‘n Oulap se rooi maak mooi!!!

Ai, ek is nie goed met statistiek nie, maar vannaand toe ek na my rooi kolletjies kyk( neeeee, dis nie puisies nie, ook nie masels , bytplekke of uitslag nie- dis die kolletjies op my plat aardbolletjie!), sien ek iets raak: nog net 4 kolletjies, dan het 4000 mense my bloggie gelees! Dis nou vandat ek die plat aardbolletjie het.

As  ek van die begin af kyk, het 9829 mense al die bloggie onder oë gehad. Dus moet hy nog net 171 besoeke kry dan slaan ek die 10000 merk!!! WOW!!Ek kan dit nie glo nie, dat my klein ou bloggie al byna 10 000 keer deur julle besoek is nie!( en dit in net ‘n rapsie meer as een jaar) Dankie, dankie! Help nou tog asb om daardie magiese getal 10 000( tienduisend) te bereik!( ag, en as ek nog ‘n kommentaartjie ook kan kry, gaan ek mos behoorlik blom!)

Ag, ok,man, ek weet julle het sommer baaaaie meer kolletjies as ek, maar ek gee glad nie om nie, ek is baie trots op my klein kolletjies!

In die jaar het ek so baie geleer by al die wonderlike blogvriende se kommentaar en blogs. Saam is ons deur gelukkige tye, maar ook swaarkrytye. Ek het hier gelees van trolle, maar gelukkig nooit een hier raakgeloop nie. Die bloggers in hierdie blogland is wonderlike mense wat mekaar ondersteun en onderskraag. En dis lekker.

Daar is natuurlik ook die buiteperde wat hier inloer, waaroor ek ewig dankbaar is. Dis mos hoekom ek begin blog het- sodat iemand kan kom lees. Ek hoop dat julle darem soms hier iets interessants gevind het.

Nouja, net toe ek begin moedeloos raak, kikker die kolletjies my vannaand sommer heerlik op. Rooi bly maar mooi.

Ek hoop om sommer gou weer voort te gaan met ouma se bababoek, dis tyd vir ‘n kraterstorie en ook weer ‘n seestorie.

My wens vir almal in blogland is BAAAIE rooi kolletjies, lekker blog en lekker lees.

En sommer omdat dit al aand is: Lekker slaap!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in idioomstories. Bookmark the permalink.

10 Responses to ‘n Oulap se rooi maak mooi!!!

  1. seegogga sê:

    Ag, llat ek sommer self hier kommentaar lewer> Vanoggend se die kolletjies ek het nog 587 nodig. Is dit moontlik? gisteraand het ek net 4 nodig gehad! Maar my groot totaal het wel verminder. Ek hert nou net 164 nodig om die 10000 merk te haal. KOM ASB! KOM KLIEK HIER OP MY BLOGGIE!

  2. 😉 Iemand moes hier gekliek het om die boodskap te sien. 😆 As ek nou in ‘n stuitige bui was . . .

  3. toortsie sê:

    Geluk met al die rooies!!!! Jy het ‘n lekker blog, ons lees graag hier!
    Xena, wat het jy nodig om in daai bui te kom???? mmmmm 😉

  4. seegogga sê:

    julle is goed vir die moraal. nou het ek nog net 123 besoeke nodig. Maar waaarheen verdwyn my rooi kolletjies da nou? nou het ek skielik 587 nodig!!! Wat ghaan aan? is ek seniel , het hulle besluit om te verdwyn? was dit dalk al die tyd ‘n uitslag???????

  5. Dis altyd lekker om die rooi kolletjies te sien, maar lekkerder net om te weet dat iemand dalk ‘n stukkie van jou saam het hom/haar die dag indra. Ek like jou blog.

  6. seegogga sê:

    Dankie Pienkie! En el laaik hom mos joune ok!

  7. seegogga sê:

    Nog net 62 dan is die 10000 daar!!!!

  8. seegogga sê:

    nog net 48…………

  9. seegogga sê:

    Ag nee!!!! daar mis ek dit! Was gister en eergister baie besig , en toe ek nou kyk, staan daar:10080. Dankie almal dat julle hier lees!

  10. Terug pieng: idioomspeletjie | Seegogga se Bloggie

Lewer kommentaar