Die VVVTT HOOFSTUK 5 DEEL 2 Te fiets in Amsterdam

amsterdam skets 005

Dis ‘n vaal klompie towerinne wat die volgende oggend op hulle groot 28-wiel fietse wegtrek.

Die rooi fietspad het hier en daar 90 grade draaie. Seegogga se voete kom skaars by die pedale by. Sy weet sy moet skerp draai, maar sy kry nie betyds haar fiets gestop nie. Sy ry reguit aan, oor ‘n eilandjie en reguit in ‘n boom vas! Die fiets gooi haar soos ‘n steeks perd oor sy kop en sy land onseremonieel op haar sitvlak op die klam grassies. Sy is nie seker wat die seerste gekry het nie: Haar kop wat teen die boom gestamp het, of haar ego.

Die towerinne probeer hard om simpatiek te wees, maar hulle proes almal onderlangs: “My fok Marelise!” fluister een saggies.

“Dis daardie gekuier in die Brownbar! Dit sal jou leer!” VirgoC en Hester het hulle hande vol om die Towerinne soos dames te laat optree. Al Seegogga se verduidelikings help niks. Ja, hulle HET die vorige aand deur die rooilig destrik gaan stap, en ja, hulle WAS gisteraand in ‘n brownbar. Maar daarna het hulle ‘n heerlike ete vir baie goedkoop gaan eet op die Leidse plein, en hulle is regtig mooi nugter terug tent toe.

brownbar

Het Doktertje, die kleinste en beroemdste brownbar in Amsterdam.

Vandag is die Towerinne op pad na ‘n bietjie kultuur. Die Rijksmuseum en ook die Van Gogh museum moet besoek word. As dit nie was vir die vrou van Vincent se broer, Theo, nie, het Vincent van Gogh se skilderye en geskiedenis nooit bewaar gebly nie.

“Ek kan vestaan hoekom niemand ooit sy skilderye gekoop het nie – sê een van die ander toeriste  in Engels “ Dis omdat dit verskriklik lelik is!”

Vincent_Van_Gogh_-_Wheatfield_with_Crows

Die Towerinne kyk krities na die skildery. Die ou is heeltemal reg. In Die tyd wat van Gogh gelewe het, was sy skilderye waarskynlik heeltemal te way-out vir die mense van daardie tyd. Dis eers nou dat sy besondere uitbeelding en kleurgebruik aanklank vind by mense.

By die Rijksmuseum is daar natuurlik Rembrandt se reuse Nachtwagt, maar dis Vermeer se diensmeisie wat vir Seegogga en en Toortsie raak. “My ouma het so ‘n tapeserie gehad”, onthou Toorts. Dit lyk regtig of daar lig uit die prent straal.

100_2314

Net langs die Rijksmuseum is daar ‘n diamantslypery. In glashokkies sit die slypers en werk –seker meestal aan Suid-Afrikaanse diamante!

Ons ry weet verder fiets op die rooi fietspaaie. Hier het fietse voorkeur bo alle ander vervoer. Eers fietse, dan busse en trams, dan voetgangers en laaste motors!

“Kyk daardie groot gebou” se Sunel.

“Dit is die kasteel van die koningsgesin” sê Seegogga ewe wysneus. “Hierdie kasteel is op meer as 13,600 boomstompe ( heipale) gebou. Onder is mos water en moeras!”

Nie lank nie, of die towerinne hoor die musiek van ‘n draaiorreltjie speel. Hulle fiets daarheen: Die Boerenmarkt!

Hulle vergaap hulle aan die heerlike eetgoed. Een stalletjie verkoop reusagtige stroopwafels wat hulle net daar gaarmaak. Seegogga wil egter liewer neute by die neutestalletjie koop. Sy besluit op amandels en moet kies tussen wit of bruin amandels, gebak of ongebak en sout of ongesout. Na al die gewigtige besluite kry sy ‘n sakkie vars warmgebakte amandels – heerlik!

By Hema kry Sonel wat sy soek. Lipstiffies te kus en te keur – en spotgoedkoop daarby!

20200711_172233-24503668703430469579.jpg

Die fietstrap put hulle gou weer uit. Dis net Kameel wat soos ‘n tiener wilde draaie ry – tot almal se ontsteltenis. Sy was die enigste een wat nie die vorige aand deur die rooi lig destrik gaan stap het en die brown bars besoek het nie.

“Koffie! Ek het krag nodig!” Anne Frank se huis moet maar nou eers wag. Almal sien in hulle verbeelding die heerlikste Hollandse poffertjies en ander soet eetgoedjies terwyl hulle aanstryk Coffeeshop toe.

barneys

Maar in Holland is ‘n Coffeeshop iets heel anders! Advertensies van wit en soms ook groen mannetjies wat lang zolle rook, is oral te sien. Die plek lyk ook glad nie verwelkomend nie. “Ek het vergeet: ‘n koffieshop is ‘n plek waar mens dwelms koop”, sê Seegogga verleë.

” Hoe verlang ek nou na Lorenzo se soetkoekies” sug Hester.

By ‘n klein kafeetjie aan die Heerengracht eet hulle egte Hollandse Uitsmijters.

“Hoor daar!” Toortsie hou haar hande op: ‘n Pragtige wysie word deur ‘n outydse kerkklok gebeier. Ons wens saam  die mense van vandag het nog geweet hoe om sulke kerklokke te maak. Ongelukkig het die kuns uitgesterf.

