( vervolg op Konstenasie oo die stasie 1)
“Dis nie my sak nie”. Trommels se oë is groot. Sy lyk baie ernstig.
In die sak is ‘n rok en pakke en pakke vol speserye. En Trommeltjies se sak vol vleis en wyn het soos mis verdwyn.
Ek kan nie help nie, en gaan onbedaarlik aan die giggel. My tas het mos jare gelede op my eerste oorsese trippie so onverklaarvaar verdwyn. Hierdie is amper dieselfde situasie, net erger, met al die proviand wat weg is.
Ons onthou dat die lughawe mense ‘Groenewald” op my etiket op my sak gelees het. Die etiket wat Hannelie van haar sak afgeskeur het, word uit die snippermandjie opgediep. Net mooi daar waar die naam gedruk is, is die papier geskeur, maar met regte speurvernuf, las ons die papiertjie aanmekaar tot ons die naam kan uitmaak.
Gou word die lughawe gebel. “ just bring the bag back tomorrow” en koeps word die foon neergesit. Moreoggend half ses klim ons mos op die bus Mosambiek toe. Ons moet NOU! daardie sak vind!
Sy bel weer. Niemand antwoord nie. Paul word gebel. Hy skakel SafAir. Hulle moet gou die persoon se kontakbesonderhede vir ons gee. Maar daar is ‘n ding soos ‘n poppiewet. Hulle mag nie vir ons inligting gee nie, en klaar. Na lang verduidelikings en redenasies, stem hulle in tot ‘n conference call, waar hulle self die ander persoon kan kontak.
Uiteindelik, na wat soos ‘n ewigheid voel, kry ons die skakel. Die mense is eintlik op pad Tshipise toe, maar is gelukkig nog in Nelspruit – het seker ook eers inkopies gedoen. Hulle bring nou dadelik die sak na die Green Lizzard toe. Paul stel sy een werkster aan om hulle in te wag – in die reën.
‘n Halfuur gaan verby. ‘n Uur. Die werkster trek sak en pak en waternat, weer terug na die stoepie toe. Weer word gebel. Die mense het verdwaal! Uiteindelik daag hulle op. Hannelie en die vrou is ewe dankbaar dat hulle nou elkeen hulle eie sak terug het. Gou word oopgezip. Ja! Trommels het haar sak terug!
Teen die tyd is dit al goed donker en ons besluit dat ons nou sommer dit gaan vier met ‘n lekker ete in die Green Lizzard se restaurantjie. Ons het mos wyn ook. Een botteltjie minder vir Una gaan nie saakmaak nie.
In die restaurantjie ontmoet ons vir Janeen, ‘n dierbare dame, ook op pad Mosambiek toe en ons vind dadelik aanklank. Sy moes natuurlik die hele Goue Vrou ding aanhoor en was baie geinteresseerd
Daardie aand wine en dine Seegogga en Trommeltjie en Janeen heerlik ‘in style’ op maat van ‘n lieflike paddakoor..
Maar net more begin ‘n nuwe avontuur!





Ai Seegogga, hoe mis ek julle twee nou!
LikeLike
en ek vir julle! My tyd was nog nie om daar nie
LikeLiked by 1 person
Dit klink omtrent avontuurlik
LikeLike
dit was!
LikeLike
Oe….hier kom nog n paar dingetjies😆
LikeLike
Klink of dit vet pret was – met al die kinkels ingesluit…!
LikeLike
Dit was!
LikeLike