
Die Goue Vroue is ‘n groep vindingryke dames wat wonderlike avonture saam beleef in die kuberruim. Kliek op die volgende link as jy lus is om te loer wat ons hierdie keer aanvang…
https://fresh.inlinkz.com/party/dd0d1dc46eb64ccf9ede0f8f19d43711
“Julle, ons plan werk uitstekend! As Toortsie-hulle hier aankom met die bokke, het ons darem ons goeie daad vir die dag gedoen!” Aalsie begin nou hulle doel hier verstaan. Sy skuif haar rug teen ‘n hoë grafsteen om gemakliker te sit.
” …en kan ons dalk teruggaan na die beskawing toe,” fluister Lolla so by haarselwers. Haar grafsteen is maar plat. Christa knik haar kop. ” Ek stem soo saam!” fluister sy.
“Ek wil nou nie negatief klink nie,” sê Woordnoot, ” maar ons sal daardie bloomer so vinnig as moontlik moet verwyder. As die soldate dit moet sien…”
“Sonell, jy is mos jonk en fiks!” Ekmyself kyk hoopvol na Sonell. “Kan jy paalklim?”
“Ek is onseker…”
“Ek het ‘n plan,” sê Seegogga.”As ons nou my vislyn vat en gooi, kan ons hom mos raakhaak met die hoek…” Seegogga se stem sterf weg. Haar vislyn lê in die een-en-twintigste eeu…
***
In die Fort sit Jan van Riebeeck en skryf in sy joernaal. Hy kyk op en deur sy vensteropening sien hy ‘n eienaardige wit ding hang teen die vlagpaal. Maar dis mos…’n bloomer! Wat gaan hier in sy nedersetting aan?
Hy reël dadelik dat ‘n paar wagte uitgestuur word om ondersoek in te stel. Hierdie onsedelikheid moet in die kiem gesmoor word. Donkergat toe met die oortreders, as hulle gevind word!
Dit begin skemer raak, maar daar is nog geen teken van die jagters nie. ‘n Koel aandluggie begin waai. Die vroue skuif bietjie nader aan mekaar. Die eerste sterretjies skitter al en die maan is amper op.
Frannie wonder wat Silwer nou doen. Waar bly Toortsie-hulle tog?
“Die een ou spook was vet,
en die ander ou spook was maer.
Hulle sit daar in die kerkhof rond,
die hele lot bymekaar!”
Almal lag saggies en begin saam met Seegogga sing. Hulle maak gepaste bewegings op maat van die musiek en VirgoC moet net kort-kort maan dat hulle sagter moet wees.
“En die een lot sê ‘ha ha!’
En die ander lot sê ‘ho ho!’…
Die volgende oomblik hoor hulle ‘n vreeslike geskreeu.
” Spook! Spook! Help!”
Hulle sien verbaas hoe ‘n groepie soldate opspring, hulle wapens neergooi en ooplê terug na die fort toe.
Trommeltjies begin eerste proes van die lag. In die donker skemer lyk al die wye rokke en wit onderrokke nogal regtig spokerig!
Kameel kruip gou nader en gee al die wapens agtertoe vir die goue vroue aan.
“Sjuut! Hoor julle dit ook?” Una wonder hoeveel leeus daar nog hier naby die fort is. Almal hoor nou die geritsel in die gras.
“Ontspan julle, dis ek”. Appeltjie leopard crawl tot by die groepie vroue.
” Scrapy wag daar agter die muur by die perde. Daar het iets vreesliks gebeur. Toortsie en Positief is gevang!”

Pure lekkerte, jinne Seegogga dis nou puik geskryf. Daai dekselse bloomer gaan ons in groot moeilikheid laat beland. Jou skets is beautiful en gepas. Ek weet steeds nie wat ons hier maak nie ….. en mog ons ons maat vinnig bevry.
LikeLiked by 2 people
Gelukkig is ons nou tot die tand bewapen!
LikeLiked by 2 people
Gevang? Nee! Dis onmoontlik! Ek kan nie gevang wil wees nie. Ek wil nie gevang wees nie.
LikeLiked by 2 people
Jy sal moet wag tot die volgende episode
LikeLiked by 1 person
O my goeiste, niemand wil in daardie tyd gevang word nie! Donkergat toe, het JvR gesê! Toortsie gaan dit nie oorleef nie. Dalk, dalk met Positief by hou hulle kop.
LikeLiked by 2 people
Wie se dis JvR? Dalk is dit die khoi khoi? Of dalk n leeu? Of dalk iemand if iets anders?
LikeLiked by 2 people
O jitte, dit is ‘n ding! Toorts alweer op pad tjoekie toe. Hoop die sleutel kan gevind word.
LikeLiked by 1 person
Wel, dit hang af wie of wat haar gevang het né!
LikeLiked by 2 people
Natuurlik, maar jy gaan haar seker nie leeukos maak nie?
LikeLiked by 1 person
Dit hsng slles van ons volgende skrywer af
LikeLiked by 1 person
Neeeeeeeeeee, Toortsie weer oppad tjoekie toe! Positief, help hier. Ek lag nounog oor die bloomer, kan net dink dink die uitdrukking op JvR se gesig toe hy sien😂😂😂.
LikeLike
Al die spoke en die bloomer… Ooh genade….. gevang!?
LikeLike
Reblogged this on Seegogga se Bloggie.
LikeLike
Dis ‘n bekoorlike skets, Seegogga!
LikeLike
Dankie Frannie!
LikeLiked by 1 person
Behoorlike cliffhanger hierdie, niks te doen met ‘n bloemer-hangery nie, of het dit?
LikeLike
Nee, ek glo darem nie. Die bloomer ding is ‘n ander gevaar.
LikeLike
Eks so nly ek skryf verder af in doe ry. Elke episode is ril-lekker
LikeLike
jou skets het my oog getrek, pragtig!!
LikeLike
Dankie!
LikeLike
Baie oulike skets. Gits julle, waar is ons maters? Daai bloomer is Moeilikheid.
LikeLike
Terug pieng: Sestien Vyf twee … troue! – toortsie.com