Versadig, besluit die Towerinne dat dit tyd is om verder te reis. Hulle gaan koop vir hulle padkos by ‘n Albert Heijn winkel en is verbaas om te sien dat die kaas, melk en die heerlikste Côte d’Or sjokolade almal goedkoper is as in Suid Afrika, ten spyte van ons swak rand.

Cote d'Or pralinelait400g

Op een rak staan Suid Afrikaanse wyn. Ons hou verby. Ons sal Suid-Afrikaans drink in SA! Hier koop ons heerlike Douw Egberts koffie, kaas en Côte d’Or!

Moeg maar gelukkig kies die towerinne koers terug na die tent toe. Waarheen vlieg hulle volgende? Positief, vertel ons tog asseblief!

Hierdie hoofstuk vorm deel van die uitdaging vir Afrikaanse bloggers wat as die Towerinne bekend staan. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar, onverklaarbaar. Maar nie vir die Towerinne nie.

As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die eerste hoofstuk te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.

Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in blogspeletjie diegroen giggelbus, blogspeletjie:towerbus,, feeverhale en ander stories, rhebusfontein and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink.

43 Responses to Die VVVTT HOOFSTUK 5 DEEL 2 Te fiets in Amsterdam

  1. Oe dit was nou lekker! Om die werklike skilderye te sien, bly maar ‘n hoogtepunt in mens se lewe.
    “…en hulle is regtig mooi nugter terug tent toe” – Seegogga, jy laat my lag. Klink amper soos ‘n Dameskring!

    • seegogga sê:

      Dis so waar Frannie. Al die jare van afdrukke maak nie op vir daardie een oorspronlike se sien nie. ek dink regtig dis ‘n skildery waarvoor ek nooit moeg sal word nie . Daar is net iets aan hom.

  2. Mal oor jou skets van die fietse en die gewelhuise.

  3. Vincent is my gunsteling van altyd af. Dat ons nou in die vryste samelewing so beskaafd raak…😉😂

  4. seegogga sê:

    Baie dankie. Vinnig gedoen, maar dit was nogal moeiliker as wat ek gedink het om die mooie huisies te teken

  5. Toortsie sê:

    In Holland maak ons soos die Hollanders en eet sjokolade en kaas en en en en 🙂
    Heerlike vertelling. Dankie Seegogga.

  6. Terug pieng: Eende! – toortsie.com

  7. Dit was nou ‘n heerlike toer op die fietse.Daardie skilderye is pragtig en jou eie kunswerk is besonders!Dankie Seegogga, dit was uitstekend gedoen!

  8. Oe lekker, dit was ‘n heerlike kuier in Amsterdam. Ek dink ek het dalkies iewers gaan opkrul om te slaap, was beslis nie in die rooi gebied of die bar nie. Die kuns is besonders, joune ook.

  9. Heerlike toer goggie, my bene het behoorlik gebrand van die fietsry. Ek is maal oor daai stroopwafels, veral as jy dit bo op n warm koppie koffie sit en dit so stadig sag word in die stoom. Heeeeerlik

  10. Hollanders het regtig ‘n aweregse humor – koop dwelms by ‘n coffee shop en noem jou toebroodjies uitsmijters. Hoor hier, ek is verstom oor die Towerinne wat hulle so betaamlik gedra. Ek is mal oor jou skets en ek stem saam met Erna – Vincent se skilderye maak my liries. Welgedaan, Seegogga, dit was ‘n heerlike toer al het nog steeds seer spiere van die fietsryery.

  11. Una sê:

    My gô is nog bietjie uit na al diè fietsryery. Die skilderye, dit het my nou laat terugverlang na my matriekjaar toe ons die kunsmuseums in Johannesburg besoek het. Van Gogh is defnitief een van my gunstelinge, ek hoop regtig om eendag ‘weer’ soontoe te gaan.

  12. Positief sê:

    Briljant gedoen. Stroopwafels is een van my gunsteling goed om te eet, soute drop en krokkette ook2. My oupa het altyd vir ons olie-bolle gemaak vir Nuwejaar en alhoewel hy oorlede is toe ek 8 jaar oud was, kan ek dit so duidelik onthou. Dankie vir die herrineringe en nou is dit my beurt? Sjoe, ek moet ‘n bietjie dink

    • seegogga sê:

      Ja ek het agterna eers gedink oor die interessante soorte drop en ook dat ‘n mens daar paddastoele koop, nie sampioene nie. Krokkette was ook een van ons gunstelinge. Jy kan ons in Nederland laat bly as jy wil. Daar is nog baie interessante goeters om oor te skryf

  13. Kameel sê:

    Ooooo seegogga ek het so lekker fiets gery. Dit was ‘n heerlike toer. Van Gogh… wel ja laat ek liewer my mond hou. Moet sê die “dames” het hulself pragtig gedra 😂😂😂😂 Daardie wafels was hemels.

  14. seegogga sê:

    Bly jy het dit geniet. Met jou wilde streek moes ons net trap om by te bly!

    • Kameel sê:

      Jammer ek het gelag toe jy val… dit is een van my swak punte. Gelukkig het jy nie seergekry nie. Jip, ek raak maar wild wanneer ‘n ryding ter sprake kom. Dit is perde uitgesluit…. daardie perderyery van Christa was “not my cup of tea,” alhoewel ek graag die prentjies sou wou sien. 😂😂😂😂

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s