Vra is vry

O gaats, Ek is nog woes besig met my pay it forward speletjie ( Toortsie het so ‘n hoe standaard gestel dat ek nou skoon benoud is) , maar dit  lyk my ek is getag in ‘n nuwe speletjie en het dit nie eers agtergekom nie. Ek is darem bly iemand dink daaraan om my te tag. Ek begin al voel soos lid van die blogfamilie. Ek en moet se, ek waardeer julle almal se vriendelikheid en positiewe ingesteldheid.

Nouja, dis die”Vra is vry” speletjie.Vra my net wat jy wil-dis vry! En ek sal antwoord sover ek kan. Ek sal regtig hard probeer om nie onder ‘n klip weg te kruip nie en oop en bloot te antwoord.

Reg julle kan maar vra, maar voor julle doen, wil ek graag een ou vragie self vra: HOE TAG MENS IEMAND? Ek het al probeer, maar kry die nie reg nie.  Bietjie rekenaarrgestremd. Ek voel baie trots dat ek al kan blog en skype en facebook, maar ai, die tags en die downloads…..

Ek wil graag vir Netjane, Alleman, Schalkskryf en BB tag, as ek nou weet hoe…..

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

13 Responses to Vra is vry

  1. Weet nie wat het Toortsie met haar blograad gedoen nie. Seker weggereen. Om te tag of te weg hyperling of pingback. Highlight die woord in die post. Kliek die icon wat soos ‘n ketting skakel lyk. Daar gaan ‘n blokkie opkom waarin jy die link na ‘n ander blog / webwerf kan opsit. (Jy kan ook highlight en Ctrl + Alt + A druk om die link in te sit.)

  2. 1. Van al die bloggers wat jy al raak gelees het, wie sal jy die graagste wil ontmoet en hoekom?

    2. Praat jy met ‘n Kaapse aksent?

    3. Wie is jou gunsteling skrywer?

    4. Het daar ooit iets in jou skoolgee jare gebeur waaroor jy baie spyt is? Wat?

    5. Hoe verloop jou tipiese dag?

    6. As ‘n feetjie jou drie wense gee, wat sal jy wens?

    7. Speel jy enige facebook games?

    8. As jy enige iemand lewend of dood kan ontmoet, wie sal dit wees?

    9. Wat laat jou huil?

    10. Wanneer laas het jy iets gesteel en wat was dit?

    • seegogga sê:

      Sjoe, moeilike vrae!!!Ok, kom ons probeer. 1 Girl vd Suburbs- haar storie het tot my gespreek. Maar sy is nou weg, Toortsie ken ek, dus Olga en Xena – lyk my hulle is baaaiang slim!
      2 Nee, ek is mixed media- Kapenaar wat in Vrystaat grootgeword het en net so hier en daar ‘n Kaapse woord het soos bv. doemenie ipv dominee.
      3Eugene Marais, Herman Charles Bosman…
      4 Nee, nie wat ek kan dink nie,behalwe dat ek hopeloos was met dissipline.
      5. 5.40 opstaan( dis ‘n nuwe ding- dit was altyd eers half agt) Man werk toe kry, 9 vm see toe – huise skoonmaak( so 1-2x per week), , restourant toe om bestellings te doen, vanaf 1 nm raambesigheid, maar my helper doen deesdae byna alles, saans restourant, berge en berge wasgoed en so 2vm ‘n draai by ons nightspot. Tussenin boer ek voor rekenaar!
      6. Ek is bietjie Midasrig- soek geld! Gesonde kleinkinders, ‘n ontmoeting my nie beskore nie…..
      7 het ‘n rukkie vissies gevoer, maar dis maar vervelig,nou blog ek net en youtube.
      8 Ask no questions, hear no lies-maar dis nie iemand beroemd of wie julle sal ken nie..
      9 Ek huil selde. Liefde?
      10 O gats. ek steel nie! Miskien ‘n chocolate uit iemand se bakkie vol chocolates?

