Hang-over

Hier sit ek nou- met ‘n hang-over.

Nee, ek drink mos net koeldrank, onthou! Volgens die outjies by Merino het ek mos nie alkohol nodig nie. Wel ek het dit ook nie nodig om ‘n hang-over te kry nie!

Die afgelope weke se reelings en organiserinngs en “worries” en oor reel en weer organiseer, die verf van die lap, en uiteindelik Gerda en Philip se troue met sy eie stres ( Gaan dit reen? Moet ons nie liewer kerk toe nie? Wie moes die sjampanje op die tafel gesit het? Hoekom is dit nog nie hier nie? Wat gaan aan met die DJ? ens ens ), is alles skielik verby.Die kinders laart weet dat hulle in Phuket is, waar dit ookal mag wees, en dat hulle more op ‘n olifant deur die bos gaan ry. Ek het die meeste van die geleende goed al weer gaan teruggee. Die wasgoed is gewas en die huis lyk alweer min of meer normaal.

Nou sit ek met hierdie hang-over. Ek moet aangaan met my lewe, maar ek sit net heeldag en troufoto’s kyk- oor en oor. Dit was wonderlik en ek is nog nie gereed om weer terug te gaan na die normale daaglikse lewe nie. Ek wil ouma se bababoek blog( ek is bietjie agter) en allerhande goeters. Maar gee nog bietjie kans. Hierdie tannie raak nou oud en STADIG. Klik hier as julle wil sien wat ek doen. http://www.bravenboer.co.za/wedding-gerda-and-philip/

LEKKER SLAAP!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

7 Responses to Hang-over

  1. Olga sê:

    mens wil altyd vasklou aan wat leke was. As alles te vinnig terug na normaal is, is die leke net n herinnering.

  2. toortsie sê:

    Geniet die stil tydjie. Jy het hard gewoel. Soms het ‘n mens se liggaam en siel net nodig dat jy ‘n bietjie rustiger raak. Soms hardloop jou liggaam weg vir jou siel, en moet jy gaan sit sodat die siel net ‘n bietjie bykom.
    Herleef en herleef die troue. Jy MAG!

  3. toortsie sê:

    Hoe kies ‘n mens tussen al daardie fantastiese foto’s? Dit was alles so mooi! Baie geluk!

    • seegogga sê:

      My siel is beslis stadiger as die liggaam en lyk my hy raak al stadiger! Dis so asof hy hom deesdae besig hou met die verlede. Ek moet se die foto’s is ongelooflik en die reentjie na die troue het gesorg vir daardie pragtige foto, sommer in Struisbaai se hoofstraat min of meer voor die ok!

  4. Terug pieng: Rus « Toortsie se Blog

Lewer kommentaar