Avontuur op die Suidpunt

Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ñ virtuele toer deur Suid-Afrika gaan onderneem. Die gasblogger van die week moet op ñ Donderdag, op die datum wat toegewys is, ñ blog publiseer oor hulle tuisdorp/streek, asook ñ fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuisdorp.

Klik op hierdie skakel om die lys van deelnemende gasbloggers te sien, asook die datums waarop hulle blogposse gepubliseer gaan word.

Die 13 kuiergasbloggers vir die week (en hul lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ñ blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ñ eie ondervinding in daardie provinsie/streek/dorp, deel herinneringe of plaas fotos wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger se streek/provinsie. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees.

Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

AVONTUUR OP DIE SUIDPUNT

Ons is stadig maar seker besig om baie bekommerd te raak. Hester is skoonveld. Ons soek duin op en af, maar niks. Ons besluit om by die hotel die polisie te gaan skakel, want die selfone is heeltemal onkapabel.  Terwyl ons wag vir die polisie wat van Bredasdorp af moet kom, sit ons op die gras voor die hotel, elkeen met ‘n glasie witblits wat die hotel goedgunstiglik ( en heeltemal off the record) vir ons aangedra het. Ons gons en bespiegel, maar raak al stiller.

En toe hoor ons dit – polisiesirenes. Hulle is op pad!

Die volgende oomblik ry daar ‘n groot blink Ford 4×4 bakkie bo-oor die grasperk tot reg voor die hotel se deur. ‘n Fris jong bruin man spring uit , stap om die bakkie en  tel vir Hester uit! Hy stap gemaklik met haar in sy arms tot by die naaste stoel . Hester sien die towerinne en waai opgewonde. In haar arms hou sy ‘n effens vuilerige koelsakkie.

Wat het dan gebeur? ‘n Terugblik.

Hester klim saam met die ander towerinne uit die grot uit en stap diep ingedagte die duin op tewyl die ander rondom haar steun en kreun. Sy is nog glad nie moeg nie. Sy sien die diep afdraand na haar linkerkant toe en daar ver onder staan ‘n einaardige struktuur, amper soos ‘n monument of ‘n ding. Sy besluit om gou die bult af te stap en daarna te gaan kyk. Die ander towerinne let niks op nie. Hulle sien net die pragtige turkoois swemplek en die spierwitte sand. Dis regtig steil af, maar Hester is ‘n fikse stapper. Daar staan sowaar ‘n paar vissers daaronder en vang.picture of Light House Beacon @ Otter Bay near Arniston

 

“O, dis mos Shad!” sê sy verras toe sy die vissies sien.

“Nee, elwe, mevgrouw!” sê een van  die vissers met ‘n fronsie.  “vedag loep die elwe  hierg by Ottergbaai.” Hulle vertel haar dat die baken al in die sewentienhonderds daar gebou is om skepe wat om Struispunt ry, te waarsku. Dit is ‘n gevaarlike plek en ‘n skip  het al daar gestrand.(nota: lees gerus Queen van die Overberg, ‘n roman gegrond op die stranding van Queen of the Thames daar in 1871, deur Frieda de Villiers)

Hester besluit om nog ‘n bietjie verder te stap. Die towerinne gaan nou lekker swem en sal haar nie mis nie.  Dis ‘n ongerepte stuk strand met geen mens in sig nie, spierwit sand en donker rotse en klippe op die rand van die ligte see. Dis pragtig. Sy raak geïnteresseerd in die pragtige poeletjies met die ongelooflik baie skulpies – seepampoentjies, wangetjies, mosselskulpe en pragtige miniatuur helderpienk skulpies. Dis so anders as Natal se see! Die hermietkrappies skarrel oral rond en onder elke klip is daar ‘n krappie – familie van seegogga.

Die volgende oomblik gly haar voet op die mosbegroeide klippe en Hester land hard op haar sitvlak. Haar enkel is dadelik baie seer. “Eina!” gil sy kliphhard.”OOO EINA!!!

Sy hou haar enkel vas, wat dadelik tekens van swelling toon. Sy probeer opstaan om op die sandstrand te kom, maar val hulpeloos terug. Dit is te seer om te loop. Hester skuifel op haar sitvlak van klip tot klip land se kant toe. “Eina, eina eina”, prewel sy saggies.

Die volgende oomblik vat ‘n paar sterk arms haar vas en tel haar op. Sy kyk verbaas op.

