Wat as….

Wat as…. dis ‘n vraag wat ons almal seker dikwels in ons gedagtes vra.

Wat as ek nie in 1979 vir ‘n jaar Stellenbosch toe gegaan het nie? Hoeveel anders sou my lewe sy draaie geloop het? Sou ek ooit getrou het?

Wat as ek net 2 meter verder die bok getref het? Daar was ‘n diep sloot. Ek sou sekerlik nie hier kon sit en tik nie.

Wat as ek nooit toevallig by Madele gehoor het van blog nie? Ek sou soveel gemis het! Ek sou nie deel van die towerinne gewees het nie!

Wat as ek nooit die eerste episode van Corounamouna geskryf het nie? Of as ek dit anders geskryf het? Dan sou die fyngevoeliges dalk nie onveilig in Rebusfontein gevoel het nie.

Wat as daar nie n damesgroep op whatsup was nie? Dan was daar nie hegte vriendskappe oor groot afstande geskep nie. En ook nie gevegte nie.

Wat as die wat wou uit Rebusfontein of die groep uit, net uitgegaan het sonder om dit vir die res ook te wou vernietig? Dan was daar nou geen dramas nie, geen kwade gevoelens nie en almal het gelukkig aangegaan met waar hulle graag wil wees.

Wat as almal maar net gelate aanvaar het dat die een plek waar hulle baie gelukkig was in die kuberruim sommer net verdwyn? Dan was dit die einde van ‘n mooi droom.

So kan ‘n mens aangaan en aangaan. Sommige dinge voel jy, is jou skuld. Sommige dinge is jy dankbaar oor. Sommige dinge voel jy was verkeerd, maar nie jou skuld nie.

Die probleem is, “was as…” is die terugkyk na ‘n verlede waaraan jy niks kan doen nie. Dis goed dat daar dinge in jou “wat as”-se is waaroor jy dankbaar kan voel. Daar is ook dit was jy so graag ander sou wens, maar wat dalk ook nie sou uitwerk soos jy jou verbeel nie, want niemand kan ooit rerig weet hoe iets rerig sou gebeur as dit nie gebeur het nie.

Die ding is, op ‘n stadium moet ‘n mens ophou “wat as…. ” en na die verlede kyk, maar liewer vorentoe kyk. Daar kan jy natuurlik ook in die toekoms in kyk en beplan: Wat as ek sooo maak? En so? En so? Watter een is die beste? Wat is die voordele? Wat is die nadele? Wat sal die effek op jou naaste wees?

Wat as ons begin erken dat ons almal onvolmaakte mense met goeie punte sowel as foute is? Wat as ons ophou vinger wys en fout vind met ander mense? Wat laat jou dink dat jy beter is , meer intelligent is en verhewe bo ander is? Wie gee jou die reg om neerhalend van hulle te praat? Wie gee jou hoegenaamd die reg om oor ander te oordeel?

Wat as elkeen van ons liewer probeer om die beste wees wat ons kan , so positief wees as wat ons kan ? Wat as jy ander mense ook hulle plekkie in die son gun?

Want ons is almal verskillend, met verskillende talente, geaardhede en geite. Maar almal op aarde is deur God geskape.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd and tagged , . Bookmark the permalink.

24 Responses to Wat as….

  1. Watter pragtige foto! Jy laat my diep dink…

  2. seegogga sê:

    Ek moes self hier diep dink oor my eie sondes

  3. Una sê:

    Wyse woorde op ń opbouende manier gestel, Seegogga. Ek het sopas iets by ń ander blogger gelees wat my hart warmer laat klop het. Hy sê om gewild te wees op sosiale media is soos om aan die cool tafel te sit in ń gestig. Want jy het nie verhoudings met die mense nie, net hulle likes. Ons klompie hier op blogland het diep verhoudings ontwikkel, en vir die toekoms sal dit ons sterker maak en meer ingestel maak op wat ons skryf. Ons tafel gààn die cool tafel in die onthaalsaal wees.

  4. Seegogga, jy gaan sowaar dink ek het jou nageaap as jy myne lees wat gisteraand vir 12 uur vandag gestel is om gepubliseer te word. Ek kan net sē dat jy dit mooi saamvat, opbouend soos Una skryf, en ek is dankbaar om deel van die Goue Vroue te wees. Daar waar ons onder ons regte name in die WhatsApp groep skryf, vir mekaar omgee en mekaar ondersteun. Die towerinne se lekker is weer anders, daar gesels ons onder skuilname wat spesiaal gekies is. Om die twee snykante van ons vriendskappe voor te stel. Goue Vroue wat vir mekaar omgee en selfs vir mekaar opstaan as dit moet. Omdat ons omgee mense is. Towerinne wat in ‘n verbeelding kan wegraak waar ons mekaar ook ondersteun. Selfs vreemde goed laat doen. Ek hou van die twee snykante. So leer ek my vriendinne se snykante ken. Al wat ek kan sê, is dat ek byna geloop het. En ek is bly ek het nie.

  5. Toortsie sê:

    Seegogga, wat as jy nie hierdie pragtige stuk geskryf het nie? Hier is so baie waarheid in. My broer sê altyd Hindsight is maklik.

  6. Letty-Ann sê:

    Seegogga. Die lewe gooi sy esse en al wat ons kan doen is om bedag te wees op die onverwagse skerp draaie, dit stadig te benader en DV lewendig anderkant uitkom en ‘n’ moral of the story’ daaruit te haal.X

  7. Positief sê:

    Ek het my wat as storie ook geskryf na julle 2 s’n, maar voor ek julle s’n gelees het. Snaaks hoe ons almal se stories by mekaar pas en natuurlik Woordnoot s’n ook

  8. VirgoC sê:

    So waar die, so mooi gesê. Laat my besef weer hoe blessed ons is en kan net sê dankie,🌻🌻💜💜

  9. Nikita sê:

    Ek het die afgelope jaar ‘n seuntjie in my klas gehad wat vir alles gevra het, “Miss, what if…” Dan het ek hom geantwoord: “… What if the sky falls down on us? Then we all have blue woolly hats.” Mens moet seker maar soms voorsiening maak vir dit wat ‘dalk’ kan gebeur, maar ook dinge doen met ‘n positiewe ‘mindset’- btw wat sou dit in Afrikaans wees? (gedagte?) In elk geval, lekker gelees hier en dit is so, mens wonder altyd wat sou gebeur het as… Ek hou van jou afsluiting: ons is almal uniek (in alle opsigte) en (gelukkig) deur God geskape. Lekker dag! Bly veilig.

Laat 'n boodskap na Letty-Ann Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s