S-pen kuns

‘n Jaar gelede het ek ‘n nuwe selfoon gekry. En net daar het my lewe so n bietjie verander. Ek het naamlik die s-pen ontdek.

Wow! Dis ‘n wonderlike dingetjie!

Nie net kan hy, nes n gewone pen, vir jouself nota’s skryf nie, jy kan  ook woorde op foto’s skryf, as jy sou wou, jy kan ook hierdie  geskrewe woord in tikskrif verander.  Jy kan met die fyne puntjie op die selfoon se lettertjies tik, nes ek nou hier doen, en dis makliker en gemakliker as met die duim.

Verder het die stokkie n klein byna onsigbare skakelaarjie in. Jy sit jou foontjie erens neer, gaan staan by jou vriende of troeteldiere, druk die skakelaartjie as jy gereed is, en siedaar! ‘n Pragfoto sonder dat iemand agter die kamera moet staan.

Maar die eintlike wonderlike ding  is die nota’tjie wat die pennetjie kan skryf- in verskillende kleure in verkillende soorte penne en verskillende diktes. 

En as jy nou ek is, toets jy mos die virtuele pennetjes uit. En speel. En so speel die Seegogga so n bietjie.

Dit sou seker by speel gebly het, maar toe kom daar mos ‘n kunsuitstalling by die Suidpunt en   hulle soek soek geboue – dieselfde geboue wat ek geteken het toe ek met my s-pennetjie geteken het.

Sou ‘n mens dit kon afduk? Ja! Ongelooflik! Hierdie klein prentjies op my selfoontjie geteken verander in ‘n duidelike A-4 prent en ek glo hy sal nog grote ook kan gaan.

Ek is nog ‘n beginner en ken nie eers al die funksies van hierdie nota program nie, maar ek gaan oefen! En leer!

Die beste van alles is dat jy selfoon die heeltyd by my is. Sommer hier in my handsak. Ek kan speel net waar en wanneer ek wil: sonder ‘n tafel, verf, esel of enigiets. Netso! In die vergadering, koffiewinkel, spreekkamer, in ‘n motor, op die strand of in die bed – die wêreld is my oester.

Ek het nou intussen uitgevind dat n mens tekenprogramme op jou sel kan aflaai, maar die gewone note 10 light se notes program is tans oorgenoeg vir my.

Hier is ‘n paar prentjies. Ek is beslis nog n groentjie, maar die belangrikste is dat ek dit geniet!

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels and tagged , , , . Bookmark the permalink.

22 Responses to S-pen kuns

  1. WOW Seegogga, dit is ongelooflik pragtig.

    Liked by 3 people

  2. Watter soort foon het jy?

    Liked by 1 person

  3. Toortsie's avatar Toortsie sê:

    As dít is hoe ‘n groentjie teken, wonder ek hoe asemrowend dit gaan wees as jy ‘n pro is!

    Liked by 3 people

  4. Una's avatar Una sê:

    Ek is gek oor hierdie sketse van jou!!!

    Liked by 2 people

  5. Jy het soveel talent, Seegogga!

    Liked by 1 person

  6. appeltjie's avatar appeltjie sê:

    Jy kan daai sketse raam en verkoop

    Liked by 1 person

  7. Wouw jou sketse is pragtig Seegogga, mal daaroor. Dit lyk nie soos ń groentjie nie maar soos ń pro.

    Liked by 1 person

  8. seegogga's avatar seegogga sê:

    Dankie Appeltjie

    Like

  9. woordnoot's avatar woordnoot sê:

    Jimmel Seegogga…..jy kan maar hoor..dis pragtig,

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op trommeltjies Kanselleer antwoord