Voor die vuur

Seegogga sit in haar Rebushuisie. Sy sit nie op die stoep nie, sy kyk nie vir die blommetjies nie.

Seegogga sit voor haar vuurhert, ‘n seeraskombersie om haar skouers. Dis winter op Rebusfontein.

Terwyl sy op haar perriwinkle skulpies tik, verwonder sy haar hieroor. Kan dit sowaar winter wees op Rebusfontein? Nou-die-dag het sy ontbyt op haar stoepie bedien. Almal was vol planne. Na ete het hulle op hulle lilo’s in die heerlike water rond baljaar.

Maar nou is dit sommer winter hier. Sy trek die kombersie stywer . Net nou-die-dag nog het sy vir iemand gesê dat dit altyd lekker weer is hier.

Wat het dan gebeur? Sy moet nou hierdie saak uitpluis.

Sy sien deur die venster die nuwe huisies, hulle blommetjies en die son wat vrolik skyn.

Sy sien ook die wolk.Die wolk se skadu val oor party huisies, ook haar eie huisie. En voor haar vensters hang yskristalletjies. Sy bibber.

Sy kyk na die leë huisies. Hulle staan eenkant, ver van die ander af. Dan sien sy Kameel se lieflike huisie. Die son skyn nog op hom, maar die vensters se hortjies is toe. Daar groei n bloedrooi rankrosie oor die deur en die een venster. “Gaan Kameel ooit weer saam met ons kom lag? ” dink Seegogga verdrietig.

Seegogga vee ‘n traantjie af. Net verlede week het sy gehoor dat n goeie ou skoolmaat van haar een van Corounamouna se slagoffers was.

En gister het sy uitgevind dat een van haar groot liefdes in haar jongmenslewe ‘n hartaanval gekry en gesterf het. Hy het hoë ideale gehad om af te tree in ‘n huisie op ‘n landgoed met ‘n boom en ‘n waterstroom. ‘n Droomhuisie. Maar hy het dit toe nooit werklik gekry nie.

Seegogga sit regopper. Miskien hét hy dit gehad- in sy drome, nes sy nou hier op Rebusfontein ‘n droomhuisie het. Sy besef weer hoe bevoorreg sy is om hierdie hartshuisie te mag hê. Almal het seker hulle eie droomhuisies. Maar nie almal kry die geleentheid om daarin te woon in hulle eie droomdorpie nie!

Sy hoor iemand saggies snik. Is dit nie Una in die huisie hier langsaan nie? Seegogga luister mooi.

Nee, allamapstieks, so kan dit nie aangaan nie! Sy voel hoe die sonnetjie se strale flou, maar darem by haar venster begin instroom.

Toe staan sy op, gooi die kombersie af en klap haar perriwinkleboksie toe. Sy gaan pluk haar vrolike rooi blommetjiesrok en haar ma se spesiale jas uit die kas uit. In haar spenskassie staan n verlate botteltjie franjeliko sowel as n bietjie obies. Wat sal dit wees?

In haar piekniek krapmandjie pak sy haar piekniekkombers, lekker kaas, beskuitjies, warm sop, 2 sjerrieglasies en die bottel Obies. Sy gooi haar deure wyd oop dat die lenteluggie kan inkom. Dis glad nie meer so koud nie.

Seegogga pluk gou ‘n arm vol blomme in die tuin en toe gaan klop sy aan Una se deur.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd and tagged , . Bookmark the permalink.

23 Responses to Voor die vuur

  1. A, Seegogga, dankie vir jou blymoedigheid ten spyte van hartseer en verlies ❤

  2. Una sê:

    Dankie dat jy gekom het toe jy die gehuil gehoor het, Seegogga. Dankie vir die blomme. Dankie vir die peuselgoedjies en drinkgoed. Toe jy my voordeur oopstoot, kon die sonstrale inskyn. Dankie.

  3. Letty-Ann sê:

    Seegogga,jou ma se lieflike skildery?

  4. Kameel sê:

    Jammer om te hoor van jou vriend. Dis die pragtigste skildery!!! Geniet die piekniek…. ag en hou maar ‘n ogie oor Una 😁😁😁

  5. woordnoot sê:

    Ek is so bly jy het saam met Una gaan piekniek…..Ek glo julle albei is met meer lag huis toe!

  6. Positief sê:

    Ek voel ook daai koue-geit op Rebusfontein, daar moes nooit hartseer en trane gewees het nie (ook nie pinnekoppe en mal towenaars nie), maar nou is daar. Kan ons dit wegwens? Net soos in die rerige lewe, kan ons nie. Al wat ons kan doen is om die feetjies wat in die leë huisies woon te vra om ‘n liggie te laat brand, sodat die eienaars weet hulle kan terugkom. En die klompie wat oorbly sal hande vat en die somer weer laat terugkom in ons wens-plek. Sterkte Seegogga en lekker piekniek hou saam Una hoor

    • seegogga sê:

      Positief, die ligggies brand. En soos in die werklike lewe, sal ons op Rebusfontein nie gaan lê nie. Ons sal opstaan en die lewe toelag en al die swaarkry verwerk totdat die son weer helder skyn en ons weer huppel en sing. Ek en Una het lekker piekniek gehou. Vir my skyn die son al weer redelik warm. Ek hoop hy skuif ook na haar kant toe en na ons almal se dorpsmeent toe waar ons weer lekker gaan kuier en fees hou.

Laat 'n boodskap na Letty-Ann Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s