” Moenie skrik nie. Ek is Henrico. Ek sien mevrou het seergekry. ” Henrico dra haar tot op die droë sand. Sy sien nog ‘n paar mans met duikpakke uit die water kom. Henrico het ook ‘n duikpak aan. Hy vind uit dat sy ‘n toeris is. “Ons kan haar nie hier los nie, manne, ons sal haar moet saamvat,” beduie hy.  Hy tel haar sonder seremonie weer op en dra haar oor die duin. Agter die duin staan daar ‘n splinternuwe blink, ektra-groot Ford 4×4 bakkie.

Die manne laai swart duiksakke op die bakkie en wip self agterop. Henrico sit Hester voor langs hom in die bakkie.  Hulle ry met allerhande agterpaadjies deur die plase en bosse. Hester raak bekommerd. Waarheen vat hy haar? Sy wens sy kon uitspring, maar sy kan nie eers loop nie!

Uiteindelik kom hulle by pragtige witgekalkte rietdakhuisies uit. By een vissershuisie stop Henrico en die manne spring daar af en verdwyn sakke en al na binne. Henrico klim ook uit en kom terug met ‘n klein 6pack koelsak wat hy by haar voete neersit.

Hester weet sy moenie te veel vrae vra nie, maar haar verwarde uitdrukking laat Henrico saggies lag. ” Ja, ek kan dit nou maar erken , mevrou. Ons is poachers. Hulle wou mos nie ons vislisensies hernu nie en ons moet mos ook lewe. En nou maak ons meer geld as waarvan ons ooit kon droom.  Kyk, hier is die hotel sommer langs Kassiesbaai. Hulle sal mevrou hier kan help om by ‘n dokter uit te kom.”

Henrico hoor die polisiesirenes, maar laat hom nie van stryk bring nie. “Hier is vir mevrou ‘n ietsie spesiaals van Kassiebaai,” sê hy toe hy die sakkie in haar arms stop. My vrou het ook ietsie saamgegee. Maak dit nou maar eers vanaand oop as mevrou veilig tuis is.”

Toe wip hy weer in sy blink voertuig en ry weg, tussen die vissershuisies in.

+++

Ons is oorstelp van blydskap om Hester weer te sien. Sy lyk ook heel gelukkig, al kan sy net-net op haar voet trap.  Met die towerbus ry ons verby De Mond se afdraai, verby  die plaashuise van Prinskraal, tot ons op Struisbaai kom. Ons moet die apteek kry voor hy toemaak. Hester weier om dokter toe te gaan.”Net verstuit”, hou sy vol.”Niks wat ‘n paar pynpille, en ‘n paar dae se rus nie kan regmaak nie. Ons moet vir my ‘n paar krukke kry”

By Rus ‘n Bietjie, my strandhuisie op L’Agulhas,   gaan sit Hester  lekker been in die lug op ‘n stoepstoel.

000018

Rus’n Bietjie se stoep

024

Uitsig van Rs ‘n Bietjie se stoep af. Die soldatepoel is daar waar die heel oorste branders breek.

Terwyl die ander die tasse aflaai, gaan loer ek en Toortsie gou in die kombuis wat is die koelsakkie aangaan  — mmmm perlemoen! En sowaar: ‘n botteltjie suurvytjiekonfyt !

Ek en Toortsie beplan en beraadslaag. Daar is nog genoeg tyd. Ek gaan gou vir die towerinne Struisbaai se pragtige lang wit strand wys – die langste srand in die land –  en ook die hawe. Hopelik swem Parrie se vriende daar rond! Hulle kan selfs daar in die seekoeigat gaan swem, maar ek sal hulle liewers daar voor Rus ‘n Bietjie in die Soldatepoel wil sien. Dis nou hoogwater en baie lekker daar, EN – ek kan hulle deur die kombuisvenster dophou! Ek wil tog nie hê daar moet weer iemand verdwyn nie!

En, en, vannaand eet hulle iets wat sommige van hulle nog nooit geëet het nie en ook nie sommer elders sal kry nie: gebakte perlemoen met bietjie suurlemoen , vars ciabatas van Friendly Grocer op Agulhas en heerlike, heerlike suurvytjiekonfyt van Kassiesbaai. Ons het ‘n bottel of twee First Sighting van Strandeldwyne hier, en ook ‘n bietjie port as dit later koud raak.

Ag man,  Ons het nou nie tyd gekry om te  gaan allekruk uithaal soos ek graag gewou het nie, maar nou het ons iets nog beter! End goed, alles goed. Dis lêkka byri sie!”

000031 (1280x850)

Struisbaai se hawe

gert se hawefoto

Vroegaand by Struisbaai hawe

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in blogspeletjie:towerbus,, Die Overberg: my wereld., Los opdrifsels, Overberg, Seestories and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

49 Responses to Avontuur op die Suidpunt

  1. Met die dat ek uit frustrasie met ‘n TWEEDE sessie beurtkrag op een dag vroegaand gaan slaap het, sit ek nou in die nanagtelike ure helder wakker op die blogs en rondkuier. Hoe lekker – nou weet ek waar ons liewe Hester was!

