In my wildste drome het ek dit nooit kon dink nie: Dat ek eendag op Rebusfontein sal woon nie.
“Maaar woon jy dan nie meer op Bredasdorp nie?”
Natuurlik woon ek nog hier – en sommer op Struisbaai ook. Ek woeker hier en ek werk. Ek jaag rond van bakboord na stuurboord. Ek moet kos maak en veral tonne en tonne wasgoed was. Ek moet bel en reëlings tref en organise, en veral geld betaal – baie baie: huishulpe, munisipaliteit, karre, huise, petrol, instandhouding, kos, goeters.
Maar ek woon ook op Rebusfontein. Hier sit ek op my pragtige stoepie en kyk na die oorvloed lieflike blommetjies , met ‘n glasie Frangelico en ‘n pragtige bordjie met Toortsie se tiramiso. Ek drink tee uit blommetjieskoppies en eet Lorenzo se heerlike soetkoekies. Ek lag en gesels en gooi wye verbeeldingsdraaie met my bure.
My Rebusfontein bure is almal pragtig en dierbaar, en ek moet bieg ook die snaakste klompie vriendinne bymekaar. Ons lag ons gereeld slap vir mekaar se manewales. Soms kry ons bevliegings en gaan kruip in grotte en tonnels rond en los moordraaisels op. Soms spring ons op ‘n giggelgroen bus en toer die land vol. Ons het eenkeer amper in ‘n sirkus deelgeneem, en ek praat nou nie eers van daardie perfekte misdaad wat ons so ‘n ruk gelede gepleeg het en hoe ons die polisie ontduik het nie. Dis juis agv daardie skreeusnaakse avontuur dat dat ons die Towerinne genoem word. Nee, ons toor nie, maar ons het mos Towerkop se raaisels opgelos – dus Towerinne.
Ag, en as julle nou dink ek het die kluts heeltemal kwytgeraak – elke liewe woord is waar. Regtig! Sowaar as padda manel dra! Ons het daai goud en diamante gekry en in tannie Frannie se broodjie versteek, en ek dink oom Paul was nogal bly dat sy miljoene uiteindelik gevind is. Daarna hét ons gaan toer, op pad vir die pragtige Lorenzo raakgeloop (ag en ook die nuuskierige minder-pragtige Broodina), en uiteindelik hier op Rebusfontein nesgeskop. Ons het al ‘n dinee gehad vir ‘n paar baie spesiale en beroemde mense ( sien onder) en selfs internasionale aandag daarmee getrek.
Lees gerus hier oor ons dinee en ook oor Rebusfontein en sy spesiale inwoners:
https://sevencircumstances.com/2019/09/29/what-is-it-about-rebusfontein-and-the-king-louis-viii/
Ons het ook hard geoefen aan ons sirkusdansie, pragtige woordsnoere gemaak en uiteindelik Eden se biblioteek se geheim opgelos – altans ek dink so. Ons sit nog lekker en gesels daaroor.
Maar die lewe gaan aan, en een van die dae is die Novemberskryf’nroman verby en dan lê Kersfees mos voor – en ook waarskynlik ons volgende avontuur, want op Rebusfontein is dit nooit te lank stil nie . Die koek, tee en frangelico is lekker, maar as jy weer sien, kom die volgende avontuur hier aangehuppel.
En wat kan ons doen?
Ons lag!
En ons gryp daardie nuwe avontuur en dans met hom, al die pad die toekoms in.

towerin huisie
Om nog rebosinskrywings, asook ander Rebossers se vertelling oor ons wonderlike dorpie te lees, klik hier:
https://fresh.inlinkz.com/party/942da9e9f0524c6b982439c66cceced1?visitor3

Oe mooi, verlang nou na huisie nommer 17, moet oppak en gaan kuier.
LikeLiked by 1 person
Ons wag vir jou, Christa! Een van die dae is jy weer hier!
LikeLiked by 1 person
En dan gaan my man my moet vasketting om terug te kom. Ek dink ek kry te koud.
LikeLiked by 1 person
sjoe! hy gaan maar sukkel. Dis heerlik warm – net reg, hier op Rhebus.
LikeLiked by 1 person
Hy gaan hoor!
LikeLiked by 1 person
Seegoggie, ek verlang nou so na Rebusfontein se rustigheid ek gaan opslag my tas pak en soontoe gaan. Sien jou daar!
LikeLike
Goed so. Ek sal my spesiale glasies vir jou en Christa reghou. En vir Lorenzo vra om weer vir ons van sy heerlike croisants te bak. Toortsie se tiramisu is reeds reg vir julle.
LikeLike
Yahooooooooo, ek laai gou die kar. Sien nou nou
LikeLiked by 1 person
!❤
LikeLike
Ek skink solank.
LikeLike
Jy gee my sommer moed vir ‘n baie moeilike Woensdag met jou puik opsomming van ons avonture! As die werklike lewe mens in sy kloue gryp en skud, kan mens altyd Rebusfontein toe vlug… Ek is so bly dat ek jou in lewende lywe kon ontmoet – daardie dag aan die suidpunt van Afrika was wonderlik ❤
LikeLiked by 1 person
En ek vir jou Frannie. Ek lag noudiedag lekker toe jou vriendin sommer deel van die storie word sonder dat sy dit so beplan het! Het jy haar ingelig?
LikeLiked by 1 person
Jongie, nou het jy my heeltemal aan die raai, want ek kan glad nie die storie onthou nie – sou ek te veel frangelico verorber het?
