En so vlieg die jare. 2025 lê en wag voor die deur. Die seewind is besig om 2024 redelik vinnig weg te waai.
2024 was ‘n besige besige jaar, byna vir almal wat ek ken, en tog is daar nie veel wat ek kan wys nie.
Goed, die jaar is grotendeels in beslag geneem deur beplanning en nagmerries oor ons groot familiereünie in November. 98 Volwassenes, so 15 kinders, ‘n markiestent en so ‘n paar ekstra mense later, en dit is ook verby. Ons was vir die eerste keer Addo toe; My man het sy rolbalmuur geverf; ons is nog redelik gesond; ek dra nie meer bril nie, want die oogdokter het mooi vir my geluister voor hy my lensoorplanting gedoen het ( een oog naby, een oog ver), en wat kan ek nog sê?
Ek is soo dankbaar vir alles. God ons Vader, was so goed vir ons. Ek gaan nie toelaat dat die toekoms donker lyk nie, al weet ek nie waar môre se brood vandaan gaan kom nie.
My arms is oop:
Welkom 2025! Mag jy vir ons almal goeie gawes en good vibes bring. Mag ons jou volgende jaar onthou as ‘n goeie jaar. Ons sien uit na jou!


Het jy die figure op die muur geteken? Dit is briljant!
LikeLiked by 1 person
nee, my man het die idee gehad om foto’s van sy rolbalklublede in aksie te neem, en hy het hulle toe op die rolbalmuur geverf. Dit was n groot projek, maar uiters suksesvol!
LikeLiked by 1 person
onse Seegogga is nou ń ware goue vrou in murg en been. Ek bewonder jou dat jy hierdie reuse reunie gereël het, ń hele naweek lank. Met gedrukte koffiebekers en t hemde. Deel bietjie foto’s hiervan Seegogga.
LikeLike
ja trommeltjies, ek wou nog hieroor blog. Tyd het net ontbreek.
LikeLike