
Dis ‘n vaal klompie towerinne wat die volgende oggend op hulle groot 28-wiel fietse wegtrek.
Die rooi fietspad het hier en daar 90 grade draaie. Seegogga se voete kom skaars by die pedale by. Sy weet sy moet skerp draai, maar sy kry nie betyds haar fiets gestop nie. Sy ry reguit aan, oor ‘n eilandjie en reguit in ‘n boom vas! Die fiets gooi haar soos ‘n steeks perd oor sy kop en sy land onseremonieel op haar sitvlak op die klam grassies. Sy is nie seker wat die seerste gekry het nie: Haar kop wat teen die boom gestamp het, of haar ego.
Die towerinne probeer hard om simpatiek te wees, maar hulle proes almal onderlangs: “My fok Marelise!” fluister een saggies.
“Dis daardie gekuier in die Brownbar! Dit sal jou leer!” VirgoC en Hester het hulle hande vol om die Towerinne soos dames te laat optree. Al Seegogga se verduidelikings help niks. Ja, hulle HET die vorige aand deur die rooilig destrik gaan stap, en ja, hulle WAS gisteraand in ‘n brownbar. Maar daarna het hulle ‘n heerlike ete vir baie goedkoop gaan eet op die Leidse plein, en hulle is regtig mooi nugter terug tent toe.

Het Doktertje, die kleinste en beroemdste brownbar in Amsterdam.
Vandag is die Towerinne op pad na ‘n bietjie kultuur. Die Rijksmuseum en ook die Van Gogh museum moet besoek word. As dit nie was vir die vrou van Vincent se broer, Theo, nie, het Vincent van Gogh se skilderye en geskiedenis nooit bewaar gebly nie.
“Ek kan vestaan hoekom niemand ooit sy skilderye gekoop het nie – sê een van die ander toeriste in Engels “ Dis omdat dit verskriklik lelik is!”

Die Towerinne kyk krities na die skildery. Die ou is heeltemal reg. In Die tyd wat van Gogh gelewe het, was sy skilderye waarskynlik heeltemal te way-out vir die mense van daardie tyd. Dis eers nou dat sy besondere uitbeelding en kleurgebruik aanklank vind by mense.
By die Rijksmuseum is daar natuurlik Rembrandt se reuse Nachtwagt, maar dis Vermeer se diensmeisie wat vir Seegogga en en Toortsie raak. “My ouma het so ‘n tapeserie gehad”, onthou Toorts. Dit lyk regtig of daar lig uit die prent straal.

Net langs die Rijksmuseum is daar ‘n diamantslypery. In glashokkies sit die slypers en werk –seker meestal aan Suid-Afrikaanse diamante!
Ons ry weet verder fiets op die rooi fietspaaie. Hier het fietse voorkeur bo alle ander vervoer. Eers fietse, dan busse en trams, dan voetgangers en laaste motors!
“Kyk daardie groot gebou” se Sunel.
“Dit is die kasteel van die koningsgesin” sê Seegogga ewe wysneus. “Hierdie kasteel is op meer as 13,600 boomstompe ( heipale) gebou. Onder is mos water en moeras!”
Nie lank nie, of die towerinne hoor die musiek van ‘n draaiorreltjie speel. Hulle fiets daarheen: Die Boerenmarkt!
Hulle vergaap hulle aan die heerlike eetgoed. Een stalletjie verkoop reusagtige stroopwafels wat hulle net daar gaarmaak. Seegogga wil egter liewer neute by die neutestalletjie koop. Sy besluit op amandels en moet kies tussen wit of bruin amandels, gebak of ongebak en sout of ongesout. Na al die gewigtige besluite kry sy ‘n sakkie vars warmgebakte amandels – heerlik!
By Hema kry Sonel wat sy soek. Lipstiffies te kus en te keur – en spotgoedkoop daarby!

Die fietstrap put hulle gou weer uit. Dis net Kameel wat soos ‘n tiener wilde draaie ry – tot almal se ontsteltenis. Sy was die enigste een wat nie die vorige aand deur die rooi lig destrik gaan stap het en die brown bars besoek het nie.
“Koffie! Ek het krag nodig!” Anne Frank se huis moet maar nou eers wag. Almal sien in hulle verbeelding die heerlikste Hollandse poffertjies en ander soet eetgoedjies terwyl hulle aanstryk Coffeeshop toe.

