matriekreünie

 

uitnodiging matrieks finaalMeer as ‘N jaar lank is daar gedink, gewoel, beplan, idees neergeskryf, mini -senu-ineenstortings gekry, hoera-idees uitgedeel, herdink, herkou en gewerk, en veral gestres. Om jou oud-matriekklas se 50-jarige reünie hier op die Suidpunt van Afika te beplan, was vir my ‘n eer, ‘n uitdaging en ‘n vinnige manier om 10 – 20 jaar ouer te word.

Eerstens was daar die weer.  As ‘n mens by die see kom kuier, moet mens die see ervaar. Dus: wat van ‘n boottrippie in Struisbaai se pragtige baai? ( ag seker easy peazy, om te reël, né?) En wat van sjampanje by die Suidpunt van Afrika- ons eerste en allebelangrikste clame to fame? En hoe sal dit wees as ons daar 50 duiwe loslaat vir die 50 vervloë jare? ( hier is seker tog baie duiweboere?) En natuurlik moet ons daar ‘n kanon ook skiet. Hoe dan anders?  Het ons Sasolburg Hoërskool dan nie ou Grietjie, ons eie kanon gehad wat vir ons ere-saldo’s geskiet het as ons goed doen in iets nie? En dan moet ons ‘n aanddinee hê- met mooi 60s musiek, né? Ah- Sasolmannetjies moet mos plek aanwys soos in die ou  dae!

WP_20180914_17_03_52_Pro

Sasolmannetjies as plekaanwysers

Beligting? Ek het mos nog Sasol – was van ‘n kersmaakgier 50 jr gelede. Allekruk-kerse op die tafels en 4 groot lang kerse om die Sasolskoorstene te verteenwoordig moet gemaak word. En waaraan dink jy as jy aan ons dorp dink? Die fabriek natuurlik. Hy moet daar wees! Daar moet ‘n kitty wees – en goodiesbags! En presentjies, en spesiale sjampanjeglase en wyn met spesiale                                                                                   etikette! En ons spesiale Sasolvlae! En….

20180831_231520

50 goodiesbags geverf

IMG-20180927-WA0042

50 Allekruk kerse

42090693_10156651483251866_4126370407789887488_n

Vrydagaand by Seashack met hulle heerlike gratis port om die koue te verdryf

Liewe Trudie maak pragtige vlae, en my liewe man Gert speel heeljaar kanon- kanon totdat hy 50 kleintjes gemaak kry vir die tafels, 2 kleinjties wat kan skiet vir ons tweelingkleinkindes, en ‘n groot speelgoedkanon wat darem ‘n knal moet kan gee by die suidpunt van Arika.

Maar ai, met 4 seisoene op een dag en ons beroemde yskoue winters in September, was daar net een genade: bid en glo en bid weer. Ten spyte van al die gebede om reën in hierdie drooggeteistede gebied, het daar ‘n ou yl,  wanhopige gebedjie opgegaan. Laat dit asseblief nie reën op 15 Sept nie. Laat die wind tog asseblief nie waai nie. Laat dit tog asseblief ‘n mooi dag wees.

Op die ou einde was die weer die maklikste: al wat jy kan doen is bid en glo en vertrou. En dit het gewerk! Wonderlik!

Die boottrippie was ‘n ander storie. Niemand het genoeg bote nie, niemand kan 50 passasiers gelyk hanteer nie, maar die booteienaars is ook nie bereid om saam met ander te werk nie. Na maande wat ek hand en mond beloof is deur verskeie rolspelers en daar dan verder niks gebeur het nie, het ek op die ou einde  besef dat ek self individuele eienaars sal moet opspoor en huur. Dit het ek ook so gedoen. Die een man kon 20 gaste neem op 3 bote @ R400 per persoon. Die ander eienaar kon 20 gaste neem op 2 groter bote @ R300 per persoon. Alles duur, maar klopdisselboom – of so het ek gedink.. Ons kry n borg wat onderneem om die hele boottrip te betaal! Dankie Wim!

Maar met baie sielkunde, paai en geld onder die tafel deur, was ek die dag voor die trippie steeds nie seker of ons op ‘n leë hawe sou afkom nie, want die een eienaar wil nie ry as die ander een ook ry nie ens ens.  Weer is my baie gebede verhoor.  Die bootjies was daar, die see was wonderlik en die walvisse het ook besluit om in die baai te baljaar.

1968-15Dan was daar die duiwe sage. Die een boer vlieg nie, die ander het nie genoeg duiwe nie. ‘n Ander een verhuur sy duiwe teen R 2 elk en ek huur gretig, maar toe ek hom so 2 maande gelede herinner, het hy al sy duiwe permanent verkoop en die nuwe eienaar vlieg nie. Na maande se rondbel was ek dus weer waar ek begin het. Gelukkig het my nefie duiweboer kontakte en so ‘n maand voor die funksie kry ek hulle: 50 duiwe en wit op die koop toe daarby. Hulle was wit en pragtig teen die donker see, en het hopelik almal veilig weer huis toe gevlieg.

