Hier ‘s ek weer met my rooi rok voor jul deur !
Air Turkey is….Turks! Alle aankondigings is in Turks en hulle Engelse aankondigings is ….Grieks. Die lugwaardinnetjies is pragtig, die kos absoluut heerlik en die beenspasie min.
In Amsterdam word ons ontmoet deur my dogter sowel as die tweeling, Ag moeder, hulle is pragtig en stroopsoet. Maar elke twee uur soek hulle hulle melkies en dis nogal ‘n mission om hulle gelukkig te hou. Ons besoek my skoonseun se werk- in die world trade centre in Schipol, en ek is bly om te verneem dat die nie so hoog is soos party waarvan ons geweet het nie.
Die middag durf ek en my man Amsterdam aan. Pragtige ou hoe skewe huisies, kanale, rooi malvas en fietse. Ons loop die boeremark wat Saterdae plaasvind, toevallig raak: Vars uitgedrukte vrugtesappe, vars plaasgroente, gerookte makriel en ander vis, tuisgemaakte kaas, HEERLIKE groot, warm varsgemaakte stroopwafels, klere, hoede en materiaal. Opvallend is dat sommige goed se pryse baie redelik is, selfs vir ‘n Suid-Afrikaner. ‘n Mens kan ‘n groot mooi effekleurige tafeldoek koop vir R 40. Die stroopwafel kos 1 euro. maar is SA sou hy ook so R10 gekos het ( of dalk meer?).
Opvallend ook is die baie kase. jong kaas, maar ook ou kaas word geadverteer, in verskillende kleure van liggeel tot donkerbruin. Een kaas is selfs ouer as 3 jaar, word gespog. Daar is ook gerasperde stukkies van die spesiale kaas waaraan mens kan peusel- hard en vir my nie lekker nie, maar die foto van die fondue pot langsaan laat my vermoed dat dit daarvoor gebruik kan word. Intussen speel die draaiorreltjie, daar is ‘n protesaksie teen iets by de Dam, en die Bijenkorf is vol van die pragtigste handsakke van volstruisleer uit SA.
Dis koud en ons beland in ‘n straatjie vol hasjisj winkels. Hier word die sade vekoop, daar die medisyne, en oral is prentjies van die groen blare en beeldjies van sulke ET-agtige mannetjies wat dagga rook. Jy soek nie hier na ‘n coffee shop as jy lus is vir koffie nie, want ‘n coffee shop is ‘n plek waar jy dwelms koop. Hier gaan jy liewer na een van die vele brownbars. Daar kry jy bier in pragtige glase, sommige amper soos reusagtige wynglase. In een so ‘n bar hang daar….’n geraamde springbokrugbytrui! Die onderskrif se dat die trui tydens die 1999 worldcup gebruik is. Blykbaar is die eienaar van die kroegie ‘n Suid-Afrikaner, maar die is nerens te sien nie. Tog, met so ‘n trui teen die muur, moet ons hom mos ondersteun!
Nou is ons darem al ‘n paar dagies hier en eet elke aand heerlike biltong! My kinders doen dit vir hulle mede-SA vriende: biltong, chilli-bites en boerewors: heerlik, en hulle kan nie voorbly nie. Maar wag, ek gaan nie verder babbel nie, nou is dit tweeling tyd en vannaand gaan ons kyk hoe lyk Walletjiestraat.


O, geniet die tweeling. Hulle is pragtig!
LikeLike
Ag, baie geluk hier uit die Suidste Kaap!!!
LikeLike
Dankie, Madele, dat ek jou nou moes “moderate”. ons mis jou in blogland.
LikeLike
ek is bly as julle die vakansie geniet…die 2ling is pragtig Annemarie….SEéN vir julle almal. Liefde uit Italia.
LikeLike
Dankie Rozanna! Jammer dit lyk of ons planne nie uitwerk nie, maar volgende keer is dit ITALIA
LikeLike
Die tweeling is pragtig.
Ek is mal oor die eerste foto.
Jy weet, in Rome maak jy soos die Romeine. Jy moet dalk ‘n zol gaan rook soos die Amperdammers. 😉
LikeLike
Ha- ha! Been there done that. Mens rook dit sommer verniet in die straat as jy verby die plekkies stap!
LikeLike
Ek ken ‘n baie intelligente, plat op die aarde persoon wat dit probeer het….. uhm…. was glo die slegste ervaring ooit!!
LikeLike
Geniet dit! (ek het daar ‘n kaas van oor die 20j gesien)
LikeLike
sjoe, mens moet baie honger wees om dit te eet! of dalk is dit soos balsamiese asyn- hoe ouer hoe beter?
LikeLike
Ag die tweeling is te pragtig!. Geniet hulle en Holland.
LikeLike
Geniet die tweeling en julle kuier in Holland.
LikeLike
Haha, geniet Walletjiesstraat! (Moet net nie ‘n serp aantrek nie; dit is té maklik vir hulle om die los ente te gryp en jou onbehoeds nader te trek.)
LikeLike
Geniet die tweeling!!!
LikeLike
Baie dankie, julle almal! dis vandag heerlik warm in Holland en ons gaan nou-nou braai-oa boerewors.
LikeLike
mooi fotos, ekker gelees.. jy kan ‘n suksesvolle reisjoernaalskrywer word… fotos en handgetekende illustrasies ingevoeg en sidaar.. Ouma Anna-Marie se nuwe loopbaan is gebore.
LikeLike
Dankie Ronelle, sou lekker wees, maar dan moet ek meer reis! As iemand my nou kan sponsor…..
LikeLike
Maar Anne-Marie, jy het dan vir my in detail verduidelik hoe mens moet maak om gesponser te word vir ‘n toer. Hoe lyk dit dan nou??? Probeer dit!!
LikeLike
My probl is ouderdom en guts. maar ek sal dink! help dink, dan gaan ons saam!
LikeLike