Lank gelede , toe renosters nog redelik vry en gelukkig kon lewe, het my man hierdie prent van ‘n renoster gemaak. Dit is ‘n volle vel hardbord, en is gemaak met bier en koeldrankdoppies.
Nou het hy weer so ‘n prent gemaak, hierdie keer met regte bottels. Daar is ongeveer 3100 bottels hier. En hierdie bottels is net so breekbaar soos ons arme pragtige renosters.


WOW!! Baie mooi!
LikeLike
Dit verg GEDULD!!! Hoe lank het dit hom gevat? Baie besonders 😉
LikeLike
Genugtig! Dis groot werk!
LikeLike
Dis baie mooi!
LikeLike
Sjoe! Julle is ‘n kreatiewe familie!!
LikeLike
bly julle hou daarvan. Dis ‘n bietjie anders as die gewone kunswerk, ne!
LikeLike
Dis anders voorwaar. Waar bêre julle dit?
LikeLike
Ons het ‘n sportspub met ‘n groot poolkamer. Diie mure is reg rondom toe met ‘n ry doppiesprente. Die doppiesrenoster is een van hulle. Dis hoog bo die grond en vertoon baie mooi daar, omdat die vertrek groot is en mens van ‘n afstand af kan kyk. Die bottelprent is onder op die grond “gebou”, maar weereens maak die grootte van die vertrek dat dit werk.
LikeLike