Die Goue Vroue is opgesaal met ‘n ernsige taak. Daar is ‘n nuwe voëlgriep virus wat dodelik is vir mense en Covid na kinderspeletjies laat lyk. Hopelik kan die Goue Vroue die mense op die aarde red. Hierdie is hoofstuk 5. Ons wag self in spanning om te sien wat volgende gaan gebeur.
?
Die virus Hoofstuk 5 deur Seegogga. Op pad waarheen?
“Quittez Rebus et partez en France. Hâtez-vous – Verlaat Rebus en gaan na Frankryk. Maak gou!”
Seegogga fluister byna die woorde. “Maar ons kan nie nou- wat van Lolla? “
Hierdie Franse woorde herinner haar nou aan iets…”vous…vous… Voulez vous voulez….” A-ha! ABBA! Pierce Brozman! VirgoC se groen blare eksperiment!
Seegogga vlieg om en hardloop na haar huisie toe. Sy het mos destyds inderhaas van VirgoC se eksperiment in haar vrieskas gegooi, vas onder die indruk dat dit quacamole was. Wie weet, dalk is dit nog reg. So gou soos haar bene haar kan dra, is sy terug by die meent.
“Virgo!” Roep sy al van veraf – ek het dalk medisyne!”
VirgoC gryp die bakkie en smeer van die groen pappery onder Lolla se neus. En toe sit sy ‘n klein yserige stukkie in Lolla se mond.
Lolla lê aanvanklik nog toe-oë en roerloos, maar die volgende oomblik maak sy haar mond wyd oop. ”Nog!” beduie sy na haar oop mond. Virgo plaas nog ‘n ysie op Lolla se tong. En Lolla begin giggel!
Die Goue vroue sien dankbaar hoe Lolla se velkleur weer rosig word. Haar hartklop verbeter, haar suurstofvlakke styg… en sy giggel onbedaarlik! “Dish lekka merishyne” giggel sy. “ Sjee da nogga dose!”
“Ai dankie tog my eksperiment het gewerk!” Sug VirgoC.” Nee, Lolla, beslis nie. Ons hou hierdie vir later.”
Die Goue Vroue kloek opgewonde onder mekaar, maar Virgo C roep hulle gou tot orde. “Dames, julle kan ontspan, Lolla het nie HKGK 1 nie. Onthou Lolla en KatSeSnor, Hierdie is Rebusfontein. Ons het destyds Corona Mouna oorwin en besluit dat dat daar nooit weer vyandelike viruse in Rebus geduld sal word nie. Lolla het ‘n anafilaktiese reaksie op die lemoensap gehad.”
“Dit is ‘n baie gevaarlike toestand,” bestraf sy die Goue Vroue wat van verligting ook begin giggel het.” Daar is seker gevaarlike preserveermiddels in waarvoor sy allergies is. Die goed is ook al oud, ne. dalk staan dit nog heeltyd hier rond. Of het ‘n terroris dalk…Gelukkig tog dat Seegogga steeds van my groenblaar-konkoksie het!”
“Ons moet dringend Frankryk toe, ons kan nie sloer nie, maar hoe?” neem Aalsie, die praktiese, oor.
“Ek gaan gou ons VVVT (Vreemde Virus Voortvlugtende Tent) soek.” Appeltjie wip weg na haar skuur toe.
‘Miskien kan Silwer intussen vir ons na daardie swart rose op Mars gaan kyk”, mymer Frannie met ‘n veraf kyk in haar oë.
‘Kontak hom dadelik, Frannie!” Seegogga het nie die verlange misgekyk nie.
“Dames, volgens die boodskap moet ons Frankryk toe, maar ook Mars toe – ek neem aan dis planeet M. Of is dit planet M in Indië? Gaan ons ons opdeel in twee groepe?” Christa wil Galileo se wetenskaplike metodes gebruik: “Wie gaan Mars toe?”
“Dit voel vir my verkeerd om op te deel. Eendrag maak mag.” sê Toortsie.
“One for all and all for one!” stem die Goue Vroue saam.
“Het jy al iets van Onderstepoort gehoor, Positief?”
”Nog niks, Scrappy, ek wag nog.”
“Ons vat ons ruimtepakke saam. ne! Ons kan dit sommer in die tent aantrek om tyd te spaar. Ons moet ook Planeet M gaan ondersoek. Jelleke, Lolla, Annemarie, julle het nog nie ruimtepakke nie, maar julle gebruik sommer solank die pakkies van die GV’S wat nie deel van hierdie storie is nie. Onthou, one size fits all. Ons sal vir julle nuwes kry sodra moontlik.” Trommeltjie sit daad by die woord, en bring ‘n goue trommel meent toe. Dis groot, maar lig soos’n veertjie.
Die tent is stowwerig, maar die Goue Vroue is haastig. Hulle pak gou die nodige in die VVVT; Die trommeltjie ruimtepakke, Die GBE ( Groen Blaar eksperiment), iets te ete, te drinke en helaas ook vir Lolla wat soos ‘n slap lap tussen Trommeltjies en Aalsie hang. “Ek makkee nikshie,” hou sy vol en giggel stouterig.
Dis ‘n stil groepie Goue vroue wat in die vlieënde tent sit. Wat gaan hulle in Frankryk doen? En waar? Wat gaan hulle uitvind omtrent die virus? Wat het Galileo Galilei uitgevind? Waar is Mol heen? Hoe gaan hulle die virus stopsit en Globaliste oorwin? En waarmee, as hulle dalk wesens van die buitenste ruimte is? Wie stuur die boodskap na Lolla se foon?
“Biep-biep-.biep.”Lolla se slimhorlosie se liggie flits weer. Seegogga buk vooroor om te loer en lees die boodskap:
“Saint Michel, saint Michel
broeiplek van die virus hel,
100 jaar onoorwinne
hier moet julle beginne
sterkte, vaar wel en snel.”
Ons gaan Saint Michelle toe, julle!” Scrapy klink heel opgewonde ‘Ek wou….”
“Kakkerlak-ak!”
KatSeSnor het sowaar haar troetelseekatjie saamgebring!
“Wat is fout, my liefste Okto-kindjie?” fluister KatSeSnor saggies.
“Die tent lê-ê-êk,” fluister Okto.
Die Goue Vroue kyk met ontsetting hoe die tent hoogte verloor. Ver onder hulle sien hulle hoe die land geleidelik nader en nader kom.

Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.