nog engele op my paaie

papwiel 001Janee, daai tannie was reg oor my ekstra beskermengeltjies.  Sien https://seegogga.wordpress.com/2011/08/13/12-bottels-water-5-engele-op-wiele-en-nog-een-daar-erens-bo/

Nou nie dat ek hulle wil uittart nie, dinge gebeur sommer net.

So pak ek toe verlede week die lang pad Moorreesburg toe aan ( en verkool ook amper in die somerson). Naby Stormsvlei kry ek ‘n mail van Safari  . Dis mense wat slaapplek soek vir een nag: daardie selfde nag. Dis mos nie ‘n probleem nie, my huis is skoon en reg. Ek stop by die Stormvlei hotel, koop koeldrank om die vuur te blus en stuur mails en quotes en goed. Hulle aanvaar die kwotasie. Net toe ek wegtrek, sien ek ‘n motor daar stop met ‘n bekende gesig: Meg van Agulhas. Ons waai vir mekaar en ek ry.

Op die pas bel ek my handiman wat ‘n stel sleutels van my plekke het, spesiaal vir gevalle soos hierdie.  “Nee!” se die man.”ek het nie jou sleutel nie, die laaste mense het dit nie teruggee nie”

Ek verduidelik geduldig dat ek dit persoonlik vir hom gegee het, maar hy hou voet by stuk en ek sit met 2 keuses: kanseleer die bespreking en verloor baie geld, of ry terug Bredasdorp toe- albei ewe onaanvaarbaar.

Dis toe dat ek Meg se vriendelike gesiggie onthou en terugjaag Stormsvlei toe. Gelukkig is sy nog daar, en sal my sleutel terugneem see toe( my eie sleutels is altyd in my motor, by my).Problem solved!

So ry ek kuier-kuier en rus-rus verder, en nadat ek by Tulbach in die winkeltjies rondgesnuffel het, besef ek dat die tyd effens min raak, ek moet voor 5 op Moorreesburg wees en dit raak laat. Nadat ek eers halfpad die berg ingery het, en genadiglik iemand gevra het, vind ek uit dat ek nooit die mooi dorpie moes binnegaan nie, maar by sy ingang al moes uitgaan, as jy nou verstaan wat ek bedoel. Op die padkaart is daar 2 paaie Moorreesburg toe:De breede en de smalle weg, oftewel ‘n lang geteerde  ompad en ‘n kort reguit grondpaadjie. Die keuse is mos maklik. Of is dit?

Ek was net so ‘n lekker entjie weg op die verlate grondpad, net daar mooi in die middel van niks, toe ek ‘n sagte plofgeluid hoor. Ek wil my eers nie steur nie, maar iets sê my ek moet stop en kyk. Ag, ek hoef nie eers uit te geklim het nie. Een blik so agtertoe het my vertel wat ek gevrees het: ‘n plat pap agterwiel.

Terwyl ek my man bel , laai ek solank die sakke en sakke goed in die kattebak uit: tasse , elektriese waaier, bokse en bokse afval foamcor en monteerborde vir sy leerlinge se projekte ens. Ek probeer die ”jack”, loswikkel, maar hy sit styf.

Net toe kom daar darem ‘n voertuigvan voor af  aan: twee jongerige bruin mans. Dis nie tyd vir bang wees nie, hulle moet kom help!  Ek spring op en af en waai en trek aandag.

Ai,  en daar is hulle die dierbaarheid vanself. Hulle help so mooi en sukkel nogal om die wiel los te kry. In die proses word hulle vol vaal stof, maar uiteindelik kry hulle alles tog reg. Daar is veel goedheid in die mens, dink ek dankbaar.

Ons groet soos ou vriende , klim in ons onderskeie voertuie en ry. Maar my kar wil nie ‘n tree vorentoe beweeg nie! Hy staan en spin, maar verseg verder! Nou wat nou , het die ding alweer gebreek of wat? Ek sien in my tru-spieeltjie hoe my enigste hoop op redding vinnig besig is om al verder van my af  te ry. Aksie! Ek spring uit en waai en roepweer soos ‘n mal ding en hop op en af, ag liewe Jesus , laat hulle my tog asb in die tru-spieeltjie sien…..

Genadiglik sien hulle my en draai sowaar om! Ek verduidelik. “O!” Sê hulle verleë, hulle het klippe voor die voorwiele gesit en daarvan vergeet. Hulle neem dit gou weg: yslike klippe: Sowaar die laaste ding waaraan ek sou dink om voor te kyk.

Ons groet vir oulaas en ek jaag Morreesburg toe. Intussen bel my handiman op Struisbaai – hy het toe my sleutel opgespoor, het dit op verkeerde plek gebêre gehad.

Wel, op die ou einde het ek presies kwart voor 5 en in een ( amper gesmelte) stuk op Moorreesburg aangekom, net betyds vir die skoolbussie se oppik vir ‘n heerlike aandjie by Dwarskersbos. Lekker.

Ek sal gou weer gaan, maar die Moorreesburgers sê dat daardie pad nooit gery word nie- dis moeilikheid soek. ( of engeltjies uittart…)

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in blogspeletjie:towerbus,, engele op my paaie, kraters en ander skandes (humor), Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

10 Responses to nog engele op my paaie

  1. seegogga sê:

    Om een of ander rede kan ek vannaand nie hierdie skrywe link aan ‘n vorige skrywe nie. Sodar ek edit en op teks druk, word link skakeltjie vaal. Ek moes hierdie link opsit deur voeg medea by te druk en dan die lettertjies bote vopy en te paste. Kan iemand dalk help?

  2. lekkerjeuk sê:

    Daardie twee beskermengele van jou gaan ook nog dae lank goed voel oor hulle goeie daad.

  3. seegogga sê:

    Ek het hulle darem iets gegee, en ook die volgende dag ‘n dankie sms. Hierdie keer het ek onthou om name en tel te vra!

  4. Kameel sê:

    Dankie tog vir beskermengele…… met name 😉 Morreesburg was die laaste tyd op my gedagtes; daar is iemand daar wat ek so graag wil sien omdat ek bekommerd is oor haar.

    • seegogga sê:

      As jy hierdie naweek soontoe gaan, kan ek en jy dalk die Sondag op Mooreesbug ‘n bietjie tee drink! Ek gaan self die naweek soontoe omdat my man se skool Saterdag iets aan het.

      • Kameel sê:

        Ai seegogga, dit sou nou lekker gewees het. Ek sit in Pretoria…. maar my hart trek Mooreesburg toe. Die storie agter die mens daar, is ‘n hartseer een…. sou so graag wil gaan kyk hoe gaan dit.

  5. seegogga sê:

    Wil jy het ek moet daar gaan besoek afle, Kameel? as jy wil, sal ek. Ek ken nog niemand daar nie en dit salvir my ook goed wees om iemand te leer ken. .Toortsie het my tel nr

  6. Toortsie sê:

    Het jy nou al reggekom met die “tag”?
    jy kleur die woorde in wat jy wil tag, in jou teks. Dan kies jy die kettinkie. Dan paste jy die adreslyn van die blogstuk wat jy wil byvoeg. (afr en eng deurmekaar)
    Hoop jy kom reg.
    Groete

    En o ja, jou engele sal atyd daar wees!

Lewer kommentaar op seegogga Kanselleer antwoord