
se streek/provinsie afspeel. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees.
Om jou blogHierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ñ virtuele toer deur Suid-Afrika gaan onderneem. Die gasblogger van die week moet op ñ Donderdag, op die datum wat toegewys is, ñ blog publiseer oor hulle tuisdorp/streek, asook ñ fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuisdorp.
Klik op hierdie skakel om die lys van deelnemende gasbloggers te sien, asook die datums waarop hulle blogposse gepubliseer gaan word.
Die 13 kuiergasbloggers vir die week (en hul lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ñ blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ñ eie ondervinding in daardie provinsie/streek/dorp, deel herinneringe of plaas fotos wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger pos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928
“Opstaan! kom, kom, kom!”
Ai, wat het ek dit met die Towerinne. Die klompie het tot laat gisteraand op die stoep van die Arniston hotel gesit en gesels ipv om vroeg te gaan slaap! En die see wag vir niemand nie!
“Onthou ‘n mens kan net met laagwater in die grot kom!” waarsku Toortsie.
Vanoggend gaan ons grot toe en ek kan nou nie help dat dit al kwart oor 8 laagwater is nie. Dis nog nie heeltemal spring nie, dan is dit mos atyd so tussen 9 en 10vm, maar nou moet mens vroeg wikkel.
Die Gautengers trek effe hartseer stilletto’s uit en hulle plakkies en tekkies aan. Sonell sit sommer in die bussie haar rooi lipstiffie aan , maar Hester lyk presies reg met haar kortbroekie en sonhoedjie.
Ons ry met die giggel-groen bus tot by Roman Beach.
Toe begin ons stap, duin op, en uiteindelik duin af tot onder by die see. Onder stap ‘n mens al om die kante van die rotse op platterige klippe, ons spring oor rotspoeletjies met krappies, , vissies en anemone en hermietkrappies in. Kameel glip eenkeer, maar voordat sy plat in die water gaan sit, het Una en Bondels haar beet, en hou haar weerskante vas. Versigtig stap hulle 3 so ingehaak verder, al om die krans totdat ons uiteindelik dit sien : Daar agter in een van die inhamme wat vol oranje en groen ronde klippe lê, is daar ‘n gaatjie.
“Is dit die grot?” vra Perdebytjie effe teleurgesteld.
“Nee, ons moet deur daardie opening daar agter klim”, sê Toorts.
Dit lyk maar so onmoontlik te klein, maar die dames klim almal handviervoet deur ( met ‘n paar kreune en steune) en voor hulle vou die wonder van die grot oop – die hoë uitgekalwerde dak, die gladde golwende rotse met die helder poeletjies, die hoop kleurvolle ronde klippe in die een hoek , die skemerlig,en die woeste branders wat saam met die son by die voorste opening instroom.
“Nee”, ons moet eers deur daardie opening kruip,” vertel Toortsie weer. Die towerinne klouter handerviervoet deur die gat – en voor ons vou die wonderwereld oop – die hoe uitgekalwerde dak, die geriffelde klipbodem met helder poeletjies, die skemerwereld met die woeste branders voor daar waar die son by die ander opening inskyn.
Dit is van hierdie grot af wat die dorpie sy naam gekry het. Vroeër was daar sand voor die grot en kon mens see-langs tot by die voorste opening loop. Die grot is so groot dat ‘n ossewa wa hier kon omdraai. Vandaar die naam: Waenhuiskrans.
In 1815 het die Engelse skip, die Arniston , op Waenhuiskrans gestrand. Dit was ‘n groot gebeurtenis en onder die baie gestorwenes het daar ook 4 seuntjies verdrink. Hulle ouers het vir hulle ‘n monumentjie ter nagedagtenis opgerig, en later het mense ook van die dorpie as Arniston begin praat. Daarom is dit jarelank al een van die min dorpe is die wereld wat 2 amptelike name het: Waenhuiskrans sowel as Arniston.
Toorts klim op die groot rots in die middel van die grot, die preekstoel. Toe haak sy af en sing dat die hele grot weergalm.
” I do like to be beside the seaside
I do like to be beside the sea….”
die ander dames val in en la- la lustig saam.
