ons gaan almal buite ondersoek instel. Binne in die bakkie sit ‘n man agter die stuur, sy hand nog so half op die sleutel,  en hy snork soos hy slaap. Erens, daardie oomblikkie tussen die aanskakel van die motor en die wegry, het hy aan die slaap geraak. Ons het hom probeer wakkermaak, maar hy was ver weg in droomland. Ons het maar sy motor afgesit en mbv die deurknoppies hom binne-in sy bakkie toegesluit. Ek wonder nou nog hoe laat hy toe wakker geword het, en wat hy gedink het toe hy sien waar hy is!

By Jack’s bly die mense soms tot laat in die nag, meestal om te dans en te gesels, en dan vergeet mens soms iets daar. Dis nie ongewoon dat ons die volgende dag opgeklop word om af te gaan Jack’s toe nie. Soms word daar ‘n trui of baadjie vergeet, ‘n handsak, en dikwels ‘n selfoon. Soms ‘n motorsleutel of twee.

Maar vanoggend kom daar vroegerig ‘n man hier aan. – of ek nie asseblief gou Jack’s vir hom wil gaan oopsluit nie?  Hy het iets daar verloor : SY TANDE! 

Nouja, die ou het toe gelukkig weer sy stelletjie tande gekry (op die vloer naby die kroeg- hy gooi hulle soms in sy drankie , se hy) en hy weet nie eers dat hy my dag gemaak het nie.

 Dit laat my mos nou dink aan ‘n straatsmous wat my nuwe skoonseun nou die dag op Ashton raakgeloop het. Hy het ‘n foto laat neem van hom by die stalletjie, want al het Ashton so ‘n ‘grend’ naam, se hierdie swart intrepreneur se besondere stalletjie net een ding: Jy is nou in Afrika!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in kraters en ander skandes (humor). Bookmark the permalink.

12 Responses to KRATER 7: Ander kraters wat ek ken……

  1. LOL

    Ek het al ‘n paar insidente waar ek my sleutels verloor het. Eenkeer op die strand ook, maar gelukkig het ek dit voor die see agtergekom.

  2. BB sê:

    Waaahahahaha!!! Daai valstande is skreeusnaaks, hê??!! Heng! 😯 pas die mense dit actually aan? En verkoop hy darem genoeg om ‘n bestaan te kan maak?? O nee, oits!!! Daar begin my blou Maandag nou darem ook mette smile… thanks! :mrgreen:

  3. meermin sê:

    O jinne hoe vat jy my terug na die dag toe my pa sy brille soek, mens hy soek en soek, dan is hy in die kar, dan buite, oral waar hy geloop en beweeg het, maar geen bril, soek in die badkamer, oral, ek vra my pa toe, pa wat soek pa so, “my bril, soos in my lees bril” ekke begin toe te lag, en my pa ewe, dit is nie snaaks nie, ek kyk so vir my pa 🙄 maar pa pa se brille is op pa se kop!! 😀 wens julle kon sy gesig sien 😯

  4. Ek het nou baie lekker gelag, dit is so snaaks!

  5. Terug pieng: Sleuteltjie-Sleuteltjie « Herriemerrie

  6. toortsie sê:

    Ai, maar ek is bly jy vertel vir ons waar ons kan tande kry as die nood sou druk!! (Ek hoop jy het vir jou ‘n ekstra paar gekoop!!) 🙂

  7. seegogga sê:

    Nee, maar my nuwe seun is mos daar op Ashton- jy moet maar spreek as jy dalk nodig het!

Laat 'n boodskap na seegogga Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s