1968-24Tussen die duiwe en bootsoekery deur, het my man besluit om ‘n kanon te bou  en ek ‘n batik gemaak van die Sasolfabriek . Die kanon was ‘n glorified aartappelgun, maar met baie eksperimente en probeerslae  en baie gebede het hy ook op die ou einde perfek gewerk – en ‘n appel geskiet dat hy daar trek! Die kanon tradisie is iets wat net ‘n oud Sasolleerling sal verstaan, en ek hoop dat my medematriekmaats sal besef dat hierdie kanon met liefde vir hulle geskiet het, en ook vir mnr Pellissier, ons geliefde oud-onderwyser wat op 93jarige ouderdom ons funksie kon bywoon.

Daar op die suidpunt van Afrika het ons  toe die duiwe losgelaat, die kanon geskiet, die spietse gemaak en toe ‘n glasie sjampanje geklink – op onsself, op die Suidpunt en op die geleentheid.  En alles was wonderlik, kompleet met caterer Alida se heerlike eetgoed.

Die aand het ons gewine en dine in style, met ons wonderlike 60’s musiek en die volgende oggend het TINA vir ons ‘n baie besondere dankseggingdiens in Struisbaai se ou kerkie aangebied. Lord, for all that has happened – Thank you. For all that is about to happen -Yes!

End goed, alles goed en vriendskapsbande is opnuut versterk.

41926436_10212421894371108_1345423102749704192_n

En nou is dit tyd om die huis op te ruim, die waskerse te bere, die foto’s te liaseer, en terug te keer – back to reality!

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels, Seestories, skoolstories and tagged , , . Bookmark the permalink.

29 Responses to matriekreünie

  1. Sjoe, jy’s ‘n formidabele vrou! Dit klink na ‘n wonderlike geleentheid. Nie nodig om na die werklikheid terug te keer nie – kom rits saam op die giggelgroen bus!

  2. travel460 sê:

    Ek het sommer nou heerlik saam met jou reünie gehou terwyl ek lees. SO bly alles het goed afgeloop, Seegogga. Ek haal my hoed vir jou af om hierdie uitstekende geleentheid bymekaar te kon bring. Baie baie geluk!

  3. Toortsie sê:

    Seegogga, ekvoel julle klas moet vir jou ‘n monument oprig. Jy het jouself oortref en soveel moeite gedoen.
    Ek het toevallig die Vrydagaand per ongeluk deur julle groep gestap, ek vermoed dit was die aankomsgeleentheid. Almal se gesigte was in afwagting: Wie is jy? 😁 Dit het so gesellig gelyk.

  4. Dit klink of jy ‘n ongelooflike geleentheid gereël het! Soveel detail en die feit dat julle een van jul ou onderwysers daar kon hê, maak dit besonders.

    • seegogga sê:

      Ja dit qas so n voorreg. Hy was nie sommee4 een van die onderwysers nie- hy was DIE ondwrwyser, die een oor wie almal steeds praat as daar n paar SAsolburgers bymekaar kom. Om sy uniekheid tw beskryf is moeilik vir mense wat hom nie ken nie.

      • Mens kry selde sulke onderwysers…hulle is later legendes. Ek kan met trots sê my ma was so een in die skool waar sy skoolgehou het.

      • seegogga sê:

        Dit is regtig min onderwsers wat so uitsonderlik is. Jouu ma moes baie spesiaal gewees het. Mnr Pellissier is regtig ‘n lewende legende en daar is eindelose stories oor hom. Hy het ook ons almal geleer om uit die boks te dink en sy skool was in 1965( toe ek in st 7 was) al meer modern as wat my kinders se skool in die jaar
        2000 + was. Ons het bv soos universiteitstudente eers so 9 vm of 10vm gaan eksamen skryf en huis toe gegaan as ons klaar is. Die dae wat ons nie skryf nie, bly ons tuis. Dis nou maar net een klein voorbeeldjie.

      • Jy moet ‘n blog oor hom doen. Dit sal interessant wees.

      • seegogga sê:

        Goeie idee!!! Miskuen kan jy een of 2 oor ou ma doen? Jou ma die one of a kind onderwyseres. Joi ma jou ma.

  5. Wow wonderlike bymekaar sit seegogga!! Jys amasingxx

  6. Positief sê:

    Kan ek jou boek vir ons reunie asseblief, klink asof jy ‘n bobaas organiseerder is

  7. Ons het ‘n opkomende 50-jaar reünie en ek dink alreeds dat dit soveel MOEITE sal wees om dit net by te woon. Liewe aarde, ek haal my hoed vir jou af dat jy al die reëlings getref het.

  8. lizamroux sê:

    Sjoe! Ek is verstom.. Ek wou nie my 10 jaar bywoon nie en trek nou by 15. Die beste waarmee ons matrieks kon vorendag kon kom was om jou skoolklere aan te trek op die 10 jaar. Wie wil nou dit doen? Julle funksie klink en lyk fantasties.

  9. Wouw, jy het uitgehaal en gewys. Ek glo jy het in die proses ouer geword, maar nou kan jy terug sit en al die wonderlike herinneringe geniet.

  10. Woef-Woef sê:

    Sjoe, ek het nie geweet ‘n re-unie moet so ‘n uithanggeleentheid wees nie! My senuwees sou gedaan wees as ek dit alles moes reël. Ons matriekklas hou DV volgende jaar sy eerste re-unie na 45 jaar. Só bly ek hoef dit nie te reël nie!

Lewer kommentaar op trommeltjies Kanselleer antwoord