  3. O ja, watter man met wie jy nie getroud is nie, mag maar sy skoene onder jou bed kom parkeer?

    (Ek moet almal ‘n bloosvraag vra)

  4. Olga sê:

    Jy kan facebook en skype? Ek is beïndruk. Ek kry nie eers skype om te werk nie.

    1. As jy as jong student swanger geraak het, sou jy opgeskop het of aanhou studeer het?
    2. Het jou kinders familie name en watter kant van die familie se name is meer gebruik?
    3. Dra jy pantoffels as jy alleen tuis is?
    4. As jy ‘n kunsgebit moes hê, sou jy dit snags uithaal en in die glasie water los vir die
    nag?
    5. Watter geslag sou jy graag jou eerste kleinkind WIL hê?
    6. Wat verkies jy grondboontjies of skyfies?
    7. Wat is jou gunsteling koekies, tert of koek?
    8. Is jy ‘n mense mens?
    9. Drink jy koffie of tee met of sonder melk?
    10. Verkies jy hond of kat as troeteldier?

    • seegogga sê:

      1. Moeilik- in my jong dae was dit erg. Ek sou dalk deur UNISA verder geswot het? Of dalk aangebly het?
      2 een naam per kind,maar met ‘n familiekonnotasie, meer aan die ma se kant.
      3 JA!!! My egte skaapwolpantoffels- kan nie sonder hulle nie. Ek beveel dit sterk aan- dis ‘n belegging! Ek verkoop dit ook want my vriendin het die panttoffelfabriek
      4.Nee, ek hoop nie ek kry ooit nie
      5Dogtertjie, maar ek kry 2ling seuntjies, as alles goed gaan.
      6. chocolates
      7 chocolates
      8????? Baie lief vir mense , maar geniet dit baie om alleen te wees en my eie ding te doen ook
      9 Koffie, tee,met, sonder, ek is nie partikuler nie- solank dit nie te bitter is nie
      10 Kat

    • seegogga sê:

      Vra ekspert om jou te help om skype reg te download. Dan kies jy vir jou ‘n skype naam, verkieslik een wat jou vriende maklik sal herken as hulle jou wil opspoor. bv jou regte naam en dorp. Goed. s jy geregistreer is, soek jy iemand wat skype het en vra hulle skype adres. Dan gaan klik jy op contacts, en dan add a contact, en tik hulle skypenaam in en enige ander inligting wat jy van hulle het. Skype stuur dan vir hulle ‘n v raag om te vra of hulle jou wil he as skype vriend. As hulle ja se, kan julle skype. Dis die maklikste ding as jy eers jou skype adresse het. Hulle nama staan links en ‘n merkie langs die naam wys of hulle aanlyn is. Dan klik jy net op die naam en jy bel- met of sonder video. Dis heerlik en gratis. Jy kan ook eoro’s oplaai en landlyne goedkoop bel, bv oorsee. Jy kan ook vir hulle ‘n boodskappie tik. As jy iemand soek wat jy mee kontak verloor het, bv ou skoolpel, gaan jy by search contacts, tik sy naam in, en moontlik land waar jy vermoed hy is( of stad- as jy het) en hulle gee lys van almal met daardie naam. Dan kies jy wie jy dink, en stuur boodskap, en kyk of hulle jou accept. EASY-PEASY.

      • Olga sê:

        Dankie, ek dink dit is die beste. My noolste Nolie kom die naweek gou ogies wys. Ek sal maar wag dat hy dit vir my uitsorteer.

  5. alleman sê:

    Dankie vir die gedagte, maar ek is baie sku vir die soort ding!
    Ek wil alreeds miskien een van die dae ‘n paar meer persoonlike goed skryf as wat ek tot dusver gedoen het, so sal maar nie nog meer ambisieus wees as wat ek in gedagte gehad het nie.

Laat 'n boodskap na toortsie Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s