Waar is die jare van pers
jakarandablare
wat tapyt op die sypaadjies
van die systraatjies
saans? En die soet jasmyntrossies
-vir my ook ‘n bossie?-
Van saamswot by die Dal
tot die skemerlig val
en ons hand aan hand swaai,
van geluk tiekiedraai?
Die lewe het ons ingesluk.


Mooi EN hartseer!
LikeLike
Ja, those were the days….
LikeLike
dit laat my nou wonder sgog, het die stad of die lewe ons ingesluk?
LikeLike
Dankie Olga, ja ek oorweeg dit nou sterk om stad met lewe te vervang. dis meer waar. Dis net dat die ritme nofgnie so reg voel nie. Maar miskien is dit ok. Dit moet a- ritmies wees, in teenstelling met bo.
LikeLike
Dankie,Olga, ja dis nou die lewe wat ons ingesluk het- en hoe!
LikeLike
mooi geskryf – ek kan dit sien en ruik
LikeLike
Hallo Neil, welkom hier en dankie vir jou mooi kommentaar. Ek neem aan jy was ook daar? In die goeie ou tyd?
LikeLike