Ontbyt op Rebusfontein

Dis ‘n nuwe oggend hier in Towerinstraat nr 10, Rebusfontein. Die son skyn, die voëltjies sing. Dis ‘n pragtige nuwe lenteoggend so hier in die winter en die Towerinne gaan ontbyt.

Ek het hulle mos genooi vir ontbyt om ons Rebusdorpie weer te waardeer en te vier. Na al die toere en dramas , maak ons ‘n nuwe begin. Gister het Toortsie se boerman haar tuintjie begin regruk, Mnr Krap het geplank en geverf in Seegogga se huisie en Una se handyman het getimmer en gekap.  Een vir een het die Towerinne begin terugkom van  heinde en verre. En netnou kom almal hier op my stoepie eet.

Kyk, “dames”, hier is gewoel, hoor! Omdat kosmaak nie my sterkpunt is nie, het ek my wonderlike niggie, Hanlie Green gekry om my te kom help.  Nie alleen is sy net so goed soos JAN ( die mooie man met die Michellin ster)  nie, sy was baie bereid om my te kom help. Kry gerus ‘n paar resepte op haar blog. hanliegeen.com

Een vir een kom die Towerinne aangestap, uitgedos in pragtige lentekleertjies. Dis heerlik warm vanoggend op Rebusfontein! Ons babbel en gesels. Almal is opgewonde. Die storm van die afgelope tyd is uitgewoed, die dubbeltjies is uitgetrek, die huisies is besig om reggemaak te word en daar is ‘n paar nuwe intrekkers.

Rebusfontein is besig om te floreer!

Gisteraand het mnr Krap die vlieënte tent ( VVVTT) by die ingang van die pad gaan optel, waar Hester dit neergesit het. Dit lyk my die ding het ‘n paar stukkende plekkies waar my knyers dit per ongeluk raakgeknyp het. Dit moet nou eers herstel word voordat ons verder kan vlieg, maar Mnr Krap sal dit sommer gou vir ons regmaak, hoor.

” Goeiemore, My liefste Rebusvriende!  Welkom ook aan ons nuwe inwoners, Aalsie en Appeltjie. Kom sit hier op my stoepie. Ek gaan nie veel praat nie. Dis julle beurt. Maar kom ons drink gou ‘n heildronk – op ‘n nuwe en geseënde dag, op ‘n nuwe vrolike Rebusfontein, op nuwe vriende en op ‘n nuwe begin. Ons gooi alle ou hartseer wat dalk hier mag ontstaan het,  weg, ons verf die roes toe, ons smeer salf aan die kneusplekke, ons begrawe ou koeie en  ons kyk op en vorentoe – na wonderlike nuwe avonture, toere, stories en dinge. Ons bedank ons Hemelse Vader vir die seën van goeie vriende. Klink julle glasies: Op ‘n nuwe vrolike Rebus!”

rebusontbyt 3

Voorgereg: Rebusnessie: Griekse jogurt pannacotta wat in aarbeisop dryfpaasontbyt 8

Groen palletskoonmakerrebusontbyt 8

Kruie en ricotta mini omelet met parmaham en soet vye rebusontbyt 6Forel wat Hanlie vir ons op die stoep gerook het, geposjeerde eier,bedien met aspersies, perskes, sonryp tamaties, avokado, ertjiepesto en rogbroodrebusontbyt 9

Geroosterde piesangbrood met gespinde suikernessies gevul met JAN se piesangballetjies en Carol Vanilla room ( o my word – mnr Krap het hom nou byna dooodgelag vir hierdie gereg se naam. Ek pleit onskuldig.)paasontbyt 13paasontbyt 14paasontbyt 17

Na so ‘n Hanlie heerlike ontbyt, is dit tyd om af te koel in Rebus se dam!rebusontbyt 11

Maar waar is Una se pienk Lilo?????

Het julle foto’s van julle kleertjies geneem? Wys vir ons almal asseblief.

Ek het mos vir Hanlie gehelp. Waaroor het julle almal gesels? Vertel asseblief.

Om ander bloggers se vertellings te lees van die nuwe Rebusfontein , klik hier: https://fresh.inlinkz.com/party/942da9e9f0524c6b982439c66cceced1?visitor3

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in feeverhale en ander stories, Los opdrifsels, rhebusfontein and tagged , . Bookmark the permalink.

14 Responses to Ontbyt op Rebusfontein

  1. Dit is vreeslik baie mooi en die kosis uit die boonste rakke. Kok duisend jy. Plaas asseblief in my blog skakels hierheen.

  2. seegogga sê:

    Ok moet eers uitvind hoe om dir te doen. Kan ons mie salk ook links hê sodat alles na dieselfse plek gaan as iemand alles wil lees nie?

  3. Letty-Ann sê:

    Seegogga,dankie dat jy so ‘n begeerlike tafel vir ons gedek het. Ek bly lekker in nommer 18. Kom kyk net hoe mooi lyk my nuwe huisie!
    aalsie@wordpress.com

  4. Letty-Ann sê:

    Seegogga,dankie dat jy so ‘n begeerlike tafel vir ons gedek het. Ek bly lekker in nommer 18. Kom kyk net hoe mooi lyk my nuwe huisie!
    https://aalsie@wordpress.com/

  5. Ek kan aan niks lekkerder dink as dit nie, vis, geselskap en afsluit met lilo’s op die dam.

  6. My klere, sal eers foto moet neem, maar ek kom deel.

  7. VirgoC sê:

    Dit is heerlik Seegogga en dankie vir so awesome ete, net wat ons almal nodig gehad het,x

  8. Toortsie sê:

    Rebusfontein in styl! My heildronk: Lank lewe Rebusfontein! Langtafel uit die boeke! Waarvoor kan ons meer vra? Dankie Seegogga. 😁👏🏻👏🏻👏🏻

  9. Una sê:

    Ek eet steeds, moenie my steur nie. Hier is net te veel ongelooflike geregte!!!

  10. So ‘n pragtige tafel…en ai, daardie kos! verskoon my. ek gaan so bietjie skuinslê, as ek nou op ‘n lilo klim, gaan die ding sink.

  11. Positief sê:

    Altyd ‘n dag of so laat, toe ek opdaag is julle al weer weg of dalk lê julle almal op lilos, wat mis ek?

  12. Terug pieng: Plesierig op Rebusfontein – toortsie.com

Laat 'n boodskap na seegogga Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s