HOE HET SEEGOGGA OOK ‘N TOWERIN GEWORD?

HOE HET SEEGOGGA OOK ‘N TOWERIN GEWORD?

So in 2011 het Seegogga se bloggie die lig gesien. Seegogga was alleen , maar baie besig en haar kinders en man ver weg. Sy het saans weer behoefte begin voel om te skryf soos in die ou dae toe sy nog dagboek gehou het, maar was nou lus om te skryf vir haar kinders of ander mense.

“ Skryf asseblief al ma se herinneringe neer terwyl Ma dit nog onthou,” was die bemoedigende(?!) woorde van haar jongste krapkindjie  ‘n Seekrap weet nie so baie van moderne tegnologie nie, maar daar is hier op die Suidpunt ‘n wonderlike liggie wat skepe en seegediertes help en waarsku, en TOORTSIE (  https://toortsie.com/ ) , die liggie op die Suidpunt, het Seegogga touwys gemaak en gehelp om haar stories op die moderne WordPress en op haar bloggie te kry.

So tussen die kraphuisies, seegraslakens en draaikolke met tonne wasgoed in, het Seegogga haar periwinkle kissie nader gesleep en woes begin tik op die swart skulpies. Sy het vir tienerkindertjies vertel hoe die liefde werk; sy het vir Mammas en Pappas vertel van kinders grootmaak;  sy het een of twee seestories vertel; maar veral kraterstories, want Seegogga kom gewoonlik goeters oor – snaakse goeters. Al probeer sy mooi, maak sy gewoonlik een of ander tyd ‘n krater van haarself. Gelukkig laat sy haar nie onderkry nie, want ‘n gedierte met knypers ( soos iemand eenkeer gegoogle het en by haar uitgekom het), moet haar beperkings ken en dus het sy geweet dat die beste is om maar net te lag.

En toe raak sy uitgeskryf. En baie besig. Die bloggie kry minder aandag. Sy lees en lewer kommentaar by die ander bloggers en hulle skryf pragtig, maar Seegogga se bloggie bly maar legerig. “Waaroor kan ek tog nog skryf?” wonder die Krappie.

In hierdie tyd laat weet die Toorts: “Kom jy moet kom deelneem! Ons gaan ‘n storie skryf!” Dis Kameel met haar ryke verbeelding wat ‘n misdaadstorie voorstel   

( https://kameel179438031.wordpress.com/    ) en  Hester( https://hesterleynel.wordpress.com/ )  wat so oulik was met  ‘n lê jou eiers inlinks affêre. Seegogga is besig. Sy luister net met ‘n halwe oor, en sy weet nie eintlik hoe dit werk nie. Maar sy lees wat die ander skryf en sy raak begeesterd. Hulle gaan  die Krugermiljoene daar by die plaas, Towerkop,steel. !

Seegogga is ‘n avontuurlustige seediertjie en wil dadelik saamgaan, maar sy is te laat! Sy laat haar egter nie afsit nie. Sy is klein en kruip sommer tussen die ander rond sonder dat hulle dit agterkom. So mors ‘n ene Abrie ( https://abriejoubert.wordpress.com/ ) ‘n spul Franjeliko en die meeste daarvan val op Seegogga wat onder die tafel was. En daar raak sy heeltemal onkapabel…  

 Al kon sy nou nie regtig help om die perfekte misdaad ( https://www.hesterleynel.co.za/booktalk/  )  te pleeg nie, het sy na elke episode haar stuiwer in die armbeurs gegooi, in so ‘n mate dat die towerinne haar jammer gekry het, en haar gevra het om ‘n koerantberig oor die gebeure op Towerkop te skryf. So het Seegogga haar in gewurm ( of dalk ingegrawe met haar skerp kypers?) en sommer so ongemerk ook ‘n towerin geword.

Wat ‘n wondelike vreugde om lid van so ‘n ongelooflike en spesiale groep te wees? Dit stel hoe eise aan jou, hoor! Die towerinne moes suksesvol wegkom sodat die perfekte misdaad perfek kon bly. Toortsie en Seegogga moes op een of ander manier vir Una gaan red toe sy onder huisares was.

Nie lank nie, toe toer die towerinne saam in ‘n giggelgroenbus deur die land

( http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928 ) , ontmoet Broodina, en beleef allerlei avonture. Hulle verbeelding, en hulle breine werk oortyd om die ingewikkeldste  raaisels op te los, en nes ‘n towerin dink sy weet nie verder nie, laat waai haar verbeelding en sy vaar verder die storie in en gee natuurlik vir die towerin wat na haar kom, ‘n ekstra kinkel of twee om uit te pluis. Toe die  towerinne eers elkeen ‘n huisie in  Rebusfotein kry,( Dankie Vuurvliegie!  https://lekkervurigeaffere.blog/en/ ) was dit soos ‘n tuiskoms.

Daar is nie ‘n wonderliker en veiliger en prettiger plek as Rebusfontein met al sy gawe inwoners nie. En Seegogga voel sooo bevoorreg dat die Towerinne haar aanvaar het as een van hulle.  Daar woon Seegogga in die pragtigste blou huisie in Towerinstraat.( Maar sy is nie seker van die nommer nie- kan iemand dalk vir haar die regte nommer fluister? Net ingeval sy die adres vir iemand moet aanstuur?)  