Maar in Holland is ‘n Coffeeshop iets heel anders! Advertensies van wit en soms ook groen mannetjies wat lang zolle rook, is oral te sien. Die plek lyk ook glad nie verwelkomend nie. “Ek het vergeet: ‘n koffieshop is ‘n plek waar mens dwelms koop”, sê Seegogga verleë.
” Hoe verlang ek nou na Lorenzo se soetkoekies” sug Hester.
By ‘n klein kafeetjie aan die Heerengracht eet hulle egte Hollandse Uitsmijters.
“Hoor daar!” Toortsie hou haar hande op: ‘n Pragtige wysie word deur ‘n outydse kerkklok gebeier. Ons wens saam die mense van vandag het nog geweet hoe om sulke kerklokke te maak. Ongelukkig het die kuns uitgesterf.
Versadig, besluit die Towerinne dat dit tyd is om verder te reis. Hulle gaan koop vir hulle padkos by ‘n Albert Heijn winkel en is verbaas om te sien dat die kaas, melk en die heerlikste Côte d’Or sjokolade almal goedkoper is as in Suid Afrika, ten spyte van ons swak rand.

Op een rak staan Suid Afrikaanse wyn. Ons hou verby. Ons sal Suid-Afrikaans drink in SA! Hier koop ons heerlike Douw Egberts koffie, kaas en Côte d’Or!
Moeg maar gelukkig kies die towerinne koers terug na die tent toe. Waarheen vlieg hulle volgende? Positief, vertel ons tog asseblief!
Hierdie hoofstuk vorm deel van die uitdaging vir Afrikaanse bloggers wat as die Towerinne bekend staan. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar, onverklaarbaar. Maar nie vir die Towerinne nie.
As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die eerste hoofstuk te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.
Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030

