dis ‘n nuwe jaar en ons is deurmekaar……

Goeie dag, liewe Bloggers! Die jaar het vandag begin- BERGE en BERGE wasgoed, ‘n nuwe ekstra werk vir manlief, ernstige geldmaak planne vir my om genoeg geld te maak om oorsee te gaan, hoe ideale om my boekies te bemark, duisende troureelings vir my dogter se troue, die vooruitsig van oumaskap – van niks minder nie as ‘n TWEELING! Sjoe onmiddellik baie besig!

Een van my nuwejaarsvoornemens is om vanjaar ten minste een maal per week te blog. Ek wil graag elke dag, maar ek besef dat die rekenaargogga se byt getem moet word. Dis erg verslawend en ek moet tyd maak om geld te maak, babakombersies te brei, en net in die algemeen meer georganiseerd te wees. O ja, en oefening te doen….

Ek hoop dis vir julle almal ‘n wonderlike jaar vol nuwe uitdagings. En as die lewe druk, druk hom terug! ( ek gaan sommer nou-nou nog ‘n bloggie opsit oor hierdie einste onderwerp, wat my na aan die hart le). “Rage, rage against the dying of the light!”

Viva 2011!

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

4 Responses to dis ‘n nuwe jaar en ons is deurmekaar……

  1. Toortsie's avatar toortsie sê:

    Mooi jaar vir jou! Dit klink my dit gaan besig wees!! maar jy het mos baie energie!
    Ek is nuuskierig oor daardie geldmaakplanne? En waarheen wil jy gaan? Oorsee bedoel ek?

    Like

    • Glen Blignaut's avatar Glen Blignaut sê:

      Die ou apartheids tyd nuwejaar song is beter deur die Klopse ..baie dis net nou ANC crap..mense van oorsee en en Afrika vra my waar die ‘nuwe’ song vandaan kom omdat hulle dit nie ‘like’ nie..OK dis ouer mense maar die oorspronklike was GREAT!

      Like

      • seegogga's avatar seegogga sê:

        Hallo Glen, die verdkil is, hierdie groepie loop op Nuwe Jaar van huis tot huis in Struisbaai en ding vir die mense en maak so ‘n geldjie bymekaar vir hulle kerk. Dis n lieflike tradisie al die jare, en ek hoop dit sterf nooit uit nie.

        Like

  2. seegogga's avatar seegogga sê:

    Oorsee om na my kinders en .2ling kleinkinders te gaan kyk in Holland! Hulle gaan blykbaar 2 seuntjies wees Ag en as ek nou by my vriende in Frankryk en Engeland ook kon gaan kuier sou dit so wonderlik gewees het, ma ek dink nie dit ga gebeur nie

    Like

Lewer kommentaar