Hier waar ek om byna middernag in my bed sit, wonder ek- waar is die tyd heen? Die jaar lê op sy rug, die raamwerk is afgehandel, die vakansiegangers in, maar steeds skarrel ek rond.
Dis tyd om op te hou jaag en stil te word. Ek hoop ek kry dit reg. Ek hoop júlle kry reg!
Mag julle almal ‘n wonderlike geseënde Kerstyd ervaar, en vol van God se seën en liefde.


Dankie, jy ook. Mag dit ‘n pragtige feestyd vir jou ook wees.
Early bird! Ek hoop julle geniet die Kersfees saam met die kinders.
Dankie Seegogga, julle ook. As ons more ry, gaan my internet toegang baie beperk wees. Soms pla dit my, ander kere is dit lekker. Om die stilte te kan geniet.
O, jou skets is sooo mooi! Geseënde Kersfees, Seegogga.
Baie dankie Frannie. Mag jy n wonderlike geseende tyd saam met jou kinders deurbring.
Dankie! Geseend vir jou ook
Geseënde Kersfees vir jou ook, Seegoga en mag jy gou rustiger raak.
Hoop jy het n rustige een. Ek werk feitlik een strook deur
ai, so is dit soms, ne! Sterkte daarmee!
Dis pragtig gedoen! Geseënde kersfees vir julle, liefste Seegogga.
Dankie liewe Una!
Pragtig, amper Kersfees. Mag julle ‘n geseënde tyd ervaar
Baie dankie. En dieselfde daar!
Vir jou ook