  2. travel460 sê:

    Julle bly op prentjie mooi plekke, Seegogga. Jou vertelling het vir my ń nuwe wêreld oopgebreek!

  3. Bly Hes is veilig. Daai poacher persente is njammies kos! Kan ek so biekie van die boeke opkyk en foto’s neem, ‘seblief. Lekker byrie see inderdaad, Seegogga.

  4. Wel, daar het julle dit nou! Ek het net so ‘n klein per ongelukkie gehad omdat ek gedink het die elwe is shad, hahaha – goeie een Seegogga. En toe kry ons ge … neemde perlemoen (is ek nou aandadig aan misdaad? 😳) en suurvytjiekonfyt. Die Henrico het ‘n voorslag vrou. Seegogga, ek is vreeslik beïndruk met Parrie. Sowaar het ek nooit van sy bestaan geweet nie. Dis nou sommer ‘n lekker storie wat jy daar vertel het. Ons sien so nou en dan pylsterte hier, maar hulle maak net so ‘n vinnige draai en kry weer koers. Nouja, ek hoop ek kan gou my krukke weggooi, want ek wil nie graag op stokkies ropndhuppel vir die res van ons toer nie – veral nie as ek ook deel gehad het aan die witblits, wyn en port nie 🤪

  5. Wat ‘n heerlike stoep voor jou huis…ek sal heeldag daar sit! Ek is net bly Hester het weer opgeduik en nie ingeduik nie…was regtig bekommerd oor haar!

    • seegogga sê:

      Ek sit graag vakansie tye heeldag daar! DIe poachers het dit sterk oorweeg om Hester gevange te hou totdat die perlemoen veilig weg is, maar Henrico is eintik ‘n oulike en standvastige ou.

  6. Jy laat my sommer lus voel vir ń toertjie. Jy het pragtig geskryf. Ons kuier nogal by Suiderstrand, maar haak dan daar vas. Ek het hoeka my klippe vir my stapblokke daat opgetel. My blog somerprojek. Dis so lekker rustig daar rondom die suidpunt, verkieslik buite seisoen. Hester my ma het gesweer by ń asymlap vir ń verstuiting. So hirr kom ek met my asyn lap, dan is jy gou gou perdfris.

    • seegogga sê:

      Suiderstrand! Dan kan jy gerus ‘n bietjie rondtoer grot toe ens! ek glo Hester se enkel sal gou regkom met die asynlappie!

      • Ek was al by die grot, maar nog nie by jou swempoel nie. Jy sal moet adres laat weet.

      • seegogga sê:

        di

        DIs die lekker van die soldatepoel – die meeste toeriste weet nie van hom nie en ek is amper huiwerig om dit hier op die internet te verkondig. As jy Rus ‘n Bietjie met sy bont dakkie in die hoofpad van Agulhas raaksien, moet jy af see toe, Jy sal hom daar sien. Gaan swem daar met hoogwater.

  7. Positief sê:

    Wat ‘n fees. Jou huis is pragtig.
    Ek was darem al in Struisbaai, maar het nog nie vir Parrie teegekom nie

    • seegogga sê:

      Hulle is nioe altyd daar nie. Veral in die winter is hulle skaars. Die bestw tye om hulle te soek is laatmiddag vroegaand oen as die skuite inkom. Jy sal maar weer moet kom kuier!

  8. travel460 sê:

    Seegogga, ek is nou eintlik vies dat jy my en Bertus nie daardie kuierdag van ons oorgehaal het om by jou te kom kuier nie! Hoe moet ek nou hierdie jaar uitgaan met soveel selfverwyt in my binneste! Ons moes na jou en Toortsie geluister het, en julle pragdorpie gaan verken het.

  9. Oee dis lekker by die see, jy skryf so mooi. Dankbaar Hestersintester is veilig en het vir ons njammies saam gebring

  10. VirgoC sê:

    Dit is prent mooi daar. Hester, sjoe bly jy is veilig en so bly oor daai “parting gift” wat jy saam gebring het. Ek het nou so lekker gelees, skoon vergeet ek is in die “sandpit” . Jy mag maar Seegogga🌻

  11. aj vosse sê:

    Nou het ek lekker gekuier… shad of elf… ek gee nie om nie, ‘n paar sal nou lekker wees oppi braai!!🔥🐟🍷

Lewer kommentaar op seegogga Kanselleer antwoord