LikeLike
lyk my so! Jou vriendin by die argiewe het ons mos ongelooflik baie gehelp om die biblioteek se raaisels op te los. En sy sit ewe sedig hier op Bredasdorp en weet dit dalk nie eers nie! Veral nie as die Franjeliko kop toe gegaan het nie!
LikeLiked by 1 person
Oooojaaa, nou onthou ek…Nee, ek het haar nie vertel nie! Jy weet mos self die Towerinne is moeilik om te verduidelik…
LikeLiked by 1 person
Psst, my glasie frangelico is leeg, Skink nog so druppel Seegogga. 🧚♀️🧚♂️😉
LikeLiked by 1 person
Hierso, Vuurvliegie. geniet dit. Weet jy, dis so snaaks. Die voorraad raak nooit op nie!
LikeLike
Dis Rebusfontein vir jou😉
LikeLiked by 1 person
Netso!
LikeLike
Ou liefste Seegogga, jy skryf so lekker en ja, ek kan alles beaam wat jy geskryf het. Dit is alles waar. Heeltemal waar. En ons tweetjies is mos darem regtig nie in ons dorp bekend as mense wat jok nie, of hoe?
Solank jy nou lekker rus daar in Rhebusfontein, kan jy mos iets uitdink wat ons in die nuwe jaar kan doen. ‘n Lekker Towerinavontuur. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek dink, Toorrs, Ek dink! En nee, ons jok mos nie, ons verbeel en ons speel en ons skryf, maar jok? Nooit!
LikeLiked by 1 person
Mal oor jou!
LikeLiked by 1 person
en ek oor jou!
LikeLiked by 1 person
O Seegogga…..ek is oppad. Ek bring n Frangelico saam.Ek het daai rusplek nodiger as wat die aarde reën nodig het……
LikeLiked by 1 person
O, Woordnoot, Lorenzo hhet jou tuin so mooi versorg. Dis net blommetjies waar jy kyk! Ons wag vir jouu hier op my stoepie.
LikeLike
Lyk my ons almal verlang na Rebusfontein. Vir Woordnoot gesê ek ry saam. Ek verlang na my kat, na Lorenzo…. wil hom ‘n stywe druk gaan gee. Haal asem, hy voel vir my soos een van my seuns. Wil saam met die Towerinne sit en lag.
LikeLiked by 1 person
Lag is sulke goeie terapie! Maar ek is tog bekommerd- wie het nou weer saamet Lorenzo de fun in de sun gehad?
LikeLiked by 1 person
Camilla Seegogga…. Camilla!!!
LikeLiked by 1 person
Mmmmm , ja Kameel!
LikeLiked by 1 person
Ek het lankal moed opgegee met haar… so wat sy aanvang is haar saak. Hoe minder ek weet hoe beter. 😗
LikeLiked by 1 person
Camilla is jonk en weet baie goed hoe om die gawes wat sy gekry get, te gebruik. Maar sy het n goeie hart en dit is wat tel. Wat sou ons tog sonder haar gedoen het met die storie oor die mijoene?
LikeLiked by 2 people
Jip ek stem, Camilla wat so dan en wan uit haar kassie klim sit ‘n huppel in die stap 😁😁😁
LikeLiked by 1 person
Camilla is my gunsteling karakter. Sy versinnebeeld ons versugting na jonkheid, skoonheid en rebelsheid…lank lewe Camilla!
LikeLiked by 3 people
Camilla sal baie bly wees om dit te hoor… dankie Perdebytjie!!!
LikeLiked by 2 people
sowaar! Eintlik bewonder ons haar almal!
LikeLiked by 1 person
ja!
LikeLiked by 1 person
Si wat ‘n lekker beskrywing gee jy van ons denkbeeldige wêreld! Knap gedaan en gee aan daardie koekies en Frangelico.
LikeLiked by 1 person
hier is dit – oorgenoeg vir ‘n lekker geselssesie!
LikeLiked by 1 person
Ek glimlag nou sommer weer breed. Soms vergeet ek dat Rebusfontein net so ‘n hanetreetjie van enige Towerin af is. Pak jou tas, draai in die rondte en jy’s daar.
LikeLiked by 3 people
Dis wat so wonderlik van Rhebusfontein is, Hester! En om te dink jy het al ons avonture begin!
LikeLiked by 1 person
Gits, ek dink dit was ‘n gesamentlike poging, maar kan sowaar nie onthou wie het die misdaad voorgestel nie. Ons het toe al mekaar se karakters goed opgesom 😁
LikeLiked by 1 person
Hestertjie, ek het eintlik bedoel jy is die persoon wat die’ lê jou eier’- links begin het en ons op die pad gesit het wat ons nou volg, van een avontuur na die volgende.
LikeLiked by 1 person
Jinne en dis ook al ‘n hele rukkie nè?
LikeLiked by 1 person
Ja en daar het soveel gebeur! Nou het ons al glads ons eie dorp!
LikeLiked by 1 person
😎
LikeLike
Mooi saamgevat Seegogga, so loop ons saam met jou op towerinspore en sonder dat ons wou, word ons glimlagte breed en word daar sommer van welbehae gesug. Ek bring rooiwyn saam Rebusfontein roep.
LikeLiked by 1 person
‘n Buwtjie rooiwyn sal heerlik wees Trommeltjies. Ek het oom tjoklits hier om saam te eet.
LikeLike