Ek moedig maar die dames aan om weer terug te klim deur die agterste gat, want ons het nog baie te doen, en boonop begin die see te stoot. Ons moet hier en daar oor voortjies spring en die branders spat ons lekker nat toe ons terug rondom die krans loop om weer by die sandduin uit te kom. Maar die gees is groot en Bondels , Positief , Sonell en Perdebytjie besluit om by Roman beach in te spring. Die water is deurskynend en warm en heerlik! Una dryf daar rond in haar pienk lilo; Kameel, Frannie en Toorts sit op die strand en smeer hulle met sonroom in; Lekkervurig is ernstig besig om op haar sel op te lees oor die stranding van die Arniston; Woordnoot is besig om ‘n gedig daaroor te skryf en Virgo C lê toe-oë in die son.
Ek self speel hier in die vlak watertjies rond toe dit my skielik tref : Waar is Hester? Ek kyk op die strand, die sandduin en die see. Hester is skoonveld weg.
Waaaar is Hester?


My man, dogter, en kleinkinders in die grot. Dit preekstoel kan net agter hulle gesien word. Dit is die groot hoe donker rots.

die pad na die grot toe


Oeeeee seegogga dit was puik. Gelukkig is ek ‘n oggend mens en kan sonder sukkel opstaan. Die see en grot was amazing. Die swem fantasties. Ek is dankbaar ons kon die stilettos chuck en trekkies down. Kaalvoet natuurlik die heel lekkerste maar nie op see rotse nie. Ag dankie vir hierdie heerlike bederf…
LikeLiked by 2 people
So bly jy geniet dit, bondeltjies!
LikeLiked by 1 person
Baaaaie lekker😘
LikeLike
Hester! Hester mag nie wegraak nie! Het ons haar in die grot vergeet? Seegogga en Toorts, dis julle geweste, wat maak ons, waar soek ons?
LikeLiked by 3 people
Ek is klaa4 besig om te soek!
LikeLike
Se waar, ek is daar!
LikeLiked by 1 person
Bel vir Pablo! Hy sal weet!
LikeLiked by 1 person
TOORTS! Ek al probeer bel – Hester self, Pablo, maar net toe ek begin bel , toe gebeur dit – loadshedding! geen selfoonontvangs nie!
LikeLiked by 2 people
Ai toggie! Ek het gesien sy het my post gelike, so sy moet iewers wees. Of die iemand anders wat haar foon het. 😱
LikeLiked by 1 person
As jy sê sy het nie in die grot agtergebly nie, dalk pluk sy suurvytjies of iets.
LikeLiked by 1 person
nee wat weet ‘n Nataller nou van Suurvytjies
LikeLiked by 1 person
Presies ja, maar sy kan vir ons ‘n klompie pluk terwyl sy tussen hulle ronddwaal.
LikeLike
Sy gan nie eers weet hoe dit lyk nie. Maar gaan kyk gor. Ek het vertel wat gebeur het. En nou is ek klaar. All yours!
LikeLiked by 1 person
Ons kuier nog heel week by jou. Ek het nou my rekenaar afgesit. Vlg week net laaste goed AFHANDEL.
LikeLike
Een vd dae vakansie!
LikeLike
Hoe heerlik! Kan nie wag vir die volgende episode nie – waaaar is Hester??
LikeLiked by 2 people
Ag dankie dat ek die kans kon kry om my nuwe pienk lilo uit te toets, Seegogga. Kan ek nie maar net hier bly nie dan kom haal julle my later…hierdie deurskynende water is my plek, so saam met die krappies en anemone.
Hester, sy is ‘see-wys’, ek dink nie sy sal kan wegraak nie. Daar is seewater in haar are, jong.
LikeLiked by 2 people
Ek stem , Hester sal nie net verdwyn nie, sy is besig met iets undercover en sal net nou terug wees en als sal sin maak. Sy is skerp..
LikeLiked by 2 people
Una hoe het ek dit met jou…as jy nie net op jou Zoomaway se dak wil sit en uitkyk met ‘n ietsie in die hand nie (dis soos ek jou nou die dag by Toweropstal gesien het) wil jy op jou lilo in die see lê. Ons het nog baie plekke om te sien vrou….kom nou uit die water. Jy is baie casual oor Hester…weet jy iets wat ons nie weet nie?
LikeLiked by 2 people
Ek ken vir Hester, sy volg haar eie kop as sy by die see kom. En ek wil nie uitklim nie, man.
LikeLiked by 3 people
As jy sien hoe waai die wind nou hier het jy baie vinnig uitgespring. Jy sal nog dink jy lilo by Waenhuis dan sit jy gevries by die Suidpool. 😁😁😁
LikeLiked by 1 person
O goeiste, ek klim dadeluk uit…
LikeLiked by 2 people
Oe Seegogga!! Jy het my dag gemaak. Die grot is wonderlik en daar het dadelik n idee vir n storie in my kop gespring…flippit…en daai helder seewater! Wie wil nou Mauritius toe as jy kanArniston toe gaan????? Maar WAAR IS HESTER???
