Goue vroue lê laag

Ons is ‘n groep vroue, die Goue Vroue. Elkeen van ons het ‘n stukkie goud in haar. Ons flans woorde bymekaar en maak stories, ons elkeen het ‘n huisie in Rebusfontein. Dit is ons realiteit, weg van realiteit. Jy kan kom saam skryf, of andersins saam met ons, ons avonture beleef. Volg hierdie verhaal van ons op die onderstaande skakel.

https://fresh.inlinkz.com/party/58bfda52c1464dd6bd728872e5955344

Die Goue vroue sit vroeg Sondagoggend in hulle pejakkies en koffie drink. Hulle is lekker uitgerus na die vorige dag se kapperjolle. Op die koffietafel lê die  oggend se Rapport, maar niemand stel belang om dit te lees nie.

“ Neewat,  hulle soek net sensasie en gee nie om om ou Steve swart te smeer om hulle verkope ‘n hupstootjie te gee nie,” sê Christa beslis.

“Ja-neewat. Hulle moet net vir Steve uitlos!” sê Seegogga en strek haar behaaglik uit.

“Maar is dit dan nie ons pers bus daar op die voorblad nie?” roep Aalsie en tel die koerant op. Sy lees hardop voor.

Wesens van die buitenste ruimte ontglip veiligheidspolisie

Suid-Afrika is die afgelope week  ingeval deur wesens van die buitenste ruimte.

Na verskeie berigte ontvang is oor ‘n vreemde vlieënde voorwerp, het die veiligheidspolisie ondersoek ingestel en ‘n ruimtetuig opgespoor. Die insittendes is vasgetrek, maar het op vreemde wyse weer ontsnap. Hulle word as uiters gevaarlik beskou.

Op 20 November 2021 het die eerste berig ingekom van ‘n uiters vreemde pers voertuig op die pad naby Franschhoek.

Daar is aanvanklik nie onraad vermoed nie, maar toe begin die koerante berigte ontvang van ‘n soortgelyke vlieënde voorwerp in die Grabouw en Bredasdorp omgewing. Hier en daar is selfs foto’s deur lede van die publiek ingestuur.

Die veiligheidspolisie is ingelig en hulle het met fyn speurwerk vasgestel dat die voorwerp waarskynlik op ‘n afgeleë melkplaas in die Overberg geland het.

Die vreemde pers ruimtetuig wat die afgelope weel deur verskeie lede van die publiek waargeneem is

Met vernuftige taktiek is die uiters gevaarlike wesens uiteindelik in die Bredasdorp museum vasgetrek. Die manne is dit almal eens dat die wesens ‘n verblindend – goue glans om hulle het, en waarskynlik van die vrouelike geslag is. “Hulle is regte aliëns, met hipnotiese kragte,” het die bevelvoerder gesê.

“Hulle het vreesloos en selfs vrolik voorgekom: Byna onweersaanbaar aantreklik.Gelukkig kon ons dit weerstaan en het hulle gevange geneem voordat hulle hulle wapens kon uithaal. “

Die vlieënde piering is deursoek , en benewens grimering, wat sekerlik gebruik is om te kamoefleer, is daar ook ‘n ruimtepak met gevaarlike wapens ontdek.

Die goue wesens is vir ondervraging in Bredasdorp se tronk aangehou, maar voordat meer uitgevind kon word, het hulle ontsnap en soos mis voor die son verdwyn. Daarna was daar nog sigte in die Vrystaat en Gauteng in die omgewing van die Hennopsrivier.

Die vlieënde piering vertrek deur die lug, net nadat die ruimtewesens in hom opgeneem is.

Die veiligheidspolisie het ‘n sterk vermoede dat hulle gekom het om in Suid-Afrika te kom spioeneer.

Die publiek word gevra om op die uitkyk te wees vir ‘n pers langwerpige tuig, wat aan ‘n dubbeldekker kombi herinner. Moet onder geen omstandighede die ruimtewesens konfronteer nie, maar  meld dit  asseblief dadelik by enige polisiestasie aan of by sersant Gigaba by chiefgigaba@gmail.com

Die Goue Vroue lag lekker. Woorde soos “Gevaarlik”, “spioeneer”,” hipnotiese kragte” “verblindend” laat hulle glimlag. Maar dan versober die klompie.

‘Julle ons sal nie nou eers verder kan toer nie. Ons gaan sowaar in die tjoekie beland.” sê Positief.

“Krismis in die tjoekie.” Nee dit sal nie werk nie.” Appeltjie maak groot oë.

“My kinders kom Kersfees see toe, ” sê Toortsie.

“Ek dink ons moet eers ‘n bietjie laag lê,” sê Una “Julle weet, tot die stof bietjie gaan lê het. Ek stel voor ons stel die toer uit tot na Nuwe Jaar. Teen daardie tyd het almal al van die aliëns vergeet! Wat se julle?”

“Dan sal ek seker ook tyd kry om ons toer verder te lei, sê Tannie Frannie.

‘En dalk ek ook,” sê Jacky.

“Julleeee, dan is my man alweer terug Amerika toe. Maar dan moet ek inpak. Ek hoop ek kry kans  om ook die toer te lei.” Sonell.

“Ek sal so graag verder wil toer na die vakansie , sê Trommeltjies. “ Dis so lekker saam met die Goue Vroue hier deur Suid-Afrika!

“Ek dink ook dis ‘n goeie idee” sê Seegogga. “Maar ek wonder tog ook of ons nie ons pers bus dalk moet camouflage as ons weer verder toer nie.  Wat sê jy Aalsie?”

Trommeltjies haal ‘n bottel rooiwyn van die Franschhoek vallei uit en skink vir elke Goue Vrou ‘n glasie.

” Op die Goue Vroue toer! “

“Op wonderlike avonture!” beaam Kameel.

“Lank lewe die Goue vroue!”  Woordnoot klink haar glasie met Una.

VirgoC bring n pakkie soutbeskuitjies en ‘n bakkie groen quacamole.”Ek het iets bygesit vir gesondheid”, sê sy .

Die Goue Vroue kloek opgewonde verder en vertel mekaar van hulle Kersfeesplanne. Hulle sien uit na volgende jaar. Hulle gaan die nuwe jaar begin met die tweede been van hulle toer!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in goue vroue, Kersfees, Los opdrifsels and tagged , , . Bookmark the permalink.

11 Responses to Goue vroue lê laag

  1. Una sê:

    Ek dink ons gaan die nuwejaar met ń heerlike, opwindende toer hier by ons rond, afskop. Ons is alweer famous!!!💃

  2. Wonderlik, Seegoggatjie, in die nuwe jaar gaan ons almal weer nuwe energie kry! “onweerstaanbaar aantreklik” – ek hou van daardie beskrywing. En VirgoC se beskuitjies met die groen dip het my sommer so ‘n hupstootjie gegee.

  3. Positief sê:

    Ja nee Rapport het weer-eens net sensasie gesoek. Ek sien uit na die tweede been van ons (amper) wêreldberoemde toer hoor

  4. Toortsie sê:

    Uitstekend! Ja wat, volgende jaar het ons weer tyd en het die polisie al weer vergeet van ons.

  5. Rein gedagte Seegogga. Ek is mal oor ons goue glans. Jy het alles mooi saamgevat en ń lekker storie vertel.

Laat 'n boodskap na trommeltjies Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s