Oh! My word! Computertaal!

Blogs, gravatars , avatars, accounts, URL’s, links, hyperlinks, shortlink, pingbacks, trackbacks, buttons, cookies, tools, upgrades, uploads, downloads, drafts, usernames, passwords, tags, tabs, import, burn, rip, sync, widgets, settings, html, malware, software, default, skype, bytes, gigs, profiles. log on, restart, reboot, hybernate…..

Nee kyk, ek’t gedog ek kan Engels praat, maar nouja, ons weet almal wat gedog gemaak het, ne. Ek voel illiterate, alienated , en rekenaar gestrem.

Nou is hierdie BLOG  WEBBLAD(?) in Afrikaans en Engels om alles verder te konfoes, of is dit nou konvoes? Ek doen net soos Toortsie en almal se , en het al klomp keer my GRAVATAR gekies en ge-UPLOAD en wat ookal, maar langs my naam staan steeds ‘n groen blokkie ipv my rooi krappie, en by COMMENTS is ‘n snaakse prentjie wat ek beslis nooit gekies het nie. Om te BLOG issie vir sissies ni!

Maar wag, netnou raak my GIGS op , ek dink ek moet nou liewer af-LOG. Netnou kry ek dalk ‘n VIRUS. Of ‘n WURM! Kry juis deesdae pal ‘n ERROR MESSAGE en my MUIS willie meer reg werk nie… ( Ekskuus? Wat het ek nou gesê?)

Gaan nou maar in my bed HYBERNATE…..

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in die tale wat ons praat. Bookmark the permalink.

10 Responses to Oh! My word! Computertaal!

  1. Gogga's avatar Gogga sê:

    Dit vat so rukkie om aan gewoond te raak en soos met alle nuwe tale vat dit jare se oefen om dit vlot te praat.
    Solank jy kan inlog srkyf en uitlog sla die ander woorde en gebare later sommer natuurlik inkruip.
    Ek doen dit nou eers vir ‘n jaar en ek het nogsteeds nie al die lingo geleer nie, die wat ek wel geleer het was omdat ek moes.
    Dit is harde werk maar lekker as jy die dag jou eerste “link” insit en hy werk

    Like

  2. seegogga's avatar seegogga sê:

    Oh, my word, dis nou die 3de keer dat ek REPLY, Gogga. Ek weet nie waar in die KUBERRUIM dit heen verdwyn het nie, maar dankie vir jou bemoedigende woorde! Ek sien ons het amper dieselfde blognaam! Welkom op my SITE, DOMAIN of BLOG. (Kies asb self die regte een).

    Like

  3. olga's avatar olga sê:

    eisj, hoe meer dae, hoe meer dinge. Gelukkig leer ons soos ons aangaan.

    Like

  4. My innige simpatie! Gelukkig is ek getroud met iemand wat in die IT omgewing werk. Anders, het ek al lankal frisbee met my laptop gespeel!

    Like

    • seegogga's avatar seegogga sê:

      Ja, Stefanie, ek sien jou blog lyk erg professioneel en baie mooi! Maar ek dink ek moet iemand na hierdie errormessage laat kyk. Ek dink dis die slang in die gras, of die wurm in die koring of die d..

      Like

  5. Olga's avatar Olga sê:

    D is darem nie vir Olga nie.

    Like

  6. seegogga's avatar seegogga sê:

    Nee!!!! Maar ek wou nie skryf waarvoor dit is ni.

    Like

  7. Toortsie's avatar toortsie sê:

    Jo!!! Seegogga!!!???? Ek het nie eers GEWEET daar is so baie vreemde rekenaarname nie!! Sien, ek doen gewoonlik lank voor ek dink, en so gebeur dinge sommer net… Lyk my ek sal vir ‘n taalles moet kom…

    Like

  8. Toortsie's avatar toortsie sê:

    En o ja, jy skryf FANTASTIES!! Hou so aan… lekker om te lees

    Like

  9. seegogga's avatar seegogga sê:

    Sjoe! Dankie vir die kompliment, Toortsie! Jou mooi blogs was my inspirasie om ook te begin. Ek moet se, dis erg verslawend.

    Like

Lewer kommentaar