KASTEELSTORIE

Una het dit begin, en toe het Woordnoot met haar kers-verjaardagpartytjie vir ons elkeen ‘n pakkie in die hand gegee en ons saamgenooi na ‘n Learjet wat saggies op Rebusfontein kom land het en ons voor hierdie lieflike kasteel kom neersit het. In ons pakkies was daar vir elkeen ‘n sleutel …

Volg die verhaal HIER waar jy elkeen se skrywes sal vind:

Inlinkz skakel: https://fresh.inlinkz.com/party/6640e82546594147b4ef78a3de36e871

Seegogga klim effens deur die blare van die leerjet af. Sy het die hele vlug lank heerlik geslaap.  Voor haar is ‘n groot kasteel.

In haar hande hou sy ‘n klein,  klein sleuteltjie vas.  Sy sien hoe Appeltjie  in die kasteel  in verdwyn en weet sy moet ook daarheen gaan.

Dis ‘n pragtige kasteel. Seegogga verwonder haar aan die ou-wêreld se prag en praal; die hoë plafonne; die vergulde rame om die reuse skilderye en die lieflike kandelare. Dit is koninklik!

Seegogga probeer ‘n deur oopmaak, maar dit is gesluit. Sy kyk na die vergulde deurknoppe en sleutelgate. Hierdie klein ou sleuteltjie sal in nie een van hulle inpas nie.

Op en af loop Seegogga in die gange op soek na ‘n oop vertrek, of dalk iemand. Die volgende oomblik haak haar voet aan iets vas en sy skuif op haar maag oor die blink houtvloer. Sy kyk om en sien dat sy oor ‘n swaar goue kosbakkie geval het. ‘n Groot langhaar grys kat kyk haar afkeurend aan.

Seegogga wil net opspring toe sy die klein gaatjie in die vloer sien – ‘n baie klein sleutelgaatjie. ‘n Geheime valdeur! ‘n Mens kan skaars die buitelyne van die deurtjie sien. Sy druk die sleutel in die gaatjie – dit pas! Die valdeur skuif geluidloop oop.

Sy stap die dofverligte trappies na onder. Onder is ‘n groot vertrek. Teen die een muur is veskeie kartonhouers opmekaar gestapel. ‘n Outydse skryftafeltjie staan teen die ander muur. Met moeite kry sy die ou olielampie aangesteek met die tonteldoos wat langs hom lê. Alles is met ‘n dik laag stof bedek.Dis duidelik dat hier baie lanklaas iemand was. Die laaie van die skryftafel is leeg, behalwe vir ‘n paar leë vergeelde bladsye, ‘n veerpen en ‘n botteltjjie verdroogde ink.

In die lamplig sien sy nou ook ’n ou leunstoel en ‘n Chaise bank, albei met donkerrooi fluweel oorgetrek. Tussen hulle lê ‘n klein persies matjie. Dis duidelik dat hierdie kelder vir meer as net stoorplek gebruik is.

In die een hoek staan ‘n outydse swart skeepkis. Die kis trek Seegogga soos ‘n magneet. Dit maak maklik oop. Binne-in is die pragtigste  klere in lae sneespapier verpak. ‘n Lieflike lang egte sy aandrok met ‘n perlemoenskynsel, ‘n outydse korset, ‘n paar roomkleurige satynskoentjies met strikkies op, en ‘n swierige skilpaddop haarkam. Verder is daar ‘n pêrel aandsakkie en ‘n ragfyn mantel, alles te pragtig. Seegogga lig die lieflike aandrok op en hou dit voor haar  en swaai rond. Die flair romp fladder verleidelik en pragtig.– dit lyk sowaar of die rok vir haar sal pas.

Dis toe sy die klere weer mooi terugpak, dat sy onder is die hoek van die kis die pakkie briewe sien, mooi saamgebind met ‘n blink lint.

Versigtig vou sy die boonste brief  oop. “…. My trane ken geen perke nie. My pragtige blondekop babatjie…..” Seegogga sukkel om die vebleikte skrif in die dowwe lamplig te ontsyfer.