Oe dit was nou lekker! Om die werklike skilderye te sien, bly maar ‘n hoogtepunt in mens se lewe.
“…en hulle is regtig mooi nugter terug tent toe” – Seegogga, jy laat my lag. Klink amper soos ‘n Dameskring!
LikeLiked by 2 people
Dis so waar Frannie. Al die jare van afdrukke maak nie op vir daardie een oorspronlike se sien nie. ek dink regtig dis ‘n skildery waarvoor ek nooit moeg sal word nie . Daar is net iets aan hom.
LikeLiked by 2 people
Mal oor jou skets van die fietse en die gewelhuise.
LikeLiked by 1 person
Jy is regtig kunstig en moet dit meer beoefen.
LikeLiked by 3 people
Dankie Toorts.
LikeLiked by 1 person
Dankie Frannie.
LikeLiked by 1 person
Vincent is my gunsteling van altyd af. Dat ons nou in die vryste samelewing so beskaafd raak…😉😂
LikeLiked by 1 person
Ek is self mal oor hom.
LikeLike
Ons het groot geskrik in Kamp Goldilocks. Groot. Erg groot.
LikeLiked by 1 person
Ja dink jy nie ons het ons mooi soet gedra nie? Dis nou behalwe vir daai trolletjie blomme…
LikeLiked by 1 person
Ag wat is ‘n ou trolletjie blomme nou tussen vriende?
LikeLiked by 1 person
ha ha
LikeLiked by 1 person
😷🙈🙊🙉
LikeLiked by 2 people
Baie dankie. Vinnig gedoen, maar dit was nogal moeiliker as wat ek gedink het om die mooie huisies te teken
LikeLike
In Holland maak ons soos die Hollanders en eet sjokolade en kaas en en en en 🙂
Heerlike vertelling. Dankie Seegogga.
LikeLiked by 1 person
mmmm – ‘n mens kan nie bant as jy cote de orr kry nie. gelukkig is kaas veilig!
LikeLiked by 1 person
Soms knyp ‘n mens jou oë toe en geniet die oomblik en dit wat jou voorgesit word. 😁
LikeLiked by 1 person
Terug pieng: Eende! – toortsie.com
ja 3, 5, 7
LikeLike
Dit was nou ‘n heerlike toer op die fietse.Daardie skilderye is pragtig en jou eie kunswerk is besonders!Dankie Seegogga, dit was uitstekend gedoen!
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou mooi kommentaar Bytjie
LikeLiked by 1 person
Oe lekker, dit was ‘n heerlike kuier in Amsterdam. Ek dink ek het dalkies iewers gaan opkrul om te slaap, was beslis nie in die rooi gebied of die bar nie. Die kuns is besonders, joune ook.
LikeLiked by 1 person
Ai, nou waar was jy dan? Dalk by n musiekkonsertjie op een vd gragte?
LikeLiked by 1 person
Ek kan net so dink, musiek sou my weggetrek het. Dalk die seilskippie weer gaan bewonder?
LikeLiked by 1 person
wel ons begin nou wonder – waaaaar was jy, Christa?
LikeLiked by 1 person
Ek skat ek het na die lekker dag op die seilskippie aan die slaap geraak.
LikeLiked by 1 person
Heerlike toer goggie, my bene het behoorlik gebrand van die fietsry. Ek is maal oor daai stroopwafels, veral as jy dit bo op n warm koppie koffie sit en dit so stadig sag word in die stoom. Heeeeerlik
LikeLiked by 1 person
Ja dis lekker so. Maar daardie varsgemaakte groot warmes by die markte is ook heerlik.
LikeLike
Hollanders het regtig ‘n aweregse humor – koop dwelms by ‘n coffee shop en noem jou toebroodjies uitsmijters. Hoor hier, ek is verstom oor die Towerinne wat hulle so betaamlik gedra. Ek is mal oor jou skets en ek stem saam met Erna – Vincent se skilderye maak my liries. Welgedaan, Seegogga, dit was ‘n heerlike toer al het nog steeds seer spiere van die fietsryery.
LikeLiked by 1 person
Hester , ons sal moet fiksheidoefeninge doen in darie tent! Kamp goldilocks het ons heeltemal te onfiks gemaak! Dankie vir jjou mooi kommentaar
LikeLiked by 1 person
Dalk moet ons ‘n onboard gym installeer
LikeLike
En koffie met melk in se naam is Koffie Verkeerd. Maar neeee! Asb nie ‘n Gym nie. Sit liewer ‘n paar ekstra strandstoele in.
LikeLiked by 1 person
Goeie idee
LikeLiked by 1 person
My gô is nog bietjie uit na al diè fietsryery. Die skilderye, dit het my nou laat terugverlang na my matriekjaar toe ons die kunsmuseums in Johannesburg besoek het. Van Gogh is defnitief een van my gunstelinge, ek hoop regtig om eendag ‘weer’ soontoe te gaan.
LikeLiked by 1 person
Ja sy prente is so spesiaal, Una. Maar fietstrap sal die towerinne fiks hou! Ek dink ons sal ‘n paar oefenfietse in die tent moet kry
LikeLike
Briljant gedoen. Stroopwafels is een van my gunsteling goed om te eet, soute drop en krokkette ook2. My oupa het altyd vir ons olie-bolle gemaak vir Nuwejaar en alhoewel hy oorlede is toe ek 8 jaar oud was, kan ek dit so duidelik onthou. Dankie vir die herrineringe en nou is dit my beurt? Sjoe, ek moet ‘n bietjie dink
LikeLiked by 1 person
Ja ek het agterna eers gedink oor die interessante soorte drop en ook dat ‘n mens daar paddastoele koop, nie sampioene nie. Krokkette was ook een van ons gunstelinge. Jy kan ons in Nederland laat bly as jy wil. Daar is nog baie interessante goeters om oor te skryf
LikeLiked by 1 person
Ooooo seegogga ek het so lekker fiets gery. Dit was ‘n heerlike toer. Van Gogh… wel ja laat ek liewer my mond hou. Moet sê die “dames” het hulself pragtig gedra 😂😂😂😂 Daardie wafels was hemels.
LikeLiked by 1 person
Bly jy het dit geniet. Met jou wilde streek moes ons net trap om by te bly!
LikeLike
Jammer ek het gelag toe jy val… dit is een van my swak punte. Gelukkig het jy nie seergekry nie. Jip, ek raak maar wild wanneer ‘n ryding ter sprake kom. Dit is perde uitgesluit…. daardie perderyery van Christa was “not my cup of tea,” alhoewel ek graag die prentjies sou wou sien. 😂😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Wel , ek het besef dat dit baie snaaks moes gelyk het! Toe lag ek maar saam.
LikeLiked by 1 person
Wil nog vir jou sê jou tekening is pragtig… jy is baie kunstig. Dis mooier as van Gogh s’n. Daardie skildery van diensmeisie is stunning!!! Sien ek het bietjie kunssmaak ook 😊
LikeLiked by 1 person
Mmm mooier as van Gogh???? Dankie Kameel!
LikeLiked by 1 person