LikeLiked by 2 people
Die water hier is turkoois en pragtig. Hester her verdwyn
LikeLike
O flippit….dis n ramp!! Het jy al die seereddings instituut laat weet?
LikeLiked by 1 person
ons het nie selfoonontvangs nie!
LikeLiked by 1 person
Seegogga! Ek us sooo bly jy het hieroor geskryf. Jy het dit so mooi gedoen. Dankie.
LikeLiked by 1 person
dankie Toortsie
LikeLike
Maar waar is Hester? Ek hoop regtig nie sy het agtergebly in die grot nie! Sy gaan verdrink as die see nou opstoot.
LikeLiked by 1 person
Ek glo nie sy is in die grot nie. Ek het seker gemaak ons is almal uit. Ek wil tog nie op my toer ‘n overlede towerin hê nie!
LikeLiked by 1 person
Asseblief tog nie!
LikeLiked by 1 person
Seegogga, jy moet baie meer skryf, jy skryf so mooi.
LikeLiked by 2 people
Damkie Toortsie. Ek begin nou weer lus word.
LikeLiked by 1 person
Dis sommer ekstra goeie nuus.
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan nie hoe Hester altyd opsoek is nie….hoekom bly sy nie by die trop nie? Het iemand ‘n vêrkyker byderhand…miskien swem sy diepwater….of sien iemand ‘n helikopter met ‘n sekere Pablo se naam op? Dankie Una en Bondels vir die krukke…julle weet mos hoe my kop draai. Seegogga dit was heerlik dankie!! Ek het gedog Toorts gaan begin preek toe sy op daardie rots klim 😇
LikeLiked by 3 people
Nogal ne! Gelukkig hou Toorts ook van sing en die grrot het n wonderlike akoestiek. Nee rerig! Hester gee my noy grys hare. Maar ek glo nie sy is mee4 in die grot nie. Ek verbeel my tog ek het haar sien uitklim deeur die gat. Ek was mos juis bekommerd dat iemand sal agterbly.
LikeLiked by 1 person
Ja, en waar IS Hester? Sal julle nie graag wil weet nie! Dit is pragtig daar Seegogga. Ek het as jongmeisie ‘n tydskrifverhaal (in die Rooi Rose dink ek) gelees van ‘n jong meisie wie se eerste liefde daar in die grot verdrink het met hoogwater. Dit het op die ou einde uitgekom dat hy nie regtig verdwyn het nie en eintlik ‘n skurk was wat haar ‘n rat voor oë gedraai het, maar dis nadat ek emmersvol trane oor hom gehuil het. Die bliksem!
LikeLiked by 6 people
Ja daar is erwns n taamlikw bekende atorie oir n meisie wat in die grot vasgekeer is. Die skrywer ontgaan my nou. Dalk weet Lekkervurog of Frannie?
LikeLiked by 1 person
Nee, ek ken ongelukkig nie die storie of die skrywer nie. Waenhuiskrans se grot was vir my ‘n wonderlike verrassing toe ek dit jare gelede vir die eerste en enigste keer beleef het, voordat jy ons nou weer die groot voorreg gegee het. Ai, hoe pak die heimweë my nou…
LikeLiked by 2 people
Hester gee my grys hare. Eers mask sy my ru wakker toe ek lekker op die bus lê en droom, en noy gaan staan sy en verdwyn!
LikeLiked by 2 people
Hester met jou geheue is daar niks verkeerd nie 😁😁😁😁 Om ‘n tydskrifstorie uit toeka te onthou….en nog die ou ‘n weerligstraat toe te wens wil gedoen word.!!!
LikeLiked by 6 people
Daar is sommige dinge wat ‘n groot indruk laat op ‘n mens se gemoed.
LikeLiked by 2 people
Jy praat groot waarheid daar. Èk het 57 classics op my kindle wat ek nou oorlees…en dit bekommer my dat ek net hier en daar iets van die storie onthou. Dis asof net sekere scenes vastrapplek in my brein gekry het.
LikeLiked by 2 people
Ek onthou gewoonlik die storie en die skrywer se naan, maar absoluut nooit die titel van die boek nie.
