Skryf safari: Die paaie van my gedagtes

copy-016.jpgOp ‘n skryf-safari gaan die paadjies met kronkels en draaie – soms glad en glibberig, soms opdraand en moeilik.

Waarheen gaan my paadjie vannaand? Wel ek is mos ‘n seegogga, né.  Al langs die strand loop my spoortjies, lig, lig, soms skaars sigbaar. Die seesandkorreltjies kleef aan my pote, my lyf, my hart. Soms spoel die seewater oor my. Maar ek sink nie, ek swem. En in die water van my lewe, beleef ek wondelike avonture, vind ek ander seegoggatjies wat wonderlike vriende word. Daar is ook lastige bloublasies wat brand en seermaak, en seekatte en haaie vir wie mens baie bang moet wees as hulle te groot is.

Maar meestal is daar die branders.  Jy kan dat hulle jou omklap – hulle is so rof. Of jy kan op hulle dryf , op en af, en baai in die genade van ‘n warm sonnetjie. En terwyl jy so dryf,  droom jy oor ander paaie – die paaie van mooi landsplekke,  die paaie van spesiale ervarings, die paaie van mooi herinnerings, groot liefdes, die paaie van jou kinders, die verlede, die paaie van jou hart.

Ja, en tog ook die paaie van die toekoms.

Maar hierdie tyd, hier vannaand, is my gunstelingplek hier onder die see, onder ‘n lekker groot klip, weg van alles af en op my paadjies van hartsherinneringe. More oggend sal ek weer swem, op die branders dryf en woel en werskaf op pad – die toekoms in. Mag dit vir julle almal ‘n mooi nuwe dag wees.IMG_0699

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=778471

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

17 Responses to Skryf safari: Die paaie van my gedagtes

  1. Toortsie sê:

    Ag, Seegogga, dis nou regtig baie mooi.

  2. seegogga sê:

    Dankie Coetzee en Toortsie!

  3. travel460 sê:

    Jy laat my trane vlak sit met hierdie mooiste skrywe.🌸🌸

  4. Dit klink heerlik *sug* Ek dink ek was ‘n seeduiker in my vorige lewe. Of ‘n seeskilpad. Okei, dalk ‘n snoek, want ek byt soms. Mooi geskryf Seegogga.

  5. So mooi geskryf, Seegogga!

  6. Kameel sê:

    Dis nou so mooi geskryf, en klink so lekker. Ek wil ook ‘n seegogga gewees het…. nou loop ek in die woestyn rond!!! Maaaar ek het darem pragtige lang oogwimpers 😗 Ag seegogga hê maar genade met my, ek sien altyd iets humoristies. Dis nou as ek nie sit en huil nie.

  7. Dit is goed om te sien die pragtige woorde eb en vloei weer uit jou hart.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s