In Rebus het die towerinne mooigemaak word vir Barnum se sirkus, maar hulle moes keer dat Hannon Una se beenhare verwyder; hulle moes dinees vir VIPS hou; kunsuitstallings hou en die ongelooflike moord- en liefdesgeheime van ‘n ou biblioteek ontrafel. Hulle het al noue ontkomings met wesens van die buitenste ruimte gehad en  O ja – en Coronamouna onskadelik gestel!

Die wonderwereld van Rebusfontein word vir  my as Seegogga al werkliker. Ek onthou hoe ek as klein dogtertjie met die seuntjies langsaan soms boot gery het op hulle grasperk. Soms was die boot ‘n ou trekkerband, soms sommer ‘n hoolahoop. Ons het almal in die “boot” gesit en geroei vir die vale. Daar was groot branders wat net ons kon sien. Gereeld het een oorboord geval, en moes met onsigbare roeispane deur die ander gered word net voor ‘n haai hom vang.

As ons cowboys en kroeks gespeel het, was al die kroeks denkbeeldig, want ons was almal cowboys.  en elkeen het  sy  eie perd gehad, met ‘n naam. My se perd se naam was Black Beauty.. Op die einste grasperk het ons op ons speel-speel perde galop en nooit moeg geword nie, want ons ry mos op perde. . Rebusfontein is vir my werkliker as wat my Black Beauty perd  of hoolahoop bootjie uit my kinderjare was. ek is waarlik goeie vriende met die inwoners al ek  die meeste in die werklike lewe nog nooit gesien nie. ek sit ook soos Christa en lag hardop stoksielalleen vir my selfoon en lees gretig om te sien wat ons volgende gaan aanvang.  Die periwinkle skulpies word gereeld entoesiasties gekielie, want  Seegogga weet weer wat om te skryf!

En hoewel ek vir my besige kinders al vertel het van die towerinne, dink hulle steeds waarskynlik dat hulle ma maar gewoonweg is, en het hulle eintlik  geen idee dat hulle ma sulke wonderlike avonture beleef nie . Seegogga se man sit darem elke keer oorgehaal om om te hoor wat nou weer gebeur!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in goue vroue, Los opdrifsels, rhebusfontein and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

26 Responses to HOE HET SEEGOGGA OOK ‘N TOWERIN GEWORD?

  1. Jou vertellinge help altyd om my verskriklike verlange na die see te besweer. Jy is my mede-nagwolf, wat een wonderlike dag vir my freesias in die strandveld gepluk het. Ek is so bly jy’s ‘n Towerin.

  2. Oe, ek laaik so jou periwinkle kissie en al die mooi wat jy uit kindtyd se verbeel onthou. Bly jy is in ons Towerin bende liewe Seegogga.

  3. Ek lief hierdie vertelling. So pekker om deel van julle te wees. Hou die periwinkle kissie goed besig, ek geniet al jou skrywes. En dankie Toortsie dat jy Seegogga gehelp het.

  4. Goggie, jy kan nooit maar gewoon wees nie. Jou vertelling van kamma boot en perd het my met verlange laat terug dink aan my kinder speeltyd. Baie spesiaal. Jy is ons heldhaftige goggie wat Una uit die kokon losgeknyp het. Ons nodig jou in ons towerkring

  5. woordnoot sê:

    Ag Seegogga,,,,as ek maar net derde van jou verbeelding en insig gehad het….jy inspireer my so baie

  6. Una sê:

    Ons eie, eie Seegogga. Jy verryk ons lewens, towerin.

  7. Seegoggatjie, ek is so bly jy is deel van ons. Jy het hierdie kunstige kant en humorsin wat saam van jou die beste seediertjie ooit maak!

  8. Ek onthou die Frangelico wat van die tafel af geval het 🤣 Dit was ‘n woeste paartie – ek dink nogal een wat gegooi is om die polisie te onthaal! Ons het al ver paaie geloop van toe af.

  9. seegogga sê:

    En hét julle ( ons) geparty! ‘n Mens moet nooit n ou tannie onderskat nie

  10. Toortsie sê:

    Ek het nou so lekker gelees, saam geroei en cowboys en crooks gespeel. Jy skryf so mooi. Ek us so bly jou skryflus is weer terug en behoorlik aangewakker.

  11. Kameel sê:

    Ek sal jou altyd onthou vir jou skrywe oor daardie seun. Dit het my hart diep geroer. You add spice to our group. Sorry die Ingels… maar hoe sê ek dit nou in Afrikaans?

    • seegogga sê:

      ek onthou weer jou pragtige skrywe oor die stil kind ea. Jy skryf sooo mooi, Kameel. Ek het eers vandag raakgelees dat dit eintlik jy is wat die misdaadstorie idee gehad het. Ek gaan dit by my blog invoeg.

  12. Ei is so bly jy het begin, anders het ek jou nooit leer ken nie.

Lewer kommentaar op Bondelsgedagtes Kanselleer antwoord