LikeLiked by 2 people
Hester, gaan jy nou wraggies nie se waar was jy nie. vir wat laat jy ons o worry? Nee man, eers is Toortsie soek en nou jy! Mens se hart sal dit nie hou nie……
LikeLiked by 3 people
Verskoning. Ek is nie weg nie. Julle DINK net dat ek weg is. Ek belowe ek sal môre verduidelik waar ons is. Ek. Ons. Nee, ek. In Blogland.
Ek het gister al ‘n blog voorberei om te verduidelik waar ek in die regte lewe is en het nie tyd gehad om dit te publiseer nie. Beurtkrag. Ek gaan hom gou uitgrawe en publiseer.
En môre sal ek ‘n groenbus-verduideliking gee. Promise.
LikeLiked by 2 people
Mmmmmmmm, daai ons ek ons ek klink suspisieus maar ek sal geduldig wag …solank jy oraait is
LikeLiked by 2 people
Moet net nie dink as jy suurvytjies pluk, ek gaan konfyt kook nie, hoor, selfs al is ek mal oor suurvykonfyt. Ek kan nie konfyt kook nie. Kon nog nooit.
LikeLiked by 3 people
Suurvye. Mmm, het dit iets te doene met perde… bolle? Nee, ek laaik ook nie daai konfyt nie.
LikeLiked by 1 person
Dis die lekkerste konfyt denkbaar. Lus kry ek nou!
LikeLiked by 1 person
o dit is heerlik Toorts.Ek sal kyk wat ek kan doen om vir ons in die hhande te kry.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
ek is ook lief vir die suurvytjies netso as hulle ryp is. Ek het ‘n lappie langs my voordeur. Kan nie wag dat hulle moet ryp raak nie.
LikeLiked by 1 person
Lekker
LikeLiked by 1 person
Eintlik ken ek dit goed. Die oumense het die droë vytjies geëet vir goeie opelyf en die sap van die blare is aangesmeer aan seerplekke. My ma het geglo jy moes die blare kou vir keelseer. Persoonlik het ek meer geloof in ‘n Disprin en Dettol gehad. Toe het dit wild in die veld gegroei – nou kry ons dit te koop in die groentewinkels.
LikeLiked by 2 people
Dit groei steeds wild in die veld. Mense kry pwrmitte om dit te gaan pluk.- nie die maklikste werk nie- dink aan die slange. Daarom dat dit duur is.
LikeLiked by 1 person
Dit groei hier by ons teen die duine ook en die mense plant dit aan teen die walle van die terrasse om te keer dat die grond uitkalwe. Hier oorkant die straat staan sommer ‘n lekker groot bos met sulke dik, vlesige blare. Goed vir bloublasies sê jy? Ek moet dit onthou – dis weer bloublasietyd hier by ons.
LikeLiked by 1 person
Ons glo ook aan die blare vir seer keel, bloublasie brande ens.
LikeLiked by 1 person
Maar daai wildes kom sekerlik steeds maar uit die veld uit. 😁
LikeLiked by 2 people
jy weet nog nie wat jy mis nie
LikeLiked by 2 people
😁 Eintlik weet ek! Ek het nounet vir Toortsie vertel dat ons suurvytjies gebruik het as medikasie. My ma het in die Kamiesberge grootgeword en sy het al die veldkosse en medisynes geken. Dis onder haar invloed wat ek so neig na waar die wêreld nog woes en onbewoon is.
LikeLiked by 1 person
Dis die wat jy so afdwaal! Jy het ons rerig laat stres!
LikeLiked by 1 person
Nou weet jy!
LikeLiked by 1 person
Lekkerste lekker, ek was nog nooit daar nie, sal beslis nou ‘n plan moet maak om in die grot te gaan sing. Hopelik klink ek beter met die akoestiek daar
LikeLiked by 2 people
Ek is net bly Hester is terug- maak oë toe vir rukkie en daar raak een weer weg…
LikeLiked by 1 person
Ek het gou ingevlieg op my Muskvuurpyl…. haloooo julle! Ai dit was n lieflike uitstappie na daardie grot! Ek was net bang my sterre sit vas daar in die nou gaatjie waar ons moes deur. Dankie vir die besondere heerlike dag, Seegogga.Jy het dit so goed geskryf. Wat Hester betref… daar is n komplot.
LikeLiked by 1 person
Bly jy het dit geniet, Bytjie!
LikeLike
Seegogga jy het my nou sommer weer lus gemaak om Arniston te gaan besoek. Jy het pragtig geskryf. Die grot was ń belewenis in werklike lewe en nou weer in die virtuele lewe.
LikeLiked by 1 person
Terug pieng: Skattejag in ‘n grot – Kameel se gebabbel