Die tale wat ons praat: Touch screen taal.

Nie lank nadat almal gewoond geraak het aan sms-taal nie, verskyn daar toe ‘n nuwe ding: touchscreentaal!

Skielik moet jy met jou grote duim nie knoppies afdruk nie, nee. Jy raak net aan die lettertjie en hy verskyn daar. Jy weet nie eers jy het hom geraak nie. Ewe onskuldig dink jy jy het die regte enetjie langsaan geraak. En jy druk “send”

En dan kry jou vriende sulke griekse boodskappe. Of ongesensorde…

Bv. Ek soen jou mire nadat ek by die piskantoor was. My liewe digter, donder jou os rk verliee. Jy mask my hart vok.

Of, nadat jy n halfuur gesukkel het (en dieselfde verkeerde letter 3× agter mekaar verkeerd getik het), kry jy dalk die regte boodskap uit:

Ek sien jou more nadat ek by die poskantoor was. My liewe dogter, sonder jou is ek verlore. Jy maak my hart vol.

Edit, edit, edit! I rest my case.

Liewe leser, Het jy dalk interessante voorbeelde van touchcreentaal? Laat waai en plaas dit asb hieronder sodat ons saam met jou kan lag.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in die tale wat ons praat, Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

16 Responses to Die tale wat ons praat: Touch screen taal.

  1. Ek het al soveel keer lekker gelag as ek sulke boodskappe kry. Dit maak my dag.

  2. appeltjie sê:

    🤣🤣ek check nitmaslweg 3 keer voir ek send en gebruik die iuto herstel vir editing

    Ek check normaalweg 3 keer voor ek send en gebruik die outo herstel vir editing

  3. Toortsie sê:

    Jy laat my tog te lekker lag. 😁😘

  4. Una sê:

    Seegogga, ek het so ń ding teen basiese spelfoute, dis nou vir myself, dat ek altyd 3x oorlees voor ek ‘send,’ en ook dubbel seker maak ek stuur na die regte persoon. Daardie een is eerder my probleem. Maar soos jy sien, ons geniet ieder en elk jou vingerfoutjies. Jy kikker gereeld my dag op.

  5. woordnoot sê:

    Hou aan tik…..jy laat my glimlag. en hierdie post het my aan die skater!!

  6. VirgoC sê:

    Mense het ek nou lekker gelag. Yoh gebeur baie met my, en om verkeerde boodskappe te stuur vir iemand… Maar dis daai kere wat jy fout sien na jy stuur, dan reg spel- wat weer verkeerd is en stuur, herhaal, herhaal en vlg woord is #$&©®€¥√ van my af

  7. Terug pieng: Die deur – my beurt – toortsie.com

Laat 'n boodskap na seegogga Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s