Sy sit die briewe in die perelhandsakkie. Sy sal dit saamneem en later een vir een lees. Miskien kan die Goue Vroue haar daarmee help.

Die agterste deel van die vertrek is redelik leeg, maar naby die dak is ‘n klein langwerpige venstertjie, wat die donker skemer verklaar. Seegogga skuif ‘n boks nader en klim op hom om by die venstertjie te kan uitkyk.

Sy sien ‘n stukkie tuin met bome, en ook die ander vleuel van die kasteel met die grag wat al om die mure kartel. Deur die kasteel venster sien sy ‘n bruid met ‘n paar naaldwerksters wat om haar kloek. Meteens jaag daar ‘n jetski met ‘n figuur in rooi geklee op die grag om die hoek van die kasteel, en vedwyn weer net so vining soos hy gekom het. Seegogga skud haar kop. Die figuur het verdag baie na Christa gelyk – maar sou sy sowaar ‘n jetski kan ry?

Toe sien sy weer deursigtige miniatuur figuurtjies voor die venster verby fladder en sy hoor hulle saggies lag en giggel. Het sy haar verbeel? Maar nee! Enetjie fladder terug na die venster toe en die volgende oomblik is sy by Seegoogg en vlieg al om haar kom en giggle vrolik en vespot en woeps!  Weg is sy!

Seegogga lag vrolik. Dit was so snaaks! Sy kry ‘n warm gevoel om haar hart.  Die lewe is darem ‘n wonderlike avontuur. Tog – hoe het die dingetjie deur die glas gekom? Droom sy dalk steeds?

Toe hoor sy trompetgeskal en vrolike musiek. Heel voor loop ‘n man met ‘n mantel en ‘n kroon… dit moet die koning wees! Net agter hom loop ‘n paar Goue Vroue: Toortsie met die pragtigste koningbou aandrok wals –wals met die paadjie af. Langs haar is Frannie met die mooiste groen aandrok. Daar is nog ‘n paar towerinne en die een lyk mooier as die ander. Heel agter stap nog ‘n mooie dame met ‘n dokterstassie. Hulle is duidelik op pad na ‘n vrolike geleenthied.

“Dit gaan ek nie mis nie!’ dink Seegogga. Sy gooi gou die perlemoenrok oor haar kop. Dis so lig dat dit voel of sy met die rok kan wegvlieg, Die materiaal lewe en lig met die geringste beweging. Seegogga  sit die kam in haar hare en pluk die satynskoentjies aan haar voete. Sy is terug in die vorige eeu. Met die perelhandsakkie onder haar arm, vlieg sy die trappies op.  Sy storm deur die valdeurtjie en loop byna vas in Appeltjie en ‘n vreemde wasige wese.

Aalsie kan verder vertel.      

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in feeverhale en ander stories, goue vroue and tagged , . Bookmark the permalink.

17 Responses to KASTEELSTORIE

  1. appeltjie sê:

    Seegogga, jy is so oulik. Die drade mooi verder geneem. Ek dink ons kasteelstorie gaan nog n hele ruk neem om kkaar te kom.

    • seegogga sê:

      Ek voel eintlik ek het nue eintlik veel virentoe gegaan nie. Maar ek sien hier is n tyd verskuiwing, n treurige geskiedenis, blydskap, politieke onrus, liefde en d towerinne sal hulle koppe moet gebruik!

  2. Ek stem saam, pragtig geskryf en vertel. Jy lyk asemrowend.

  3. Toortsie sê:

    O dit was pragtig en jy lyk pragtig! Ek sal darem nog van daardie vreemde wesentjies wil hoor. en jy het nou iets gefluister van die babatjie …

  4. Wonder oor die babatjie? Hou dit dalk verband met die baba grafte wat ek ontdek het? Seegogga jy lyk asemrowend. Daardie briewe….

  5. woordnoot sê:

    Jy lyk soos ‘n bruid……pragtig Seegogga!

  6. Letty-Ann sê:

    Seegogga, dit word beslis ‘n intellektuele uitdaging!

  7. VirgoC sê:

    Stunning Seegogga, wonderlik geskryf!

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s