Ek en my man is op pad Paarl toe, na my kleinkinders se gr 1 skoolkonsert, toe die whatsup deurkom.
As jy nou, om geen spesifieke rede nie, vir 3 weke êrens heen kan gaan – sal dit in Oktober of November wees?
Wat ‘n snaakse vraag, komende van my Goue Vrou-vriendin, Trommeltjies! dink ek. Dis reeds begin Oktober en my naweke is uitgemeet, almal vol, besig.
November? Na ‘n rukkie kom die volgende vraag:
Het jy ‘n paspoort?
Wat? Wil Hannelie nou vr Una in Mosambiek gaan kuier? Daar is geen manier wat ek sal kan saamgaan nie.
Ja. Maar ek sal baie koekverkopings en goed moet doen voor ek my paspoort kan gebruik.
Jy hoef nie bekommerd te wees oor geld nie, die Here het dit op iemand se hart gelê om ons twee vir 3 weke lank Mosambiek toe te stuur om vir Una te gaan bemoedig. Alle onkostes word betaal.
WHAT???
Ek lees die whatsup weer. Toe lees ek dit vir my man. Dis nuus wat stadig insink.
As ‘n mens so ‘n geskenk kry, kan jy nie weier nie, sê ek versigtig .
Nee, ‘n mens kan nie weier nie, stem hy saam. Dierbare Gert!
Maar wie?
My lips are sealed!
Die opgewondendheid oor die ongelooflikheid van alles kom stadig, maar seker. Wow! Ons gaan Mosambiek toe! Una toe!
Hannelie tref al die adminreëlings. Ons kry opdragte van Una: Ons moet wyn bring – baie! En ons moet ‘n spesifieke soort lilo koop – by Crazy Store en natuurlik swemkostuums. En ons hoef nie makeup of handdoeke of skoene of enigiets te bring nie, ons loop daar kaalvoet.
In my kop beplan ek my eie dinge: wyn, tweetand skaap, waterblommetjie bredie, storieboeke… Draaie word by die slagter, Crazy Store, drankwinkel en Pep gegooi, want Pep se goedkoop groot sakke is lig, en kilo’s op die vliegtuig is beperk…
Maar hierdie is net die eerste deeltjie van die storie, want soos dit die Goue Vroue betaam, gebeur daar goed! Die verskil is net dat dit hier in die werklike lewe ‘n Goue Vroue storie geword het, nie in Rebusfontein nie!
Hou hierdie spasie dop vir die volgende episode: Konsternasie op die stasie!




Wow! Ek bring deesdae min tyd deur op WordPress en het die Reader toevallig oopgemaak om na iets te soek. En heel toevallig, het my oog op hierdie pos van jou geval. Wat ‘n wonderlike geleentheid vir jou / julle! Dit het sommer my dag gemaak om te weet dat sulke wonderwerke nog gebeur. Ek sal jou verskoon as jy uit jou vel uit spring, Seegogga! En nou het ek skoon vergeet wat ek kom soek het, haha!
LikeLiked by 1 person
Bly om van jou te hoor! Ek het nogal uit my vel gespring, né! Ek hoop ek kry gou tyd vir deel 2: Konsternasie op die stasie.
LikeLike
Verlang ek nou ekstra baie na jou, Seegoggatjie.🤗
LikeLiked by 1 person
Ja, so is dit Una, rk verlang ook.
LikeLike
Uiteindelik. Soos my Emma sou sê:”my roomie”, mis jou in ons huisie.
LikeLiked by 1 person
Ag, Trommels, geniet dlje oomblik, tyd is kort
LikeLike
Ek voel ek wil die ure vas gryp met albei hande, tyd raak nou min. Prawns ge eet gisteraand.
LikeLiked by 1 person
Seegogga se bloggie
LikeLike
Dit was ‘n groooooot geskenk!!!!
LikeLiked by 1 person
Byna ongelooflik!
LikeLike
Wat n blessing! Wag in spanning vir die opvolg!!
LikeLiked by 1 person
sodra ek kans kry
LikeLike