Die kale waarheid. ‘n Kraterstorie

 

(Die prentjie by hierdie storie is gesensor deur die publikasieraad)

Eendag lank gelede was my kindertjies klein – en hierdie mamma, ‘n baie besige huisvrou  (en deeltydse vryskut koerantverslaggewer)  was iemand wat nie heeltemal oral kon uitkom nie. Die kinders was heel gelukkig en redelik goed versorg, die huis redelik in orde, die wasgoed meestal skoon en gewas, maar ai, vir daardie netjies opvou en wegbere was daar net nooit tyd nie.

So hoop die wasgoed dan op op die spaarkamer se bed, tot die klerekaste leeg is, en dan word daar vervaard opgevou en weggepak – tot volgende keer.

Een goeie oggend besluit hierdie mamma om vinnig te stort en skoon aan te trek– die kinders en die bure se kinders speel heerlik buite agter in die tuin.

Klaar gestort, ontdek ek dat daar nie ‘n enkele pantie of bra in die laai oor is nie. Hulle lê almal in die spaarkamer aan die ander einde van die lang gang. Om daar te kom, moet ‘n mens verby die deur na die sitkamer met sy groot vensters loop , asook verby die kort dwars gangetjie wat na die voordeur lei. Ek besluit om sommer in evasgewaad te gaan, want die kinders is buitentoe, die voordeur is toe en ek sal so vinnig verby die deur na die sitkamer met sy groot vensters gaan dat niemand my sal kan sien nie.

Vol vertroue streak* ek dus die gang af tot in die spaarkamer.  Ek tree nog nie eers behoorlik die kamer binne nie, toe is daar ‘n klop aan die voordeur. My hart gaan staan, maar ek weet dat mens nie deur die sitkamervenster kan loer as jy by die voordeur staan nie, dus raak ek gerus en trek die bra aan. Met die panty in my hand staan ek angstig en luister, Was dit ‘n klop? Waarom klop hulle nie weer nie? Was dit nie die wind wat die deur geruk het nie?

Dit is doodstil, niemand klop weer nie en ek besluit dat dit die wind was. Dus stap ek doodgerus met die panty in my hand terug na die kamer, waar my klere mos is wat ek wil aantrek. Met die verbygaan kyk ek in die dwarsgang links na die voordeur wat so geruk het:

Net daar tref ‘n bliksemstraal my: Die deur is wawyd oop! En daar staan 2 jong mans met groot oë! Die kinders het sowaar by die voordeur ipv die agterdeur uitgegaan en dit oopgelos!

Ten spyte van onmiddellike  hartverlamming, senu-ineenstorting en paniekaanval, reageer ek op die trommespel in my ore: (Ek was nog nooit weer so vinnig in my kamer en  aangetrek het nie.)

Toe skep ek diep asem en stap weer vorentoe (face your challenges). Die deur is steeds oop, maar die manne is weg! Het ek my verbeel? Ek loer die pad af, en daar sien ek hulle stap. Hulle was dus hier. Toe weet ek hulle het meer gekry as waarvoor hulle gebargain het.

Met rooi wange gaan kyk ek waar die kinders is. Die onskuldige bloedjies speel stroopsoet in die pophuis agter in die erf.

So 20 minute later is daar weer ‘n klop aan die deur. Sal ek of sal ek nie?

Ek gaan maak maar die deur oop. Dieselfde twee manne staan daar. Hulle kyk my onseker aan. Is ek ‘n koerantverslaggewer? Hulle is van die polisie se speurafdeling en doen navraag oor ‘n koerantberig wat ek geskryf het oor die destydse adviesrade.

Hulle hou hulle onskuldig en maak of hulle my nie in my volle waarheid gesien het nie. Toe hou ek my net so onskuldig en maak of ek nie weet wat hulle gesien het nie. Ewe prim en propper staan ek daar met my rooi wange en antwoord getrou hulle vrae oor die adviesrade.

Toe kyk hulle my ondersoekend (agterdogtig?) aan: En wat kan ek hulle vertel van die satansaanbidders wat nou so hier op ons dorp bymekaarkom en séances hou?

 

Epiloog:

1.My man glo dat dit nie betaamlik is om hierdie storie te vertel nie.

2 Ek soek nog na my ego.

3.* Definisie van ‘n streaker: ‘n Streaker is iemand wat sonder klere aangehardloop kom. Jy sien hom hardloop en jy sien hom hardloop en as hy verby is, sien jy hom hol.

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in idioomstories, kraters en ander skandes (humor) and tagged , , . Bookmark the permalink.

23 Responses to Die kale waarheid. ‘n Kraterstorie

  1. Die storie moes jy dalk bêre vir ‘n uitdaging: My grootste verleentheid, of was daar dalk al so iets?

  2. Toortsie sê:

    Ai Seegogga, so val die helde! 😁

  3. En die polisiemanne slaag daarin om ‘n “straight face” voor te hou! ‘n Kaalnaeler sien jy van vooraf aangehardloopkom, ‘n kaalholler sien jy van agteraf!

  4. Kostelik, en sowaar ‘n groot verleentheid vir jou!

  5. travel460 sê:

    Mmm. Ek weet nie, Seegogga. Ek sou nie so braaf soos jy gewees het en hulle weer ‘geface’ het nie. Ek sou in die hoekie bly sit het en gewag het dat die dag verbygaan. Jy is my hero. Kyk, ek lag heerlik in my binneste vir jou penarie.🤗

  6. O genade, kan dink jou ego het gesneuwel in die proses. High five vir die feit dat jy die voordeur kon oopmaak.

  7. VirgoC sê:

    Ek het nou so lekker gelag en dit geniet, jy het baie goed kop gehou🌻

  8. Kameel sê:

    Omdat jy my nie kan vind nie gee ek jou die link na my Safari Skrywe vir die week.
    https://kameel179438031.wordpress.com/2018/06/19/magriet-versus-magrieta-die-vreemdeling/

  9. Kameel sê:

    Dit klink vir my na iets wat die manne se dag.goed opgekikker het 😀😀😀😀 Wens ek kan hoor wat hulle te sê gehad het daarna. En jy het jou kop mooi hoog gehou 😊

  10. Kameel sê:

    Totdat die probleem by my uitsorteer is laat weet ek jou maar as ek nuwe blog geplaas het. Lekker slaap 😊https://kameel179438031.wordpress.com/2018/06/21/n-sokkerspeler-en-die-star-seaside-home/

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s